WordPress.com



Gr 12 VraeBank: Teorie

INHOUD

VEELKEUSE 2

KOLOMME 4

SCENARIO 5

ADVERTENSIES 9

WAAR OF VALS 10

TEORETIESE VRAE OOR PRAKTIES 11

VEELKEUSE

Terug na inhoudsopgawe

1.1 Verskeie opsies is verskaf as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die mees geskikte antwoord en skryf SLEGS DIE LETTER (A – D) langs die ooreenstemmende vraagnommer neer.

1.1.1 ‘n Vorm van tegnologie wat jou huidige posisie of ligging via satelliet sal vasstel:

A GPRS B 3G

C GPS D WAP

1.1.2 Die digital divide verwys na …

A die gebruik van digitale teenoor analöe tegnologie.

B toegang tot tegnologie.

C die gebruik van tegnologie in landelike en stedelike gebiede.

D die gebruik van nuwe teenoor ou tegnologie.

1.1.3 ‘n Koordlose verbinding waardeur elektroniese toestelle met mekaar kommunikeer oor ‘n kort afstand:

A Wi-Fi B Ethernet

C 3G D Bluetooth

1.1.4 Dwayne se ma kla altyd as sy ‘n telefoonoproep wil maak en die lyn beset is omdat hy op die internet is. Sy pa kla weer oor die onvoorspelbare hoë telefoonrekening. Watter een van die volgende sal ‘n oplossing vir albei ouers se frustrasies bied?

A Diginet B ADSL

C ISDN D Toegewyde lyn

1.1.5 Die volgende verbind twee takke van ‘n onderneming in twee verskillende voorstede van dieselfde stad.

A LAN B MAN

C GAN D PAN (5)

Kies die korrekte antwoord deur slegs die korrekte letter neer te skryf, bv. 1.D

1. Die spesifikasie vir ‘n landlynnr word in die Input Mask asvolg gespesifiseer.

A) 0000000000

B) (000)-0000000

C) 000-0000000

D) (000) 0000000

2. In Access maak ons gebruik van verskillende Input Mask-kodes. Wat sal die volgende kode & se betekenis wees?

E) ‘n Letter of syfer is verpligtend

F) Enige karakter of spasie is verpligtend

G) ‘n Letter A tot Z is verpligtend

H) ‘n Leter of syfer is nie-verpligtend

3. Wat stel die volgende foutboodskap in Excel voor: #REF?

I) Die kolom is nie wyd genoeg nie.

J) Kom voor wanneer ‘n selverwysing in n formule teëkom wat nie meer geldig is nie.

K) Kom voor wanneer deling deur nul probeer word.

L) Kom voor wanneer jy ‘n ongeldige numeriese waarde in ‘n funksie gebruik.

4. Watter van die volgende vorm deel uit van ‘n webblaaier?

M) OPERA

N) GOOGLE

O) APPLE SAFARI

P) Alles van bogenoemde

5. Die kieslysitems laat jou toe om korpaaie na die webblad wat jy die meeste besoek, te stoor.

Q) Favourite

R) Home

S) Reload

T) Bookmark

(5)

Identifiseer die korrekte antwoord vir elke vraag. Skryf slegs die letter van die antwoord langs die vraagnommer neer, byvoorbeeld: 1.15 C.

1. Watter een van die volgende sal jy gebruik om data vanaf jou selfoon na 'n vriend se selfoon oor te dra?

A. WAN

B. Bluetooth

C. ADSL

D. HTTPS (1)

2. Watter een van die volgende lêeruitbreidings word geassosieer met 'n grafiese lêer?

A. .doc

B. .mp3

C. .pdf

D. .bmp (1)

3. 'n Ander naam vir 'n webadres:

A. URL

B. http

C. www

D. html (1)

4. Watter een van die volgende word nie direk geassosieer met e-pos nie?

A. Bcc

B. Possamevoeging (Mail merge)

C. Address book

D. Aanhegsels (Attachment) (1)

5. Watter een van die volgende is die mees essensiële deel van 'n databasis-toepassing?

A. Tabel

B. Vorm

C. Navraag

D. Verslag (1)

1.6 Watter een van die volgende vertoon die eenhede vir geheue en stoorspasie in stygende volgorde (van klein na groot)?

A. KB, GB, MB

B. MB, KB, GB

C. GB, MB, KB

D. KB, MB, GB (1)

7. Die geskikste grafiek om 'n neiging soos die brandstofprys oor 'n tydperk te vertoon, is 'n

A. Sirkelgrafiek (pie chart)

B. Lyngrafiek (line chart)

C. Verspreidingsgrafiek (scatter chart)

D. Staafgrafiek (bar chart) (1)

1.8 Watter een van die volgende webtuistes pas nie logies by die res nie?

A. BidorBuy

B. Amazon

C. Yahoo!

D. (1)

1.9 Watter een van die volgende is nie ‘n manier om tot ‘green computing‘ by te dra nie?

A. Beperk die hoeveelheid drukwerk in ‘n kantoor

B. Hervul ink en inkstofhouers (cartridges).

C. Gebruik apparatuur wat Energy Star gesertifiseer is.

D. Vervang apparatuur elke twee jaar. (1)

1.10 Watter een van die volgende stellings, wat verband hou met sigblaaie, is vals?

A. Selle in ‘n sigblad word benoem of verwys deur die kolom en dan deur die ry.

B. Balkgrafieke, lyngrafieke en kolomgrafieke is almal grafieke wat beskikbaar is in ‘n sigblad.

C. Selle mag teks, nommers en formules bevat en mag selfs oop (blank) gelos word.

D. Dit is nie moontlik om formules van een werkblad na ‘n ander te kopieer nie. (1)

1. 'n Rekenaar benodig instruksies om te volg sodra dit aangeskakel word. Hierdie instruksies word in die … gestoor.

A. Primêre geheue

B. Programdisket

C. RAM

D. ROM

2. Watter term pas nie logies by die ander nie slegs EEN ?

A.

B. HTTPS

C. E-scrap

D. Shopping cart

3. Watter konneksiemetode word nie in die algemeen gebruik om 'n toestel aan 'n PR te konnekteer nie?

A. Bluetooth

B. FireWire

C. Ultra-violet

D. USB

1.4 Die ............... is die grootste elektroniese stroombaan in die rekenaarstelsel.

A. Kragbron

B. RAM

C. Moederbord

D. ROM

1.5 RAM is.....

A. Primêre geheue wat met die aanskakel van rekenaar te maak het

B. Primêre geheue wat programlêers bevat om programme oop te maak.

C. Sekondêre geheue wat alle programlêers bevat

D. Sekondêre geheue wat die programme bevat wat die rekenaar aanskakel

[5]

KOLOMME

Terug na inhoudsopgawe

1.2 Kies uit Kolom B die beskrywing wat die beste pas by die term/beskrywing in Kolom A. Skryf SLEGS DIE OOREENSTEMMENDE LETTER teenoor die korrekte nommer neer.

