Hansie en Grietjie – Evelyn Castelyn



Hansie en Grietjie

Evelyn Castelyn

|1 |daar was eendag ‘n woud |

|2 |aan die kant van die son, |

|3 |die maan is ‘n flou olielamp, |

|4 |Saans brand honderde kersies |

|5 |die volgende môre word die kindertjies |

|6 |Afgelaai by die heksie se huisie |

|7 |hulle huil tot vanaand |

|8 |na-vyf, na werk kom die |

|9 |Stiefmammies en –pappies hulle haal |

|10 |met ‘n ysterswaan |

|11 |die nuutste model blaas rook |

|12 |en jaag oor riviere teer |

|13 |tot by kelders parkering |

|14 |Dan word hulle opgehys |

|15 |Gebad en gevoer in ‘n hok |

|16 |Moet hulle soet gaan slaap |

|17 |Eennag, het hansie en grietjie |

|18 |Weggeloop, bo-oor die tralies geklim |

|19 |en fyn en flenters geval |

|20 |op die paadjies sement |

|21 |ver van die huis af |

1. Ouers gee nie meer liefde en aandag aan hulle kinders nie. Kinders word daagliks by dagmoeders afgelaai, wat na hulle kyk, omdat Reëls 1 tot 4 lê klem op ruimte en tyd

2. Die gedig eindig uitsigloos, sonder enige hoop vir die kinders.

3. Die inhoud van die sprokie word verdraai in die gedig.

4. Die voorstad waarvan hierdie gedig praat is Sunnyside, Pretoria.

Hänsel and Gretel

there was once a forest

on the side of the sun

and the moon is a weak oil-lamp

and at night a hundred small candles burn

the next morning the young children

are dropped off at the witch’s house

and they cry until the evening

after five, after work

the step mommies and –daddies come and fetch them

with an iron-swan

the latest model blows smoke

and speeds over the tar-rivers

to cellars parking

they are then hoisted up

are bathed and fed in a cage

they then have to go and sleep

one night hänsel and gretel

ran away, over the bars they climbed

and fell to smithereens

on the path of cement

far from home

Hansie en Grietjie

Woordeskat

| |Uit die gedig |Sinonieme |

|1 | ‘n woud |‘n stad |

|2 |aan die kant van die son, |Min son omdat daar baie geboue en besoedeling is |

|3 |kant van die son |Side of the sun = Sun + side = Sunnyside Tshwane |

|4 |die maan is ‘n flou olielamp, |Die maan word met ‘n flou olielamp vergelyk |

|5 |flou olielamp |Te veel ligte in die stad / kan nie die maan mooi sien nie |

|6 |Honderde kersies |Straatligte |

|7 |Saans brand honderde kersies |Straatligte word met kersies vergelyk |

|8 |die volgende môre word die kindertjies |Tyd is belangriker as die kinders daarom word dir eerste geskryf |

|9 |Afgelaai, gebad, gevoer |Liggaamlike versorging / emosionele verwaarlosing |

|10 |heksie se huisie |Dagmoeder |

|11 |tot vanaand |die hele dag |

|12 |Heksie se huisie, huil |Die kinders is ongelukkig |

|13 |na-vyf, na werk |Nie ‘n spesifieke tyd nie / tye wissel |

|14 |Stiefmammies en –pappies |Verhouding tussen ouers en kinders / onbetrokke / |

|15 |Ysterswaan |Motor / veroorsaak besoedeling |

|16 |die nuutste model blaas rook |Aardse besittings baie belangrik |

|17 |Blaas rook |Besoedeling |

|18 |jaag |Haastig / wil vinnig by die huis kom / het nie tyd om met die kinders te praat nie |

|19 |riviere teer |Strate / paaie / teerpaaie |

|20 |kelders parkering |Ondergrondse parkering |

|21 |Opgehys |Bly nie op die grondvloer nie / bly op een van die boonste verdiepings |

|22 | Hok, tralies |Baie klein woonstel / ruimte om in te woon |

|23 |Moet hulle soet gaan slaap |Die ouers is moeg en het nie tyd vir die kinders nie |

