Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief ...

[Pages:11]1

Innibos is Groot Konsert

Uit die Innibos 2014 argief

Met Die Heuwels Fantasties, Dewald Wasserfall, Bok van

Blerk, Riana Nel, Joe Foster, Jay, Corlea Botha, Joseph

Clark, Jak de Priester, Koos Kombuis, Laurika Rauch,

BlackByrd, Juanita du Plessis, Ruan du Plessis en Franja du

Plessis.

Gradering: Gesin

Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00

Tydsduur: 120 min

Prys: R75

Met die Covid-19-pandemie is alle groot byeenkomste gekanselleer. Innibos het met Coleske Artists, die klank en beligtingsreus MGG, klankingenieur Murray Lubbe en Computicket saamgespan om vir feesgangers digitale fees aan te bied in die tydgleuf wanneer Innibos normaalweg sou wees. Kom vier virtueel fees! Al die onderstaande produksies kan vanaf 26 Junie 2020 gestroom word.

Kaartjies is by Computicket te koop vanaf 15 Junie 2020.

Feesterreinkonserte Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar besondere skouspel. Konserte van die afgelope jare is afgestof en herverpak. Indien jy dit in die verlede misgeloop het of net weer daardie lekkerte wil ervaar, kan die volgende konserte lewendig gestroom word.

Lewendige opname van een van Innibos se spog hoofverhoogkonserte wat jou asem sal wegslaan. Kom beleef al Suid Afrika se top kunstenaars op een verhoog met spesiale effekte en kyk self waarom 35 000 feesgangers hierdie konsert tien-uit-tien gegee het.

2

JacarandaFM Konsert Uit die Innibos 2019 argief Met Theuns Jordaan, Refentse, Riana Nel, Emo Adams, Tarryn Lamb, Ruhan du Toit. Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 110 min Prys: R80

kykNET Verjaarsdagkonsert Uit die Innibos 2019 argief Met Jo Black, Bok van Blerk, Elvis Blue, Karlien van Jaarsveld, Emo Adams, Riana Nel, Laurika Rauch, Joseph Clark, Corlea Botha, Dr Victor, N?dine, Roan Ash, Jak de Priester, Demi Lee Moore, Early B, Pieter Koen. Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 270 min Prys: R100

Kom kyk na konsert met die beste stemme in Suid-Afrika. Ruhan du Toit se vertolking van Sound of silence en Emo en Tarryn Lamb se onvergeetlike vertolking van Shallow is maar enkele van die hoogtepunte in hierdie konsert vol ikoniese songs. Voeg hierby Theuns Jordaan, Refentse en Riana Nel en jy het vertoning met talle hoendervleis-oomblikke.

Hierdie produksie het nie verniet weggestap met die Fi?sta as die Beste Opelugvertoning van 2019 nie. Wanneer kykNET verjaar, moet daar mos groot makietie gehou word en hierdie konsert sal jou verwagtinge oortref.

Musiekproduksies:

Stef Bos - Bos innie Bos Met Stef Bos Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 70 min Prys: R50

3

Jannie Moolman en Kevin Leo ? Crooners

Met Kevin Leo en Jannie Moolman

Gradering: Gesin

Tydsduur: 60 min

Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Prys: R80

Uit die Innibos argief. Hierdie vertoning is in 2017 by Innibos voor gehoor opgeneem en het ook daardie jaar met die Fi?sta as Beste Podium Musiekproduksie weggestap. 'n Reis deur die tyd, deur die land en deur die w?reld met stories en songs. Van Hillbrow tot Die taal van my hart. Van Suikerbossie tot Papa. 'n Reis van Gods Window na Komatipoort, van Naboomspruit tot die Tuine van die Kompanjie, van buite na binne, van die kop na die hart.

Kevin Leo en Jannie Moolman deel met hulle gehoor die ongelooflike musiek van kunstenaars wat bekend staan as Crooners. Hul gehoor word bederf met die immergewilde klanke van onder andere Mack the Knife, That's Amore, Delila en Unchained Melody. Ou bekendes soos Dean Martin, Tom Jones, Nat King Cole en Bing Crosby kom loer in met hulle treffers. Geen viering van die Crooners sal volledig wees as Old Blue Eyes homself nie ook teenwoordig is nie. Kevin Leo en Jannie Moolman het die keuse van hulle Crooner gunstelinge met sorg gekies om vir elke lid van die gehoor hele paar nostalgiese momente te verseker.