| |KOLOM A |KOLOM B |

|1.2.1 |Vervaardigers van verwerkers |A |Dell, IBM, Acer |

|1.2.2 |Primêre geheue |B |DIMMs |

|1.2.3 |Sekondêre geheue |C |Grafika kaart, klankkaart |

|1.2.4 |Terabyte |D |Hardeskyf, optiese skyf |

|1.2.5 |Kbps |E |Intel, AMD en Motorola |

| | |F |ROM |

| | |G |Eenheid wat die spoed van verwerkers meet |

| | |H |Eenheid waarin die stoorkapasiteit van nuwe hardeskywe gemeet word |

| | | |Eenheid van internet aflaaispoed |

| | |I | |

(5)

/10/

|KOLOM A |KOLOM B |

|1. |‘n Tegnologie wat gebruik word vir sellulêre kommunikasie. |A. Windows Vista |

|2. |Is rekenaars wat hulpbronne soos dokumente, e-poste of drukkers aan |B. Netiket |

| |netwerkgebruikers verskaf. | |

|3. |Is programmatuur wat probeer om die maniere waarop jy jou rekenaar gebruik te |C. Firewall |

| |monitor. | |

|4. |Dit staan tussen jou rekenaar en die potensiële gevaarlike internet |D. DTP |

|5. |Dit word beskou as hoflikheid wanneer dit by internetgebruik kom. |E. Bedieners |

| |F. MWEB |

|G. 3G |

|H. Spyware |

|I. FAQ |

|2.1 |Program wat sekere komponente toets wanneer rekenaar aanskakel |A. Bv. PS2 Muis |

|2.2 |Warm boot |B. Skakel rekenaar af op regte manier en weer aan. |

|2.3 |Plug and Play |C. BIOS |

|2.4 |Toestel om kragonderbrekings te help hanteer |D. Skakel rekenaar af. |

|2.5 |Defragmentasie |E. Skakel rekenaar af en aan deur restart te gebruik/ |

| | |F. Verhoog toegangspoed tot hardeskyf |

| | |G. Bv. Fire Wire |

| | |I. UPS |

| | |J. Verhoog spoed van CPU |

| | |K. Task Manager |

[5]

|KOLOM A |KOLOM B |

|1 |Ikone |A |Saampersing en uitbreiding van lêers |

|2 |Balkie (Toolbar) |B |Spesifieke instruksies wat vir die rekenaar sê wat om te doen |

|3 |F1 sleutel |C |Klein draagbare toestel wat gebruik word vir elektroniese |

| | | |dagboek |

|4 |WinZip |D |Ingeboude koppeling aan ‘n verwante webblad of -tuiste |

|5 |Read Only |E |Grafiese prentjies wat kortpaaie na algemene opsies voorstel. |

|6 |PIM |F |Kort afstand radio-konneksie wat data-oordrag tussen toestelle|

| | | |bewerkstellig |

|7 |BlackBerry |G |Gedragsreëls vir aanlyn kommunikasie |

|8 |fragmenteer |H |Metode om die inligting van die menings van 'n groot klomp |

| | | |mense te bekom |

|9 |Programmatuur |I |‘n stel programme wat ‘n spesifieke taak vir ons as gebruikers|

| | | |uitvoer. |

|10 |Toepassingsprogrammatuur |J |Populêre poort vir die koppeling van verskillende toestelle |

|11 |Hyperlink |K |‘n Stel ikone en knoppies wat pas by ‘n sekere opdrag bv. |

| | | |formateringsbalkie sal aan die gebruiker opsies bied om ‘n |

| | | |dokument te formateer |

|12 |Bluetooth |L |Lêers wat van CD gekopieer is |

|13 |MP3 |M |Grafiek |

|14 |USB |N |Soortgelyk aan Outlook en help om jou lewe te organiseer |

|15 |Infrarooi |O |Selfoon eienskap wat e-posse direk na jou foon toe stuur. |

|16 |Netiket |P |Program wat spesifiek ontwerp is om groot hoeveelhede data te |

| | | |verwerk. |

|17 |databasis |Q |Saamgeperste formaat vir musiek- of klanklêers |

|18 |PDA |R |Geskik vir baie kort afstande tussen twee in-sig punte |

|19 |Meningsopname |S |Die sleutel word geassosieer met behulp van meeste programme |

|20 |Visuele voorstelling van data en resultate in |T |Lêers wat nie in ‘n aaneenlopende gedeelte op die skyf gestoor|

| |Excel | |word nie. |

SCENARIO

Terug na inhoudsopgawe

Scenario

Die graad 12 RTT klas onder leiding van mnr Opperman besluit om ‘n klub te stig wat maniere gaan ondersoek en implementeer om omgewingsvriendelike rekenaargebruik aan te moedig. Hul noem hulself GreenCompClub of GCC.

Mnr Opperman, die koshuisvader, bied aan dat hul in die koshuis se rekenaarkamer mag vergader. Die GCClub is in die gelukkige posisie dat koordlose internet pas geïnstalleer is. In die rekenaarkamer is daar 4 rekenaars in ‘n eweknie tipe (peer to peer) netwerk gekoppel en ‘n laserdrukker. Alle verbindings vind koordloos plaas.

Die voorsitter van die GCClub, Henry, gaan sy nuwe tablet rekenaar, waarop Office 2010 en Windows 7 gelaai is, gebruik om alles wat bespreek en besluit word, aan te teken. Die sekretaresse, Andalay, sal die agenda en notules op een van die koshuisrekenaars tik.

VRAAG 3

|3.1 |Skryf die toepassingsprogramme neer wat Henry sal gebruik om die volgende op sy tablet rekenaar te doen: | |

| | | |

| |Om rekord te hou van interessante artikels oor omgewingsvriendelike rekenaargebruik: in watter publikasie dit gevind is, die | |

|3.1.1 |bladsy nommer, datum gepubliseer en die skrywer. | |

| |Om finansiële rekords te hou van betalings ontvang van die borge. | |

| |Om die GCClub een oggend tydens saal byeenkoms aan die skool bekend te stel. | |

|3.1.2 | | |

|3.1.3 | | |

| | |(3) |

|3.2 |Die rekenaars in die koshuis het die volgende spesifikasies: | |

| |1.5 GHz Verwerker (CPU) | |

| |2 GB RAM | |

| |150 GB Hardeskyf | |

| |Windows XP | |

| |Office 2003 | |

| | | |

|3.2.1 |Watter een apparatuur item in bogenoemde lys sal jy opgradeer? Motiveer jou antwoord volledig. | |

| | |(3) |

|3.3.1 |Skryf die toepassingsprogrammatuur neer wat hierdie koshuis-rekenaars gebruik. | |

| | |(1) |

| |Watter programmatuur probleem mag Henry ondervind indien hy sy notas op hierdie rekenaars sou wou oorlaai? | |

|3.3.2 | | |

| | |(2) |

|3.4.1 |Toe Andalay die rekenaar aanskakel om die notule te tik, bly die skerm swart. Gee vir haar raad oor wat sy kan doen om die |(2) |

| |probleem op te los. | |

| | | |

|3.4.2 |Die rekenaars het CRT skerms. Vertel die koshuisvader waarom dit beter sal wees om LCD skerms aan te skaf. | |