|24 |Eennag |Universiële tyd / dit gebeur altyd |

|25 |hansie en grietjie |Word met kleinletters / so geskryf omdat dit met baie kinders gebeur |

|26 |Weggeloop |Betrokke geraak by invloede van die stad |

|27 |bo-oor die tralies geklim |Weggebreek van beperkte ruimte en emesionele onbetrokkenheid van hulle ouers |

|28 |en fyn en flenters geval |Fisiese OF emosionele verval (rebellering / mishandeling / dwelms / alkohol / prostitusie / |

| | |okkulte) |

|29 |op die paadjies sement |Op ‘n ander plek as in die beperkte ruimte |

|30 |ver van die huis af |Hulle was weg van hulle huise af OF hulle was emosioneel gebreek |

|31 |Gedig |Sprokie |

|32 |Daar was eendag |Eendag was daar |

|33 |Die kinders word by die dagmoeder afgelaai |Die kinders is in die bos gelos en het self die heksie se huisie gekry. |

|34 |Gebad en gevoer deur die ouers |Grietjie moes Hansie voer. |

|35 |heksie se huisie is die dagmoeder – kinders hou nie van| ‘n ware heks met ‘n huis van soetgoed – lok die kinders – kinders hou van die huisie |

| |die huis nie | |

|36 |Stiefmammies en –pappies |Slegs ‘n stiefmammie |

|37 |Ysterswaan |Swane by die dam toe hulle teruggaan huistoe |

|38 |Albei in ‘n hok met tralies |Hansie moes in ‘h hok bly – Grietjie nie |

|39 |hansie en grietjie met kleinletters – alle kinders |Hansie en Grietjie met hoofletters – spesifieke kinders |

|40 |Weggeloop van die huis af |Teruggeloop huistoe |

Hansie en Grietjie

Evelyn Castelyn

| | |Verwysings na ‘n sprokie - ooreenkomstig |

|1 | |

| |daar was eendag ‘n woud |

| | |Nie son in die stad nie a.g.v. geboue en besoedeling | |

|2 |aan die kant van die son, |

| | |Die maan word verflou deur al die ligte in die stad |

|3 |die maan is ‘n flou olielamp, |

| | |Baie straatligte |

|4 |Saans brand honderde kersies, |

| | |Daaglikse roetine | |Terloopse melding – onpersoonlik / styf |

|5 | |

| |die volgende môre word die kindertjies |

| | |Dagmoeder | |Crèche |

|6 |Afgelaai by die heksie se huisie |

| | |Hulle is ongelukkig daar |

|7 |hulle huil tot vanaand |

| | |Daaglikse roetine – nie definitiewe tyd – kinders is dus onbelangrik |

|8 |na-vyf, na werk kom die |

| | |Beskryf die onbetrokke verhouding van die ouers teenoor die kinders |

|9 |Stiefmammies en –pappies hulle haal |

| | |Nuwe motor – belangrik vir die ouers om dit te hê – materialisties |

|10 |met ‘n ysterswaan |

| | |Besoedeling – kenmerkend van ‘n stad |

|11 |die nuutste model blaas rook |

| | |Ouers is te haastig om met die kinders te praat | |Strate / paaie |

| | |

|12 |en jaag oor riviere teer |

| | |Ondergrondse parkering - woonstelblokke |

|13 |tot by kelders parkering |

| | |Gaan op in die hysbak – woonstelblok – meganies – onpersoonlik |

|14 |Dan word hulle opgehys |

| | |Vergelyking – iets waarin diere bly – beperkte ruimte – onpersoonlik |

|15 |Gebad en gevoer in ‘n hok |

| | |Word fisies versorg maar geestelik verwaarloos |

|16 |Moet hulle soet gaan slaap |

| | |Half gedwonge | |Gevolge / resultate / uiteinde |

|17 |Eennag, het hansie en grietjie |

| | |Distansiëring / raak “verlore” / ontsnapping |

|18 |Weggeloop, bo-oor die tralies geklim |

| | |Tragiese gevolge; gaan dood, raak ontspoor, geestelike verval |

|19 |en fyn en flenters geval |

| | |Die lewe is hard / moeilik |

|20 |op die paadjies sement |

| | |Letterlik (denotief) – weg van die huis / Figuurlik (konnotief)- Psigologies |

|21 |ver van die huis af |

5. Ouers gee nie meer liefde en aandag aan hulle kinders nie. Kinders word daagliks by dagmoeders afgelaai, wat na hulle kyk, omdat Reëls 1 tot 4 lê klem op ruimte en tyd

