Preek Romeine 7:22-23 - Gereformeerde Kerk Welkom

1

Preek Romeine 7:22-23

(Preek gelewer tydens gesamentlike erediens in GK Welkom op Sondag 9 Julie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

? Votum ? Groetse?n ? Sing: Psalm 145-1:1,5,12 ? Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels ? Die Wet van die Here: Exodus 20:1-17 ? Sing: Psalm 25-1:2 ? Gebed ? Skriflesing: Romeine 7:15-25 ? Sing: Psalm 19-1:7 ? Fokus: Romeine 7:22-23 ? Preek

Tema: Jy en die sonde stry teen mekaar. ? Gebed ? Diens van barmhartigheid ? Eervolle ontslag van ouderling ? Sing: Psalm 134-1:4 ? Wegstuurse?n

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Preek:

Geliefdes in ons Here Jesus Christus

Luister na Romeine 6:11 soos wat dit in die 1933/53-Vertaling staan: "So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, ons Here." Ons is dood vir die sonde, maar lewend vir God ? so staan dit hier. As dit so is, waarom doen ons nog sonde? As jou ou sondige mens saam met Christus gekruisig is en `n nuwe mens saam met Christus in jou opgestaan het, waarom doen jy nog sonde? D?t is die vraag waaroor dit in vanoggend se preek gaan.

In Romeine 7:15 (1983/92-Vertaling) s? Paulus die volgende hieroor: "Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek." D?t is die groot dilemma in ons lewe as gelowiges: Ons wil goeie dinge doen, maar dan doen ons slegte dinge. Al is ons (deur ons eenwees met Christus) nuwe mense, is ons nie volmaak in ons gedrag nie. Ons posisie in Christus is vas en seker. In Hom ?s ons nuwe mense. In Hom ?s ons regverdig en heilig. In Hom ?s ons kinders van God. Maar dit wat ons elke dag doen word gekenmerk deur mislukking en ongehoorsaamheid. En dit stel ons teleur en versteur ons verhouding met God.

2

Wat is die rede dat ons, hoewel ons in Christus nuwe mense is, tog steeds sonde doen? Luister na wat Paulus in Romeine 7:17-20 (1983/92-Vertaling) s?: "Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon." Paulus s? hier dat dit nie hy self is wat die slegte dinge doen nie, maar die sonde wat in hom woon. Daar is `n verskil tussen hy self en die sonde wat in hom woon. Hy self wil nie die slegte dinge doen nie, maar die sonde laat hom die slegte dinge doen.

Hoe moet ons dit verstaan? Toe ons ou mens doodgemaak is en `n nuwe mens in ons opgestaan het, het die sonde nie verdwyn nie. Die sonde bestaan nog, dit is nog daar. Jy is net nie meer `n slaaf van die sonde nie, maar die sonde is nog daar. So is daar die sonde wat in jou woon en daar is jy self ? die nuwe jy deur jou eenwees met Christus. Die sonde is nie jy self nie, dit woon bloot in jou. Wat jy moet doen, is om van die sonde in jou lewe ontslae te raak. Wat jy moet doen, is om nie toe te laat dat jou vlees jou beheer nie, maar dat die Gees jou beheer.

Onthou, in baie opsigte is sondige gedrag iets wat jy aangeleer het. Dit is so dat alles by jou ou sondige mens begin het. Dit is jou ou sondige mens wat jou sonde laat doen het. In baie gevalle het die sonde `n gewoonte geword, dat jy dit doen sonder dat jy dit besef. Die gevolg is dat, al is jou ou mens saam met Christus doodgemaak en begrawe en al het 'n nuwe mens in jou opgestaan, is daar steeds hierdie aangeleerde sondige gedrag, wat baie keer oor baie jare kom.

Daar is dus hierdie twee teenoorgestelde realiteite: (1) Aan die een kant jou nuwe mens, wat die goeie wil doen, en (2) aan die ander kant die sonde, wat jou die verkeerde wil laat doen. Paulus praat hiervan in Romeine 7:22-23 (1983/92-Vertaling): "Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees." En in Romeine 7:25 (1983/92-Vertaling) s? hy: "So is dit dus met my gesteld: met my gees dien ek die wet van God, maar in my doen en late die wet van die sonde." In die 1933/53-Vertaling lees dit soos volg: "So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde." Hierdie twee magte is heeltyd in stryd met mekaar en d?t is die oorsaak van die stryd wat daar binne-in jou is.