| | |(2) |

|3.5 |Henry vra dat daar basiese onderhoud aan die rekenaars gedoen word voor die volgende vergadering, sodat daar nie weer tyd | |

| |gemors word met apparatuur probleme nie. | |

| | | |

| |Wat kan gedoen word om die toegang spoed van die harde skyf te verhoog? Verduidelik volledig. | |

|3.5.1 | | |

| |Hoe kan meer ruimte op die hardeskyf geskep word? |(2) |

| | | |

|3.5.2 | |(2) |

|3.6 |Verduidelik wat ‘n tablet-rekenaar is deur te verwys na hoe dit verskil van ‘n skootrekenaar. |  |

| | |(2) |

| | |  |

|3.7 |GCClub-lede wil graag toegang tot sekere algemene lêers in die gedeelde hardeskryf te kry maar voel daar behoort 'n wagwoord | |

| |opgestel te word om te verhoed dat die koshuisleerders hul werk uitvee. Noem DRIE riglyne waarvolgens veilige wagwoorde |  |

| |opgestel kan word. |(3) |

|3.8.1 |Shaun, een van die GCClublede het 'n plakkaat oor “Green Computing” by die huis geskep en dit op 'n geheuestokkie ('flash |  |

| |disk') na ‘n vergadering toe gebring. Die lêer kan nie op die koshuis rekenaars oopgemaak word nie. Gee TWEE moontlike redes| |

| |hiervoor. | |

| | |(2) |

| |Anne vra vir Shaun wat green computing is. Skryf neer hoe Shaun dit vir haar verduidelik het. | |

|3.8.2 | | |

| | |(2) |

|  |  | |

|3.9 |Jane moet seker maak dat werk nie verlore gaan nie. Sy bied aan om gereeld rugsteune te maak en sy kan uit die volgende | |

| |toestelle kies: | |

| | | |

| |Kompakskyf (CD of DVD) | |

| |Geheuestokkie ('Flash disk') | |

| |MP3-speler | |

| | | |

|3.9.1 |Noem een potensiële nadeel en een voordeel daarvan om op 'n elkeen van bogenoemde te stoor. Dui duidelik aan watter is die | |

| |nadeel en watter die voordeel. | |

| | |(6) |

|3.10 |Nog ‘n leerder, Gawie, wil graag lid word van julle GCClub en aangesien julle slegs toegang tot 4 rekenaars het, bied hy aan | |

| |om 'n ou rekenaar van die huis af te bring. Hierdie rekenaar het die volgende spesifikasies: | |

| | | |

| |1 GHz Verwerker (CPU) | |

| |256 MB RAM | |

| |40 GB HD | |

| | | |

| |Noem TWEE kritieke apparatuur-opgraderings wat gedoen kan word om die spoed van die rekenaarstelsel te verbeter. Motiveer | |

|3.10.1 |ELKEEN van jou antwoorde. | |

| | |(4) |

| | | | [36] |

VRAAG 4

Die GreenCompClub wil tydens hul tweede vergadering navorsing op die internet doen om inligting vir hul eerste nuusbrief te versamel.

|4.1.1 |Watter toestel het die koshuis geïnstalleer om toegang tot die Internet te kry? | |

| | |(1) |

| |Die koshuis het ‘n koordlose ADSL verbinding. Verduidelik volledig wat dit is. | |

|4.1.2 | | |

| | |(2) |

|4.2.1 |Die koshuisleerders verwys na die rekenaarkamer in hul koshuis as The Hotspot. Waarom dink jul het die kamer so ‘n naam | |

| |gekry? |(2) |

| | | |

|4.2.2 |Soms kom laai die koshuisleerders potgooie (podcasts) af om later daarna op hul selfone te luister. Verduidelik wat ‘n | |

| |potgooie (podcast) is. |(2) |

|4.3.1 |Mnr Opperman vra of die anti-virusprogram opgedateer is. Waarom is dit nodig? | |

| | |(2) |

| |Hoe weet jy dat jou rekenaar besmet is met 'n virus? Noem 2 aanduidings. | |

|4.3.2 | | |

| | |(2) |

|4.4 |Die GCClub moet met sekere groepe/individue kommunikeer. Dit is egter nie moontlik om dieselfde kommunikasiemetode vir | |

| |almal te gebruik nie. Stel die geskikste metode van kommunikasie vir ELKEEN van die onderstaande situasies voor: | |

| | | |

| |Stuur 'n kort uitnodiging na verlede jaar se RTT toppresteerder om op ‘n volgende vergadering as gasspreker op te tree. Hy| |

| |reis op die oomblik sonder Internettoegang in die platteland. | |

|4.4.1 | | |

| |Stuur 'n agenda van die volgende vergadering aan jou skoolhoof wat in Londen is. | |

| | | |

| |Stuur 'n geskrewe uitnodiging om die volgende vergadering by te woon aan 'n ander skool wat nie Internettoegang het nie. | |

|4.4.2 | | |

| | | |

| | | |

|4.4.3 | | |

| | |(3) |

|4.5 |Clint, een van die GCClublede, bring die naam van ‘n webtuiste waarop hy navorsing gedoen het sodat die GCClub na die |  |

| |inligting daarop kan kyk. Die naam van die webtuiste is: | |

| |.za | |

|4.5.1 |Skryf die volgende dele van die webwerf se adres onder mekaar neer en verduidelik wat elkeen beteken: | |

| |.recyclesouthafrica. | |

| |.org | |

| |.za |(3) |

|4.5.2 |Wat is die verskil tussen die internet en die Wêreld Wye Web? |(2) |

|4.5.3 |Hoe kan hulle die webwerf volgende keer oopmaak sonder om die hele adres in te tik? | |

| | |(1) |

|4.5.4 |Hoe kan die GCClub verseker wees dat die inligting wat hul van ‘n webwerf kry, korrek is? Noem twee kriteria waarna hul | |

| |moet oplet. |(2) |

|4.6 |Clint het van 'n blog in die RTT-klas geleer en stel voor dat die GCClub ook ‘n blog skep dat ander skole kan sien wat hul| |

| |doen: | |

| | | |

|4.6.1 |Verduidelik wat 'n blog is. |(2) |

|4.6.2 |Hoe verskil ‘n blog van ‘n gewone webwerf? |(2) |

| | | |

|4.6.3 |Clint stel ook voor dat hy sommer ‘n webgebaseerde e-pos adres vir die blog sal skep. Wat is die voordeel van ‘n | |

| |webgebaseerder e-pos adres? |(1) |

| | | |

|4.6.4 |Soms sal die GCClub data oplaai en soms data aflaai. Watter een van oplaai of aflaai is die vinnigste? | |

| | |(1) |

|4.7 |Andalay kom vertel dat haar pa die vorige aand e-pos van sy bank ontvang het waarin hul hom onder andere vra om sy | |

| |banknommer en pin te verskaf sodat hul kan seker maak dit is reg. Clint roep ontsteld uit hy hoop haar pa het NIE sy | |

| |besonderhede gestuur nie. | |

| | | |

| |Waarom is Clint so ontsteld? | |

|4.7.1 |Wat word hierdie soort e-pos genoem? |(2) |

|4.7.2 | |(1) |

|4.8 |Henry vra vir Clint of hul data veilig sal wees as hul van cloud computing gebruik maak. Andalay wil dadelik weet waarvan | |

| |hul praat. | |

| | |(2) |

|4.8.1 |Verduidelik die konsep van cloud computing aan haar en | |

|4.8.2 |noem ‘n voorbeeld van ‘n soekenjin wat toegang bied tot cloud computing. |(1) |

| | |[34] |

VRAAG 5

Lees die volgende uittreksel uit die senario en beantwoord dan die vrae:

In die rekenaarkamer is daar 4 rekenaars in ‘n eweknie tipe (peer to peer) netwerk gekoppel en ‘n laserdrukker. Alle verbindings vind koordloos plaas.

|5.1.1 |Hoe verskil ‘n eweknie tipe netwerk van ‘n bedienergesteunde netwerk? |(2) |

|5.1.2 |Watter nadeel bestaan in ‘n eweknie tipe netwerk? |(1) |

|5.1.3 |Watter apparatuuritem is in elke rekenaar nodig om aan ‘n netwerk te konnekteer? |(1) |

|5.2.1 |Wat sal die verbindings-medium wees om die rekenaars koordloos te verbind? | |

| |Is hierdie verbinding ‘n LAN of WAN? Motiveer jou antwoord. |(1) |

|5.2.2 |Sal Henry met sy tablet ook aan die internet in die koshuis kan verbind? Verduidelik jou antwoord. |(3) |

|5.2.3 |Watter voordeel en | |

| |Watter nadeel het ‘n koordlose netwerk? |(2) |

|5.2.4 | | |

| | |(2) |

|5.3.1 |Watter voordele bied die laserdrukker vir die klub. Noem 2. |(2) |

|5.3.2 |Is daar ook ‘n nadeel aan die laserdrukker verbonde in hierdie konteks? Verduidelik jou antwoord. | |

| | |(2) |

|5.4 |Aangesien die netwerk ‘n ADSL internet verbinding het, bestaan die gevaar dat die netwerk bedreig kan word. Clint stel voor dat |  |

|  |die “firewall” van elke rekenaar aangeskakel word. Hy verduidelik dit werk so:.......... Voltooi sy verduideliking sodat die | |

|  |hele GCClub sal verstaan wat ‘n “firewall” is. |  |

| | |  |

| | |(2) |

|5.5.1 |Watter program op jou rekenaar stel jou in staat om aan die internet te koppel? | |

| |Watter program op die internet stel jou in staat om webblaaie oop te maak? |(1) |

|5.5.2 | | |

| | |(1) |

|5.6 |Noem twee voorsorgmaatreëls wat jong mense moet volg om hulself te beskerm terwyl hul op sosiale webruimtes kommunikeer? | |

| | |(2) |

|5.7 |Toe Clint hoor die koshuis het ADSL, sê hy hul kan nou met sy nefie in Amerika “Skype”. | |

| | | |

| |Wat is Skype? | |

|5.7.1 |Wat is nodig om te Skype? |(2) |

|5.7.2 |Waarom is ADSL voordelig om te gebruik as jy Skype? |(2) |

|5.7.3 |Clint en Shaun noem die woord Cap in hul gesprek. Andalay vra vir hulle wat ‘n pet met die internet te maak het. Albei lag vir |(2) |

|5.7.4 |haar. | |

| |Verduidelik waarom hul gelag het deur te verwys na wat Cap is. | |

| | |(2) |

| |[30] |

VRAAG 6

Een van die GCClub se navorsingsprojekte is die ontwikkeling van nuwe tegnologie.

|6.1 |Verduidelik wat elk van die volgende terme of ontwikkelings is: | |

|6.1.1 |Twitter | |

|6.1.2 |Bid or Buy | |

|6.1.3 |Blu Ray | |

|6.1.4 |iPod (2 x 2)= |(8) |

| | | |

|6.1.5 |Kies een van bogenoemde en verduidelik hoe hierdie ontwikkeling tot voordeel van die GCClub aangewend kan word. | |

| | |(2) |

|6.2 |Bestudeer die onderstaande skermskoot van e-pos wat mnr Opperman ontvang het en beantwoord dan die vrae daaroor: | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

| | | |

|6.2.1 |Identifiseer 4 foute wat in hierdie e-pos boodskap gemaak is. |(4) |

|6.2.2 |Wat is die funksie van CC en BC in die e-pos adres blok? Verwys na hierdie voorbeeld in jou antwoord. | |

| |Wat is ANNEXURE A.doc en ANNEXURE B.doc wat onderaan die boodskap vertoon word? |(3) |

|6.2.3 | | |

| | |(1) |

|6.3.1 |Is die volgende stelling waar of onwaar: | |

| |‘n Dokument of gids wat 25 MB groot is, kan per e-pos gestuur word. |(1) |

|6.3.2 |Motiveer jou keuse hierbo. |(1) |

Die volgende scenario is gebaseer op 'n skool met baie rekenaars in laboratoriums en klaskamers, op 'n netwerk.

|4.1 |Die monitor in een van die klasse is swart en toon slegs 'n beeld van 'n klein monitor wat beweeg. | |

| |4.1.1 Wat is moontlik fout? |1 |

| |4.1.2 Hoe kan dit reggestel word? |1 |

|4.2 |Die RTT onderwyser wil graag die huidige rekenaars in die klaskamers vervang met nuwe rekenaars. Die Finansiëlekomitee | |

| |van die SBL is nie ten gunste van die aankoop van nuwe rekenaars nie. | |

| |4.2.1 Noem drie situasies waar hulle nuwe rekenaars vir die klaskamers sou moes bekom. |3 |

| |4.2.2 Watter situasie sal daartoe lei dat 'n onderwyser se rekenaar groter primêre geheue sal moet bekom? |1 |

|4.3 |Party personeel sou verkieslik skootrekenaars bo gewone rekenaars in hulle klaskamers wou hê. |2 |

| |Noem twee nadele van die gebruik van 'n skootrekenaar teenoor die gebruik van 'n gewone rekenaar in die skoolomgewing. | |

|4.4 |4.4.1 Noem 2 tipes opgraderings en |2 |

| |4.4.2 Verduidelik watter veranderinge daardie opgraderings aan jou rekenaar maak. |2 |

| |4.4.3 Skryf 2 redes neer waarom opgraderings gewoonlik gedoen word. |2 |

| |4.4.4 Which upgrade is the most cost effective? 1 |1 |

|4.5 |Indien die RTT klas van nuuts af ontwerp moes word en daar onbeperkte fondse beskik sou wees, watter 2 voorstelle sou jy|2 |

| |maak om die uitleg soos dit tans is, te verbeter? | |

|4.6 |Van die rekenaars in die skool se RTT-klas 'vries'. |2 |

| |Gee 2 wenke om hierdie probleem op te los. | |

|4.7 |'n Onderwyser sê sy rekenaar is in "safe mode". | |

| |4.7.1 Wat het met die rekenaar gebeur? |1 |

| |4.7.2 Hoe lyk die skerm in safe mode? |1 |

| |4.7.3 Wat moet gedoen word om dit reg te maak? |1 |

| | |[22] |

| |Hoe kan 'n mens van oorbodige of ou rekenaar apparatuur op 'n omgewingsvriendelike manier ontslae raak. |2 |