6. Die gedig eindig uitsigloos, sonder enige hoop vir die kinders.

7. Die inhoud van die sprokie word verdraai in die gedig.

8. Die voorstad waarvan hierdie gedig praat is Sunnyside, Pretoria.

Vrae

1. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die nommer en die letter neer.

Die woud verwys na die…

a. tralies.

b. stad.

c. bos.

d. plaas. (1)

2. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die nommer en die letter neer.

Die hele gedig is met kleinletters gekryf omdat ….

a. die digter nie hoofletters kan tik nie.

b. kinders wat goed behandel word algemeen is.

c. kinders wat verwaarloos word ‘n algemene probleem is.

d. kinders stout is en verwaarloos moet word. (1)

3. Waar is die woud geleë? (1)

4. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die nommer en die letter neer.

Die maan word vergelyk met ’n

a. flou olielamp.

b. vuur

c. son.

d. ster. (1)

5. In omtrent die hele gedig loop die een versreël oor in die volgende een sonder enige leestekens en dit staan bekend as 5.1 (alliterasie / enjambement) en die TWEE funskies daarvan is om om die tempo 5.2 (vinniger / stadiger) te maak en te beklemtoon dat werkende ouers altyd 5.3 (haastig / geduldig) is.

6. Voltooi: Honderde kersies verwys na die …. van die stad. (1)

7. Waarheen word die kinders die volgende oggend geneem? (1)

8. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die nommer en die letter neer.

Die woord ongelukkig beklemtoon dat die kinders nie in die bewaarskool wil wees nie, want hulle…

a. speel

b. huil.

c. lag.

d. slaap. (1)

9. Waarmee kom haal die ouers hulle kinders by die heks se huis? (1)

10. Die frase “moet hulle soet gaan slaap” beteken hulle moet nie…

a. hulle ouers pla nie.

b. dans nie.

c. wegloop nie.

d. bewaarskool toe gaan nie. (1)

11. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die nommer en die letter neer.

“in ‘n hok” beteken die ruimte in die stad is…

a. groot

b. genoeg.

c. klein.

d. wyd. (1)

12. Waar het hansie en grietjie hulle flenters geval? ( 1)

13. Die gebruik van die verkleiningsvorm van die woorde “kindertjies”, “huisie” en “heksie” staan bekend as…

a. Antonomasia.

b. Asidenton

c. Metonimia.

d. Litotes. (1)

14. Waarom word die bewaarskool / créche so negatief uitgebeeld?

15. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die nommer en die letter neer.

Wat wil hierdie gediggie vir ons sê? (1)

a. Sonder warmte en liefde beteken die lewe niks.

b. Die kinders wil graag bewaarskool toe gaan.

c. Die kinders hou nie van die mooi motor nie.

d. Dis nie hulle eie ouers nie. (1)

16. Watter twee woorde sê vir ons dat die kinders nie met liefde behandel word nie? (2)

17. Wat word met die woord kindertjies bedoel?

18. Watter twee woorde in die gedig kan dalk na ’n beperkte ruimte verwys (tronk)? (2)

19. Haal ‘n gedeelte van ’n reël aan wat bewys dat Hansie en Grietjie ontsnap het uit hulle beperkte ruimte. (1)

20. Daar is talle tydsverwysings in die gedig. Hiervolgens kan die gedig in vier dele verdeel word. Noem die vier dele.(4)

21. Watter woorde sê dat die ouers saans ook rus en vrede wil hé?

22. Watter idioom in die gedig sê vir ons dat Hansie en Grietjie slagoffers van die moderne samelewing is?

23. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die nommer en die letter neer.

