Kuratorepreek – 2 Konings 2:1-12 - WAPADRANT



APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS (12 ARTIKELS)Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is. Hy het die lyding van die hel ondergaan. (tradisioneel: neergedaal het na die hel); wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel, dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die liggaam en ’n ewige lewe.OU ROMEINSE BELYDENIS:I believe in God the Father almighty;and in Christ Jesus His only Son, our Lord,Who was born from the Holy Spirit and the Virgin Mary,Who under Pontius Pilate was crucified and buried,on the third day rose again from the dead,ascended to heaven,sits at the right hand of the Father,whence He will come to judge the living and the dead;and in the Holy Spirit,the holy Church,the remission of sins,the resurrection of the flesh(the life everlasting).30 Julie: VaderOns wil die volgende 3 weke so bietjie infokus op die 3 Persone van die Drie-Eenheid: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Ons gaan dit doen aan die hand van die Apostoliese Geloofsbelydenis en dan spesifiek 5 kritiese vrae wat ons daaraan wil vra.Ons moet onthou dat die geloofsbelydenisse van die vroe? kerk was nie opgestel om ’n totale opsomming van die geloof te wees nie, maar veral om standpunt in te neem oor verskille in die kerk. Belangrike sake waaroor saamgestem is, is uitgelaat.So wanneer ons hierdie 3 weke oor die Geloofsbelydenis gaan praat, is die bedoeling nie dat dit wat dit sê verkeerd is nie. Wat ek probeer wys is dat dit nie genoeg is nie. Dat daar belangrike, wesentlike aspekte van ons geloof is wat nie daarin verskyn nie. As ons NET glo wat in die Geloofsbelydenis staan, is daar ernstige gebreke in ons geloof. Ek wil hierdie 3 weke 5 asteriske (*) plaas by die geloofsbelydenis om te sê: “Hier kort iets. Onthou om meer te sê as wat hier staan.”Is julle reg? OK!Kom ons kyk gou weer na die Apostoliese Geloofsbelydenis in geheel:Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is. Hy het die lyding van die hel ondergaan. (tradisioneel: neergedaal het na die hel); wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel, dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die liggaam en ’n ewige lewe.Goed, kom ons begin met die eerste artikel vanaand:Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. Ek wil sommer die eerste asterisk (*) voor hierdie nommer 1 plaas. Wat kort? Wat moet eerste gesê word?DAAR IS NET EEN GOD!!!Soos die Geloofsbelydenis nou lui, klink dit of daar 3 ‘gode’ is: Ek glo in God die Vader en in sy Seun en in die Heilige Gees. Nêrens bely ons dat hulle EEN is nie! Ek dink dat dit nogal ’n belangrike ding is, stem julle saam?1ste belangrike ding: DAAR IS NET EEN GOD!2de belangrike ding: Wie is God die Vader?Geloofsbelydenis: “die Almagtige, Skepper van hemel en aarde...”“Almagtige”?: Is dit net die Vader wat almagtig is? Of is dit God in geheel? Is Jesus almagtig? Is die Heilige Gees almagtig?“Skepper van hemel en aarde”?: Ja, maar is dit al? Is dit die eienskap wat God “Vader” maak? En dit het eers in die 7de eeu bygekom! Vir die eerste 400 jaar is net bely dat die Vader almagtig is – dis al? Is dit die enigste belangrike ding wat ons van die Vader leer – dat Hy almagtig is?????Kom ons dink so bietjie oor God die Vader:Wat is die eienskappe van ’n ideale pa? Bespreek en lys 5.Watter van hulle is God vir ons VANDAG?Teksverse:1 Korinti?rs 8:6: “is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe.”Efesi?rs 1:3: “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus gese?n met al die se?ninge van die Gees wat daar in die hemel is.”Jakobus 1:17: “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.”2 Korinti?rs 1:3, 4: “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. 4 In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig”Wat moet ons onthou as ons bely dat ons glo in God die Vader? Ek dink daar is ’n paar dinge:Die Vader is LIEFDE en GOED – ons het dit in ons preekreeks oor Efesi?rs gehoor.Die Vader het ons gekies OMDAT HY WOU.Die Vader VERGEWE ons en hou aan om dit te doen.Die Vader is GEDULDIG met ons en sy geduld is oneindig.Die Vader het ons met alle geestelike se?ninge gese?n – en DOEN DIT NOG STEEDS.Elke goeie gawe wat ons het of kry, kom van die VADER AF.Die Vader ONTFERM Hom oor ons en BEMOEDIG ons.Die Vader het alles gemaak EN ONDERHOU DIT STEEDS.Die Vader VERSORG my en die skepping.Die VADER is die begin, die Skepper, die bron van alles. Hy is veral sigbaar in die natuur. Die Seun is ewig uit die Vader gebore. Die Heilige Gees gaan van die Vader en die Seun uit.Die VADER stuur my en ons in die wêreld in om Hom bekend te maak en sy Koninkryk te help vestig.Wat is jou prentjie van God die Vader? Watter prentjie wek die Geloofsbelydenis alleen op? Watter prentjie kry jy as ons die asteriske (*) bysit?Hoe is ek/ons beeld van die Vader?Amen ................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download