|5.1.1 | | |

|5.1.2 |Waarom is dit nodig om op hierdie manier daarvan ontslae te raak? Noem 2 redes. |2 |

|5.2.1 |Watter 3 spesifikasies moet jy in gedagte hou wanneer jy 'n nuwe rekenaar wil koop? |3 |

|5.2.2 |Watter raad oor winskopies en na-verkoop diens sal jy aan iemand gee wat 'n rekenaar wil koop? |2 |

|5.3 |As jy probleme met jou rekenaar het, kan jy warm reboot. |2 |

| |Wat is dit? | |

|5.4 |Noem 2 probleme wat 'n USB-konneksie dalk mag ondervind. |2 |

|5.5 |Watter basiese beginsels behoort 'n rekenaargebruiker te volg om sy inligting op die harde skyf te beskerm? |2 |

|Die skoolhoof wil ook graag koordlose internet installeer. Hy vra jou die volgende vrae: |

|5.6 |Wat is die funksie van ‘n ADSL modem? |2 |

|5.7.1 |Waarna verwys oplaai spoed en |1 |

|5.7.2 |aflaai spoed? |1 |

|5.7.3 |Watter een is die vinnigste? |1 |

|5.8 |Verduidelik die koste van ‘n ADSL verbinding. |3 |

|5.9 |Wat is die verbindingsmedium waarmee koordlose toestelle verbind word? |1 |

|5.10 |Wat is ‘n “hotspot?” |2 |

|5.11 |Waarna verwys die cap van internet gebruik? |2 |

| | |[28] |

Jou vriende weet nou dat hulle rekenaars aan 'n netwerk gekoppel moet word, maar is nie seker hoe dit hulle besigheid sal bevoordeel nie.

3.1 Gee twee redes hoekom dit vir jou vriende en hulle besigheid voordelig sal wees indien 'n LAN in hulle kantoor geïnstalleer is. (2)

3.2 Baie lokale area netwerke word nou opgestel met koordlose tegnologie. Noem een voordeel en een nadeel daarvan om die koordlose tegnologie te gebruik (koste aspek uitgesluit). (2)

3.3 Noem twee voordele van Bluetooth tegnologie in vergelyking met infrarooi-tegnologie. (2)

3.4 Die LAN word dikwels aan 'n lêerbediener gekoppel. Noem twee funksies van hierdie lêerbediener. (2)

3.5 Jou vriende wil weet op watter ander maniere kan hulle besigheid bevorder word. Jy beveel aan dat hulle van blogging, podcasting en poslyste gebruik maak. Wat word bedoel met die terme blogging en podcasting? (4)

3.6 Jou vriende wil weet of hulle 'n WAN rekenaar netwerk sal moet opstel vir hulle besigheid. Jy noem aan hulle dat dit nie nodig sal wees nie. Verduidelik hoekom dit nie nodig is nie deur aan hulle te verduidelik wat WAN is. (1)/13/

Kommunikasie via die internet en e-pos word deesdae al hoe meer gebruik. Daarom het die besigheid besluit om die internet te gebruik vir kommunikasiedoeleindes.

4.1 Een van die opsies wat jy voorgestel het vir internet konneksie was 'n ADSL lyn. 'n ADSL lyn is 'n toegewyde lyn. Wat beteken dit? (1)

4.2 Noem twee voordele van 'n ADSL-lyn bo 'n skakellyn. (2)

4.3 Jou vriende is onseker oor 'n paar terme waarvan jy gepraat het. Verduidelik kortliks aan hulle wat beteken die volgende:

4.3.1 breëband (2)

4.3.2 modem (1)

4.3.3 bandwydte (2)

4.4 Hulle is verward deur die feit dat spoed op twee maniere vir die ADSL-konneksie genoem word. Verduidelik waarom spoed op die volgende manier gelys word:

256 kbps / 1 mbps (2)

4.5 Jou vriende wil flieks aflaai maar daar is ‘n cap, en hulle hoor dit raak op. Verduidelik wat ‘n cap is en waarom die aflaai van hierdie lêers dit sal affekteer. (2)

4.6 Jou vriende wil ander plekke ook hulle e-pos aflaai

4.6.1 Noem twee plekke waar hulle dit sal kan doen. (2)

4.6.2 Iemand het voorgestel dat hulle kan Skype met mekaar.. Wat het die persoon hiermee bedoel? (2)

/16/

Jy is pas aangestel as die nuwe redakteur van die skoolkoerant, en jou hoofdoel is om die hele proses meer vaartbelyn te maak, van die skryf van artikels tot die saamstel van die koerantjie. Jy wil hê dat alle artikels elektronies ingegee moet word, aangesien dit baie tyd sal spaar.

Die maatskappy waar jou pa werk het onlangs hulle rekenaars opgradeer, en het vyf van hulle ou rekenaars aan die skool geskenk vir hierdie doel. Windows XP en Office 2003 is op almal geïnstalleer.

Die skoolhoof het ingestem dat jy ‘n ongebruikte klaskamer as kantoor inrig, en die beheerliggaam het die geld voorsien om die rekenaars in ‘n netwerk te koppel en werktoonbanke te laat inbou. Enige lid van die redaksie kan nou hulle artikels kom tik wanneer dit vir hulle gerieflik is.

2.1 Die redaksie bestaan uit ‘n groot aantal leerders van Graad 8 tot 12. Hulle werk dikwels saam aan artikels en foto-artikels vir die koerantjie.

Beskryf TWEE voordele verbonde daaraan om vyf rekenaars te hê wat in ‘n netwerk gekoppel is. (2)

2.2 Jy wil graag sekere 'rëels' neerlê vir die stoor van lêers op die netwerk om dit vir almal maklik te maak om toegang tot die lêers te kry. Noem TWEE maniere waarop jy dit sou kon regkry. (2)

2.3.1 Thandi moet seker maak dat geen werk verlore raak nie. Jy het haar gevra om gereeld die artikels en foto’s te rugsteun. Sy kan die volgende toestelle gebruik:

CD, Flash disk, MP3-speler

Watter toestel sou jy aanbeveel? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)

2.3.2 Jy wens jy het ‘n eksterne hardeskyf gehad vir die rugsteun van data.

Noem TWEE voordele wat die gebruik van ‘n eksterne hardeskyf vir rugsteunkopieë inhou. (2)

2.4 Een van die redaksielede het ‘n splinternuwe rekenaar met die nuutste sagteware by die huis. Hy het sy artikels tuis getik en gestoor, maar kan dit nie by die skool oopmaak nie.

Wat is die probleem, en hoe kan dit opgelos word? (2)

2.5 Jy vind dat die rekenaars ‘n bietjie stadig is, en dink daaraan om die wins van hierdie jaar se uitgawes te gebruik vir die opgradering van die masjiene.