4

Doep is nie dood nie ? Musiek van Koos du Plessis Met Jannie du Toit, sang en kitaar, Susan Mouton, tjello, Chanie Jonker op klavier Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Gradering: Gesin Tydsduur: 70 min Prys: R80

Jak de Priester ? Inniboskonsert Met Jak de Priester. Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 80 min Prys: R80

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Doep is nie dood nie is 'n aanbieding met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Koos du Plessis. Hy is in Januarie 1984 op jeugdige leeftyd oorlede, maar sy nalatenskap bly 'n bron van wysheid en onsterflike musiek. Dertig jaar na sy afsterwe is dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, 'n groot vriend van Du Plessis, verwesenlik hiermee sy voorneme om Koos du Plessis se werk in die harte van 'n volgende geslag te laat voortleef. Die liedjies sowel as die teks is di? van Koos du Plessis.

Spesiaal opgeneem vir stroming tydens die Innibos Digitaal uitsendings. Jak neem spesiaal konsert op vir Innibos Digitaal met van sy geliefde treffers sowel as nuwe liedjies. Jak het vroe?r vanjaar Album 10 bekend gestel, en van die temas wat hy in di? musiekversameling aanraak, is ouerskap, reise deur en mense van Suid-Afrika, en vriendskap. Ja, ons het nog nooit ophou luister sedert Sally Williams Nougat nie, so skuif nader.

Storm in a F cup / Bra-vades Met Michelle Botha Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Gradering: Geen onder 16 Tydsduur: 70 min Prys: R60

5

Dr Victor & the Rasta Rebels Grading: Family Streaming from 26th June 2020 at 18:00 Duration: 60 minute Price: R80

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Debra is 40 plus... en al paar keer om die blok... en weer om die blok... Haar liefdeslewe is soos ou tweedehandse motor wat al in paar ongelukke was! Het jy al gewonder wat jou bra sou s? as sy kon praat? Wel jy gaan nou uitvind. Debra se bra's Old Faithful en Glitzy is daar om Debra te help, kommentaar te lewer en natuurlik, haar te ondersteun op die slagveld van die liefde. Met musiektreffers uit die 70's soos Enough is enough van Barbara Streisand en Donna Summers en uit die 80's, Bonny Tyler se Total eclipse of the heart en I need a hero word jy op nostalgiese, maar skreeusnaakse reis van vrou se soeke na liefde geneem. Thomas Barlow is die regisseur van hierdie tweetalige vertoning.

Specially recorded for Innibos Digital. For more than 40 years Dr Victor, real name Victor Khojane, has been crafting and creating an uplifting up-tempo sound that has earned this singer, musician, songwriter and producer an enviable reputation on the South African music scene and abroad. Together with his group The Rasta Rebels, they continue to be one of the busiest live bands in South Africa and abroad, doing a range of events from corporate gigs to headlining shows across the country and abroad. Fans of Dr Victor and the Rasta Rebels can look forward to an uplifting and energetic show on the Innibos Digital platform.

Toneelproduksies:

Leengoed

Met Tobie Cronj? en Wynand van Vollenstee

Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00

Gradering: Gesin

Tydsduur: 60 min

Prys: R80

Ondersteun deur NATi

6

Manne

Met Chris Vorster, Hennie Jacobs, Hannes Br?mmer,

Theodore Jantjies, Francois Lensley en Deon Coetzee

Gradering: Geen o/14 (Taal)

Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00

Tydsduur: 65 minute

Prys: R50

Hierdie is debuut teaterproduksie spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Die legendariese Tobie Cronj? en Wynand van Vollenstee smee kragte saam in splinternuwe tragikomedie. Wat kan voormalige sangafrigter wat jare in Japan gewerk het en wyse ou man tog in gemeen h?? Wat gebeur wanneer hierdie twee w?relde mekaar ontmoet ? en dit nogal by vlooimark? Hierdie is die aangrypende verhaal waarin o?nskynlike vreemdelinge vanuit twee verskillende w?relde ontmoet. Hulle vind onwetend antwoorde by mekaar en in die sameloop met sy verrassende ommekeer en slot, kom elke swerwer tog tuis. Leengoed is oorspronklike vermaak vir elke persoon wat al ooit nagedink het oor die lewenspad; oor dit wat 'n mens kies en wat jou pad kruis.