“aan die kant van die son” (versreël 2) impliseer die woud …

a. kry altyd son

b. is weggesteek

c. is koud

d. langs die son (1)

24. Watter een woord sê dat die kinders ongelukkig is by die heks se huisie? (1)

25. Die kinders gaan nie vrywillig na die heks se huisie toe nie. Haal een woord aan as bewys.

26. Haal die versreël aan wat bewys dat die ouers altyd haastig is? (1)

27. Watter reël wys op die lugbesoedeling as gevolg van motors se uitlaatgasse? (1)

28. Haal ‘n versreël aan wat wys op die beperkte ruimte waarin die kinders grootword. (1)

29. Hoe weet jy dat die kinders fisies versorg word? Gee TWEE woorde. (2)

30. Haal twee opeenvolgende woorde aan uit reëls 18 — 21 wat impliseer dat die stad ‘n koue, harde plek is. (1)

31. Kies die korrekte antwoorcl. Skryf net die nommer en die letter neer.

Die stylfiguur waar woorde omgeruil word om dit wat belangrik is te beklemtoon staan bekend as …

a. Antitese.

b. Alleenplasing

c. Inversie

d. Eufemisme. (1)

32. Kies die korrekte antwoorcl. Skryf net die nommer en die letter neer.

“fyn en flenters geval” impliseer

a. hulle is dood

b. hulle het hulself seergemaak

c. baie slegte dinge het met hulle gebeur

d. hulle het hulle arms en bene stukkend geval (1)

33. Kies die korrekte antwoorcl. Skryf net die nommer en die letter neer.

“aan die kant van die son” verwys einflik na waar die spreekster woon en waar baie woonstelle is, nl.

a. Sunnyside

b. Woodlands

c. Parkwood

d. Langeweg. (1)

34. Die kinders in die gedig woon in die nuutste model.

Sê of die bogenoemde stelling waar of onwaar is. (1)

Gee ‘n rede vir jou antwoord in 34.1. (1)

35. Voltooi: In die sprokie het die kinders 35.1 …. huis toe gegaan, maar in die gedig het hulle van die huis af …. 35.2 . (2)

36. Pas die metafoor in Kolom A by die betekenis in Kolom B.

|KOLOM A |KOLOM B |

|36.1 |Woud |A |Straatligte |

|36.2 |Honderde kersies |B |Stadskinders |

|36.3 |Ysterswaan |C |Stad |

|36.4 |Hansie en Grietjie |D |Motor |

|36.5 |Heksie |E |Onbetrokke ouers |

|36.6 |Stiefmammies en -pappies |F |Paaie |

|36.7 |Riviere teer |G |Beperkte ruimte |

|36.8 |Hok |H |Dagmoeder |

| | |I |Maan |

Memorandum

1. B. (1)

2. C. (1)

3. aan die kant van die son. (1)

4. A. (1)

1. Enjambement

2. vinniger

3. haastig (3)

5. ligte. (1)

6. na die heksie se huisie. (1)

7. B. (1)

8. ‘n ysterswaan. (1)

9. A (1)

10. C (1)

11. D. (1)

12. op die paadjies sement. (1)

13. Die kinders ontvang geen liefde nie, hulle word letterlik net bewaar. (1)

14. A (1)

15. gebad, gevoer. (2)

16. Hulle is nog klein en hulpeloos en dit gebeur met baie kinders. (1)

17. hok, tralies. (2)

18. bo-oor die tralies geklim. (1)

19. eendag, saans, die volgende môre, eennag. (4)

20. moet hulle soet gaan slaap. (1)

21. fyn en flenters geval. (1)

22. C (1)

23. huil. (1)

24. afgelaai. (1)

25. en jaag oor die riviere teer. (1)

26. die nuutste model blaas rook.

27. gebad en gevoer in ‘n hok. (1)

28. gebad, gevoer. (1)

29. paadjies sement. (1)

30. C. (1)

31. C. (1)

32. A. (1)

1. Onwaar. (1)

2. Hulle jaag in die nuutste model. (1)

55.

1. terug. (1)

2. weggeloop. (1)

35.

1.

2.

C.

A.

D.

B.

H.

E.

F.

G. (8)

-----------------------

Die ouers doen net fisiese goed vir die kinders

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download