Noem TWEE belangrike apparatuur opgraderings wat gedoen kan word om die spoed van die rekenaars te verbeter. Motiveer ELK van jou antwoorde. (4)

2.6 Die rekenaars beskik almal oor CD writers. Sou daar enige sin in wees om nog ‘n optiese dryf by te voeg? Motiveer jou antwoord. (3)

Lede van die redaksie doen dikwels navorsing vir artikels op die internet. Jy ondersoek tans verskeie internet opsies vir julle nuwe kantoor. Uit die navorsing het dit duidelik geword dat ‘n dial-up verbinding onprakties is, en jy stel belang in ‘n breëband verbinding soos ADSL, 3G of iBurst.

3.1 Wat is ‘n breëband verbinding? (3)

3.2 Hoe verskil dial-up verbindings van brëeband verbindings in terme van hoe daarvoor betaal word? (2)

3.3 Gee DRIE redes waarom mense grootliks wegbeweeg van dial-up verbindings en nou meestal breëband verbindings gebruik. (3)

3.4 Indien ‘n dial-up verbinding ‘n telefoonlyn gebruik as medium om aan die Internet te koppel, wat gebruik ADSL, 3G en iBurst? Tref duidelik onderskeid tussen die mediums wat met elkeen van hierdie drie opsies geassosieer word. (3)

3.5 Jy kom agter dat advertensies vir ADSL twee verskillende spoedverbindings noem, bv. 256 Mbps / 1 Mbps. Verduidelik wat hierdie twee syfers beteken, sowel as waarom hulle verskil. (4)

3.6 Wat sou die belangrikste voordeel wees wat die gebruik van ‘n 3G of iBurst verbinding bo ‘n ADSL verbinding het? (2)

3.7 Jy wil graag die koerantjie op die skool se webwerf publiseer, en beplan om dit in PDF-formaat te doen.

3.7.1 Verduidelik wat bedoel word met ‘n PDF-formaat, en waarom dit die beste formaat sou wees om die koerantjie op die webwerf te plaas. (2)

3.7.2 Watter programmatuur moet van die Internet afgelaai word om ‘n PDF dokument lees? (1)

3.8 Die RTT-opvoeder het voorgestel dat, in plaas daarvan om jou eie Internet-verbinding te kry, jy liewer aan die skool se hotspot moet koppel. Hy het egter gewaarsku dat dit nie beteken jy kan maar onbeperk op die Internet rondswerf nie, aangesien die hele skool moet uitkom met ‘n cap van slegs 2GB per maand.

3.8.1 Wat is ‘n hotspot? (2)

3.8.2 Wat word bedoel met ‘n 2GB cap? (1)

/23/

4.1 Die bestuurspan het voorgestel dat leerders geen geheuestokkies in die lokaal mag gebruik nie. Wat kan die rede daarvoor wees? (1)

4.2 Met die laaiproses (boot-up) kan daar verskeie probleme met die skerm ondervind word. Verduidelik aan die bestuurspan wat gedoen kan word as die skerm “leeg” vertoon. (3)

4.3 By spooiling op netwerke het jy ‘n keuse om na een van verskeie drukker te druk.Watter opsie word deur ‘n spooiling-stelsel verskaf? (2)

4.4 ‘n Lid van die bestuurspan se flits-skyf moet gedefragmenteer word.

Verduidelik aan hulle wat dit beteken om ‘n skyf te defragmenteer. (2)

4.5 Baie keer wanneer jy lêers van ‘n CD-Rom kopieer word dit as “read-only” vertoon.Wat kan jy doen om hierdie probleem op te los? (1)

4.6 As ‘n graad 12 leerder is jy bewus daarvan dat die tegnologie daagliks verbeter en is tans besig om die manier waarop ons kommunikeer, werk en ontspan te verander. Gee een voorbeeld van hierdie soort tegnologie. (1)

4.7 Slimfone kan ‘n PDA wees met selfoonfasiliteite of ‘n selfoon met PDA-fasiliteite.Noem drie eienskappe van hierdie soort toestel aan die bestuurspan. (2)

//12//

5.1 Die bestuurspan is bewus daarvan dat die leerders van die internet gebruik moet maak.

As ‘n graad 12 leerder stel jy voor dat daar in plaas van internet -verbindings gebruik gemaak word, dit eerder aan die skool se hotspot te koppel.

5.1.1 Wat is ‘n hotspot? (2)

5.1.2 Waarvoor staan die afkorting WISP? (2)

5.2 Wanneer jy ‘n nuwe toevoer- of afvoertoestel vir die eerste keer installeer kan dit

deur Plug en Play plaasvind, want dit het alreeds die drywerprogram wat dit self

installeer.

5.2.1 Defineer die term Plug en Play. (2)

5.2.2 Noem drie vereistes vir Plug en Play. (3)

5.2.3 Wat is ‘n Drywerprogram? (2)

5.3 Wanneer jy ‘n dokument oopmaak wat in ‘n Pdf-formaat is, kan dit slegs oopgemaak

word, maar geen veranderinge kan aan die dokument aangebring word nie.

5.3.1 Wat stel die afkorting .pdf voor? (1)

5.3.2 Watter programmatuur het jy nodig om die dokument oop te maak? (1)

5.3.3 Noem een voordeel van ‘n .pdf-lêer. (1)

5.4 ‘n Netwerk sluit apparatuur en programmatuur in wat nodig is om rekenaars aan

‘n kommunikasie-kanaal te verbind.

5.4.1 Wat is ‘n netwerkbedryfstelsel? (2)

5.4.2 Noem twee redes vir die gebruik van ‘n netwerk. (2)

5.4.3 Gee twee voordele van Web-gebaseerde e-poste. (2)

5.5 As ‘n rekenaargebruiker het jy voorgestel dat as ‘n rekenaar se spoed en se

stoorkapasiteit nie voldoende is nie daar verskillende opgraderings gedoen

moet word.

Verduidelik met behulp van definisies aan die bestuurspan watter opgraderings gedoen

moet word in terme van die spoed en stoorkapasiteit. (2x2=4)

5.6 Die skool wil vier rekenaars vir die biblioteek aankoop om die werksomgewing vir die leerders te verbeter.

5.6.1 Definieer die term Ergonomika. (2)

5.6.2 Wat is ‘n skootrekenaar? (2)

5.6.3 Gee twee voordele van ‘n skootrekenaar teenoor ‘n tafel rekenaar. (2)

//30//

6.1 Die koppeling van ‘n LAN is deesdae so maklik dat ‘n persoon dit kan doen met min tegniese kennis. Wat is die volgende?:

6.1.1 HUB/Switch (2)

6.1.2 UTP (2)

6.2 Rekenaaretiek verwys na die morele riglyne, sowel as die aanvaarbare gebruik van rekenaartoerusting in die werksomgewing. Die bestuurspan het jou genader om ‘n paar “moenies” op te stel vir die gebruik van die rekenaars in die biblioteek.

Lys drie ‘moenies” vir ‘n aanvaarbare rekenaargebruik. (3)

Kommunikasie via die internet en e-pos word deesdae al hoe meer gebruik. Daarom het die besigheid besluit om die internet te gebruik vir kommunikasiedoeleindes.