Uit die Innibos argief. Hierdie produksie is voor gehoor in opgeneem tydens Innibos 2017. Spul vriende herenig vir jagnaweek. Met geraamtes in die kas en wraak op die brein stap vyf manne die boendoes binne ... slegs vier keer terug. Nou word die koring van die kaf geskei, die manne van die muise, die jagters van die prooi. "Ja manne, alles is snaaks tot iemand seerkry ... dan is dit nie meer snaaks nie ... dan is dit skreeusnaaks." Komedie, spanning en drama is aan die orde van die dag in hierdie produksie. Beter waarde vir jou geld as tros piesangs ... gewaarborg!

Die Pomporrelkonsert Met Johny Klein Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 75 minute Prys: R60

7

Annale van windgat Met Craig Morris Teks: Barry van Rensburg Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Gradering: Ouerbegeleiding Tydsduur: 80 minute Prys: R60

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Ferdinand Deist het die wonderlikste stories oor die Sandveld geskryf, daardie smal landboustreek tussen die Swartland en die Weskus. Op sy beurt laat klink akteur Johny Klein die kleurryke Sandveldse taal op in sy voorlesings van Deist se verhale waarin eiesoortige karakters gebore word en hul vreemde en snaakse draaie kry. Dit is meesterlike storievertellings.

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. 'n Skreeusnaakse komedie oor persoonlikheidstipes en kommunikasiestyle wat teatergangers behoorlik aan die praat gehad het. Di? teks deur Barry van Rensburg is vol woordspelings wat jou sal laat krul van die lag. Die stuk werk met die vier basiese persoonlikheidstipes soos dit oor die eeue heen uitgekristaliseer het, maar met die nuwe name banggat, hardegat, slapgat en windgat gee dit sommer baie skop aan die tipes. Dit is laugh-a-minute maar met di? verskil dat daar skeut lewenswysheid bygevoeg word. En dit sonder een enkele vloekwoord. Hierdie is moet-sien-produksie vir elkeen wat lus is om te lag.

Rainbow Nation ? 'n Comic relief in swaar tye Met Simon Bruinders Regie: Barry van Rensburg Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Gradering: Ouerbegeleiding Tydsduur: 40 minute Prys: R60

8

Die Hart Verklap Met Chris Vorster Teks: Vertaling en verwerking van Edgar Allan Poe se The Tell-Tale Heart deur Chris Vorster en Dion van Niekerk Gradering: Gesin Tydsduur: 55 minute Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Prys: R50

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Die Rainbow Nation spreek ons aan. In Afrikaans! Uit die mond van die Bruinman van Suid-Afrika, die afstammelinge van die Khoi en die San wat eerste die vlaktes, berge en valleie "geroam" het. Hoe het die Rainbow Nation ontstaan en hoekom? Dit was so bietjie soos 'n huwelik. En 'n huwelik is vrek moeilik ? veral as daar cultural en economic differences tussen die twie parties is. Is d?t hoekom dit nie gewerk het nie, en was die Rainbow Nation nie maar dalk van die begin af honnerde jaare gelede hiesa nie? Daa's questions ... en daa's answers. Kom checkt `it yt!

Hierdie vertoning is opgeneem tydens die 2019 Vrystaat Kunstefees. Met spesiale dank aan die Universiteit van die Vrystaat en die personeel van die Scaena Teater. Hierdie is klassieke verhaal oor obsessie, vervolgingswaan en moord. Onbeholpe moordenaar probeer sy bes om onsigbare gehoor te oortuig dat hy nie versteurd is nie, maar hoekom wil hulle hom nie glo nie? Sy argument is dan so duidelik, sy dade so slinks, sy sintuie so skerp ... hoe durf hulle s? hy is mal en boonop skuldig? Die Hart Verklap is innoverende en komiese riller wat in 2019 reuse sukses behaal het by die Vrystaat Kunstefees en spog met vier Blinker-nominasies en twee Blinker-toekennings. Vorster is ook genomineer vir kykNET Fi?sta vir Beste Spel in Solo-vertoning.

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download