Let daarop dat dit nie 'n stryd tussen jou ou self en jou nuwe self is nie, want soos in Romeine 6 geskrywe staan, is jou ou self saam met Christus gekruisig en begrawe. As dit nog 'n stryd tussen jou ou self en jou nuwe self sou wees, kan jy nog nie weet wie jy nou is nie. Dan moet eers bepaal word wie gaan wen, om te weet wie jy is. As jou ou self sou wen, is dit wie jy is. En as jou nuwe self sou wen, is dit wie jy is. Die goeie nuus van Romeine 6 is jou ou self deur jou eenwees met Christus klaar dood is. Jou ou self is saam met Christus doodgemaak en begrawe. Deur jou eenwees met Christus het jou nuwe self

3

opgestaan. Jou nuwe self lewe! Dit is klaar bepaal wie jy is: 'n Nuwe mens in Christus! Jou stryd is dus `n stryd tussen jou nuwe self en die sonde wat nog in jou woon.

In hierdie stryd is jy hulpeloos nie. Luister na Romeine 7:24-25 (1983/92-Vertaling): "Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here." Let op dat Paulus nie s? "Ek, sondige mens" nie. Hy s? "Ek, ellendige mens!" "Ellendige" beteken "ongelukkige", en daar is niemand meer ongelukkig as die mens wat die sonde toelaat om in sy lewe te heers nie. God help jou in jou die stryd teen die vlees en die sonde. Hy doen dit deur Jesus Christus. Deur Jesus Christus is jou ou sondige mens doodgemaak en begrawe. Deur Jesus Christus het `n nuwe mens in jou opgestaan. Deur Jesus Christus het God van jou `n nuwe mens gemaak, wat dood is vir die sonde en lewend vir God. Omdat jy aan Christus behoort, woon die Heilige Gees binne-in jou. Omdat jy in Christus is, het jy die Heilige Gees in jou. Die Gees stel jou in staat om van die sonde in jou lewe ontslae te raak. S? help God jou in jou stryd teen die sonde.

Baie Christene maak die fout om te probeer word wat hulle reeds is. In Christus ?s jy reeds regverdig en heilig. Jy kan niks doen om te verbeter op hierdie verandering wat God in jou lewe teweeg gebring het nie. Al wat Hy wil h?, is dat jy moet glo wat Hy gedoen het en jou nuwe identiteit as sy kind aanvaar. En wat Hy nog wil h?, is dat jy jou gedrag moet aanpas by dit wat jy reeds is. Dit beteken dat jy al meer ontslae moet raak van die sonde wat in jou woon.

Dit beteken dat jy planne sal moet maak om van die sonde in jou lewe ontslae te raak. Jy moet nie net planne maak om van die sonde ontslae te raak nie, jy moet die planne ook uitvoer. Jy moet dit doen!

In Matteus 5:30 (1983/92-Vertaling) lees ons dat Jesus ges? het: "Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland." Mense doen soms sonde sonder om dit agter te kom ? uit gewoonte, soos ek vroe?r ges? het. As jy jou regterhand uitsteek om sonde te doen, gaan jy gou agter kom wat jy wou doen, as jou hand afgekap is. Moontlik is dit die rede waarom Jesus van die regterhand gepraat het, want die meeste mense is regs. Jesus se bedoeling was nie dat jy letterlik jou hand moet afkap nie. Sy bedoeling was eerder: Maak dit vir jouself moeilik om sonde te doen. Doen iets, sodat jy agterkom wat jy doen, wanneer jy sonde doen.

Ek dink dat Jesus hiermee vir ons belangrike hulp gegee het om verslawing te oorwin. Wanneer jy aan iets verslaaf is, maak planne om dit vir jou moeilik te maak om dit waaraan jy verslaaf is, te doen. Verslawing is meestal iets wat in die geheim gedoen word. Daarom, as sekere situasies vir jou groot versoekings is, gaan dan saam met iemand soontoe, sodat dit dan vir jou moeiliker gaan wees om toe te gee. Maak planne dat iemand op `n liefdevolle manier jou optrede kontroleer.

4

Ek sluit af. Geestelike groei is dat die vlees en die sonde al hoe minder invloed in jou lewe uitoefen. Dit gebeur wanneer jou nuwe self onder invloed van die Gees 'n nuwe lewenstyl en denke aanleer. Maar ons moet doelgerig daarvan werk maak, want die vlees en die sonde stry nog daarteen. Te veel gelowiges ploeter te midde van die stryd teen die sonde maar voort en het nie 'n plan van aksie om die verkeerde af te leer en die regte aan te leer nie.

Amen.

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download