4.1 Een van die opsies wat jy voorgestel het vir internet konneksie was 'n ADSL lyn. 'n ADSL lyn is 'n toegewyde lyn. Wat beteken dit? (1)

4.2 Noem twee voordele van 'n ADSL-lyn bo 'n skakellyn. (2)

4.3 Jou vriende is onseker oor 'n paar terme waarvan jy gepraat het. Verduidelik kortliks aan hulle wat beteken die volgende:

4.3.1 breëband (2)

4.3.2 modem (1)

4.3.3 bandwydte (2)

4.4 Hulle is verward deur die feit dat spoed op twee maniere vir die ADSL-konneksie genoem word. Verduidelik waarom spoed op die volgende manier gelys word:

256 kbps / 1 mbps (2)

4.5 Jou vriende wil flieks aflaai maar daar is ‘n cap, en hulle hoor dit raak op. Verduidelik wat ‘n cap is en waarom die aflaai van hierdie lêers dit sal affekteer. (2)

4.6 Jou vriende wil ander plekke ook hulle e-pos aflaai

4.6.1 Noem twee plekke waar hulle dit sal kan doen. (2)

4.6.2 Iemand het voorgestel dat hulle kan Skype met mekaar.. Wat het die persoon hiermee bedoel? (2)

2. Die komitee het genoeg geld om drie rekenaars en ‘n drukker te koop. Hulle het ook ekstra geld by ‘n ouer gekry en hulle oorweeg om ‘n skootrekenaar aan te koop. Die koerant sal nie in kleur gedruk word nie. Dit sal professioneel by een van die gemeenskap se drukkerye gedruk word. Jy is gevra om vir hulle raad te gee oor verskillende apparatuur-opsies.

1. Help die komitee om te besluit of hulle ‘n skootrekenaar nodig het deur twee nadele van ‘n skootrekenaar teenoor ‘n tafelrekenaar te gee. (2)

2. Beskryf die verskil tussen 'n rekenaar se geheue en stoor duidelik. (2)

3. Bluetooth word dikwels in rekenaaradvertensies genoem.

1. Beskryf Bluetooth kortliks. (2)

2. Noem een toestel wat aan ‘n rekenaar gekoppel kan word deur van Bluetooth gebruik te maak. (1)

4. Die leerders moet in staat wees om artikels huis toe te neem om daaraan te kan werk. Meeste rekenaars het nie meer ‘n disket(stiffie)-aandrywer nie.

1. Gee twee redes waarom diskette deesdae as 'ou tegnologie' beskou word.(2)

2. Noem twee draagbare stoortoestelle wat hulle eerder kan gebruik. (2)

5. Rekenaars maak normaalweg voorsiening vir USB-toestelle soos ‘n muis en drukker. Verduidelik wat USB is en gee een voordeel van USB. (Geen punte sal gegee word bloot vir die uitbreiding van die akroniem nie.) (2)

6. Die komitee moet besluit of hulle ‘n laserdrukker of 'n inkspuitdrukker moet koop.

1. Help die komitee om te besluit deur ‘n laserdrukker met ‘n inkspuitdrukker te vergelyk ten opsigte van hulle aankoopprys en lopende koste. (2)

2. Die komitee sal dikwels foto’s moet skandeer (scan) en artikels per faks moet stuur en ontvang. Sal hulle ‘n aftaster (scanner), 'n faksmasjien en 'n drukker moet koop, of het hulle ‘n ander opsie? Motiveer jou antwoord. (2)

ADVERTENSIES

Terug na inhoudsopgawe

2.1 Watter tipe toepassingsprogram sal die geskikste wees in terme van die bostaande scenario om rekord te hou van alle kliënte en voorraad? (1)

2.2 Die rekenaars wat jou vriende aangekoop het, is gekies uit die onderstaande advertensie:

Die versekeringsmaatskappy het die volgende inligting van jou vriende nodig voordat hulle die toerusting sal verseker. Gee die korrekte inligting teenoor die nommer hieronder aangedui.

2.2.1 Grootte van die harde skyf (1)

2.2.2 Hoeveelheid geheue (1)

2.2.3 Spoed van SVE (CPU) (1)

2.2.4 Bedryfstelsel (1)

2.2 Noem een voordeel verbonde aan die gebruik van 'n koordlose muis. (1)

2.3 Wat is die 8-in-1 kaartleser (card reader) wat in die advertensie gespesifiseer is? (1)

2.4 Daar is drie tipes drukkers naamlik ‘n dotmatriksdrukker, ‘n inkspuitdrukker en ‘n laserdrukker Watter tipe drukker sal benodig word vir:

2.4.1 Druk van hoë kwaliteit kleurfoto's (1)

2.4.2 Vir daaglikse drukwerk van lang dokumente, soos briewe, kwotasies, verslae, ens. (1)

2.4.3 Gee een voordeel en een nadeel van ‘n dotmatriksdrukker. (2)

2.5 'n Ergonomically designed USB QWERTY 101 softkey-sleutelbord is ingesluit. (2)

2.5.1 Verduidelik kortliks wat ‘Ergonomically designed' beteken. (2)

2.5.2 Noem een kenmerk van ergonomies-ontwerpte sleutelborde. (1)

2.5.3 Waarom word daar na die sleutelbord verwys as QWERTY? (1)

2.5.4 Verduidelik die spesifikasie USB (1)

2.6 Die aankoop van randapparatuur (peripherals) is noodsaaklik en jou vriende weet nie

wat dit is nie. Verduidelik aan hulle wat word bedoel met randapparatuur. (2)

2.7 Jy nooi jou vriende om saam iets te gaan eet by 'n "hot spot".

Jy neem jou skootrekenaar saam om hulle te oortuig dat hulle 'n skootrekenaar

nuttig sal kan gebruik. Die vriende dink jy is op pad na 'n warmwaterbron

en pak hulle swemklere in. Verduidelik aan hulle wat 'n "hot spot" is. (2)

2.8 Gee twee voordele van 'n skootrekenaar teenoor lessenaarrekenaars. (2)

2.9 Die skootrekenaar het 'n 15" skerm. Verduidelik wat die spesifikasie beteken. (2)

2.10 Jy noem aan jou vriende dat nuwe, plat skerms meer omgewingsvriendelik as die konvensionele CRT-skerms is en dat hulle betrokke moet raak by groen rekenaars (green computing). Jou vriende verstaan nie en noem dat hulle nog nooit 'n groen rekenaar gesien het nie.

2.10.1 Verduidelik kortliks wat word bedoel met gebruik groen (green computing) en noem twee maniere te noem hoe hulle 'n bydrae kan lewer. (3)

2.10.2 Noem twee redes hoekom jy aanbeveel het dat hulle die duurder LCD-skerms moet koop in plaas van CRT-skerms.

Jy kom agter daar is nooit genoeg tyd by die skool om die bladsy-uitleg van die skoolkoerant te doen nie, en wil baie graag ‘n skootrekenaar hê sodat jy saans ook kan werk. Jy hoop jy kan jou pa oorreed om vir jou ‘n skootrekenaar te koop as jy een teen die regte prys kry.

Jy het die volgende advertensie gesien:

ABC 21" LAPTOP

Verwerker: Intel Celeron 1.8 Hz

RAM: 4 GB

Hardeskyf: 150 GB

Verbinding: WLAN/LAN

Dual-layer DVD writer

Geïntegreerde webcam

Windows 7 Professional

Multidata kaartleser

12 month on-site warranty

4.1 Watter maatskappy het die SVE (CPU) wat in die advertensie genoem word, vervaardig? (1)

4.2 Wat is die kapasiteit van die hardeskyf wat in die advertensie gelys word? (1)

4.3.1 Moet die rekenaar meer geheue as hardeskyf-spasie hê? Motiveer jou antwoord. (2)

4.3.2 Verduidelik waarom dit die geval behoort te wees deur kortliks te verwys na die funksie van geheue teenoor dié van die hardeskyf. (2)

4.4 Watter bedryfstelsel is op hierdie rekenaar geïnstalleer? (1)

4.5 Baie van die toestelle wat aan die skootrekenaar gekoppel kan word gebruik USB poorte en is dus plug-and-play.

Wat bedoel ons wanneer ons sê dat ‘n toestel plug-and-play is? (2)

4.6.1 Die DVD-dryf word beskryf as ‘n dual-layer drive. Wat is die voordeel hiervan vir jou redaksie? (2)

4.6.2 Sou jy CD’s op hierdie skootrekenaar kon speel? Verduidelik jou antwoord. (1)

4.7.1 Verduidelik die funksie van die kaartleser wat in die advertensie genoem word. (2)

4.7.2 Hoe sou dit jou help met jou taak by die skoolkoerant? (2)

4.8 Die advertensie verwys na ‘n on-site warranty. Verduidelik wat dit beteken. (2)

4.9 Sou jy hierdie skootrekenaar aan die netwerk kon koppel? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)

/20/

WAAR OF VALS

Terug na inhoudsopgawe

WAAR OF ONWAAR

Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR. Skryf die WAAR/ONWAAR langs jou antwoordnommer neer en voorsien die rede hoekom by elke stelling waar jy jou antwoord as ONWAAR aangedui het.

|3.1 |LAG ROM word gebruik om alle instruksies van die sagteware uit te voer. | |2 |

|3.2 |Die SVE CPU word op die moederbord, onder 'n waaier, gevind. | |2 |

|3.3 |Die rekenaar se verwerkingspoed verbeter as ‘n harde skyf bygevoeg word.. | |2 |

|3.4 |Indien die moederbord nie voldoende USB poorte het nie, moet die moederbord opgradeer word. | |2 |

|3.5 |Ergonomika is die studie van die invloed wat rekenaars het op die ekonomie van ‘n land. | |2 |

[10]

Sê of die volgende stellings WAAR / VALS is:

2.1 Die Refresh-knoppie word gebruik om die nuuste weergawe van die webbladsy te verkry.

2.2 Die Mail-knoppie help jou om die webblaaie wat jy voorheen besoek het te vind.

2.3 ‘n Templaat is ‘n interaktiewe dialoog wat die gebruiker deur ‘n reeks stappe lei om sekere take te verrig.

2.4 ‘n Fout boodskap kan teruggestuur word indien daar ‘n spelfout in die e-posadres is.

2.5 ‘n Skootrekenaar se battery lewe is langer as die van ‘n PDA. (5)

TEORETIESE VRAE OOR PRAKTIES

Terug na inhoudsopgawe

1. Jou oom moet baie navorsing doen vir die boeke wat hy skryf. Hy het hope papiere wat oral in bokse rondlê. Hy het gehoor dat 'n databasis hom kan help om sy navorsingsdata te organiseer. Beantwoord die volgende algemene vrae wat hy oor databasisse het.

1. Watter soort data kan in 'n databasis gestoor word? Noem minstens 2. (2)

2. Watter funksie/deel van 'n databasis word gebruik om slegs sekere velde en rekords te vertoon? (1)

3. Watter funksie/deel van die databasis word gebruik om data maklik in 'n databasis in te voer? (1)

4. Watter funksie/deel van die databasis word gebruik om 'n opsomming van data in 'n gestruktureerde en drukbare formaat te vertoon? (1)

5. Jou oom het die databasis hieronder ontwerp. Bestudeer die databasis en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

[pic]

1. Watter tipe data kan in die titel veld gestoor word? (1)

2. Wat beteken die sleuteltjie wat langs die BronID-veld vertoon word? Gee die naam daarvan en verduidelik watter invloed dit op die inhoud van die veld het. (2)

3. Die voorstelling van die databasistabel is in 'design view'. Watter veranderinge kan aan die databasis gemaak word as dit in 'Datasheet view' is? (2)

6. Jou oom het gehoor dat Excel maklik is om te gebruik en hy wil weet of hy nie sy navorsingsdata in Excel kan stoor nie. Verduidelik waarvoor Excel gebruik word. (1)

7. Nadat jou oom sy eerste sigbladtoepassing gemaak het is hy baie ongelukkig want hy het die volgende boodskap in 'n sel gesien. ########

1. Wat veroorsaak hierdie foutboodskap? (1)

2. Wat kan jou oom doen om die probleem op te los? (1)

8. Jou oom kla dat dit vreeslik lank neem om die data in die sigblad in te sleutel. Noem twee funksies/aksies wat hy kan neem om dit vinniger te doen. (2)

9. Jou oom sien die volgende formule in 'n sekere sel $A$5 * b2

1. Wat beteken die $ tekens in die selverwysing? (1)

2. Hoe verskil hierdie selverwysings van 'gewone' selverwysings? (2)

10. Jy weet dat grafieke baie handig is. Verduidelik vir jou oom watter soorte grafieke jy in elk van die volgende omstandighede sal gebruik

1. Vertoon hoe waardes oor 'n tydperk verander het. (1)

2. Vertoon watter gedeelte van die geheel elke item op die grafiek uitmaak. (1)

11. Jou oom wil duidelik op die sigblad aandui as hy meer as R500 per maand op boeke uitgegee het. Watter Excel-funksie kan hy gebruik om dit te doen? (1)

1. In MsWord maak ons gebruik van verskillende “Breaks”, bv. Page Break; Section Break, ens. Wat is ‘n seksie? (2)

2. MsAccess bestaan uit verskillende konsepte soos: ‘n Tabel; Navrae; Verslae en Vorms.

Met die skep/ontwerp van ‘n tabel kan jy van verskillende datatipes gebruik maak.

Waarvoor kan die volgende datatipes gebruik word.

2.1 Memo (2)

2.2 OLE Object (2)

-----------------------

Intel ( Pentium IV

Intel dual core E5200 2.5 GHz

1 GB RAM

320 GB SATA HDD

DVD-RW Super Multi Light Scribe Drive

Microsoft Windows XP Professional

Microsoft Office

6 USB 2.0 ports

USB ADSL modem with Conexant chipset

8-in-1 memory card reader

Ergonomicaly designUSB QWERTY 101 Soft Keyboard

Bluetooth mouse

LAN network connection

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download