Die dans van die reën - Weebly



Die dans van die reën

|1 |O die dans van ons Suster! |

|2 |Eers oor die bergtop loer sy skelm, |

|3 |Eh haar oge is skaam; |

|4 |En sy lag saggies. |

|5 |En van ver af wink sy met die een hand; |

|6 |Haar armbande blink en haar krale skitter; |

|7 |Saggies roep sy. |

|8 |Sy vertel die winde van die dans |

|9 |En sy nooi hulle uit want, die werf is wyd en die bruilof groot. |

| | |

|10 |Die grootwild jaag uit die vlakte, |

|11 |hulle dam op die bulttop |

|12 |wyd rek hulle die neusgate |

|13 |en hulle sluk die wind; |

|14 |en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien. |

| | |

|15 |Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete, |

|16 |en hulle kruip nader en sing saggies: |

|17 |“Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!” |

| | |

|18 |En haar krale skud, |

|19 |en haar koperringe blink in die wegraak van die son. |

|20 |Op haar voorkop is die vuurpluim van ‘n Berggier; |

|21 |sy trap van die hoogte; |

|22 |sy sprei haar vaal karos met altwee arms uit; |

|23 |Die asem van die wind raak weg. |

|24 |O, die dans van ons suster! |

| | |

| |Eugene Marais |

Algemene Punte

1. Die reën (dans) en die wind (se asem raak weg) word as ‘n mens voorgestel.

2. Alles wat die suster (reën) in die gedig doen kan met een woord saamgevat word – “dans”

The dance of the rain

Song of the violin player, Jan Konterdans, from Groot Woestyn.

Oh the dance of our sister!

First over the mountaintops she peeps slyly,

And her eyes are shy;

And she laughs softly

And from far she waves with her one hand.

Her bangles shine and her beads glitter;

Softly she calls.

She tells the wind about the dance

And she invites them because the yard is wide and the wedding big.

The big animals chase from the

And gather on the hill top.

They flare their nostrils

And they swallow the wind;

And they bend, to see her fine footprints in the sand.

The small animals deep under the ground hear the dragging of her feet,

And they crawl closer and sing softly

“Our Sister! Our Sister! You have come! You have come!

And her beads are shaking

And her copper rings shine in the disappearing sun.

On her forehead is the fiery plume of a mountain eagle.

She steps from the heights

She spreads her dull skin cloak with both arms

The breath of the wind disappears

Oh, the dance of our sister.

Die dans van die reën

Woordeskat

| |Uit die gedig |Sinonieme |

|1 |O |bly / verheug / opgewonde / gelukkig / wys emosie |

|2 |Suster |Reën |

|3 |Loer sy skelm |Die weerlig is vêr / in ‘n distansie |

|4 |Lag saggies |Die donderweer is vêr / in ‘n distansie |

|5 |van ver af wink sy met die een hand |Die weerlig is vêr / in ‘n distansie |

|6 |Saggies roep sy |Die donderweer is vêr / in ‘n distansie |

|7 |haar oge is skaam |Reën wys net-net / in ‘n distansie / vêr. |

|8 |Loer, wink |Weerlig – vêr |

|9 |Lag, roep |Donderweer |

|10 |Winde |Wie sy vertel van die dans / wie sy uitnooi na die dans toe. |

|11 |Armbande blink, krale skitter |Weerlig – hier |

|12 |Armbande, krale, koperringe |Juwele / Juweliersware |

|13 |Bruilof |Fees / spesiale geleentheid / troue / huwelik |

|14 |Die werf is wyd |Groot area / oop woestyn |

|15 |Grootwild |Groot diere van die woestyn |

|16 |Dam |Die grootwild staan by mekaar / vergader |

|17 |Bulttop |Waar die vergader |

|18 |rek die neusgate / sluk die wind |Reaksie van grootwild oor die reën |

|19 |sluk die wind |Die wind waai sterk |

|20 |Buk |Betoon eerbied / respek / onderdanigheid |

|21 |fyn spore op die sand |Dit reën saggies |

|22 |Kleinvolk |Klein diertjies van die woestyn |

|23 |Diep onder die grond |Waar klein diertjies is |

|24 |Hoor die sleep van haar voete |Hoe kleinvolk weet van die reën |

|25 |Kruip |Betoon eerbied / respek / onderdanigheid |

|26 |Sing saggies |Reaksie van kleinwild oor die reën |

|27 |Krale skud |Donderweer |

|28 |Koperringe blink |Weerlig |

|29 |Berggier |Voël / Berghaan |

|30 |Wegraak van die son |Die son verdwyn / gaan agter die wolke in |

|31 |Vuurpluim van die berggier |Vergelyking met van die wegraak van die son |

|32 |Trap van die hoogte |Die reën kom nou / beweeg, kom nader |

|33 |sprei haar vaal karos met altwee arms uit |Nou begin dit hard te reën / reën orals |

|34 |Karos |Kledingstuk |

|35 |Die asem van die wind raak weg |Personifikasie / menslike eienskap |

|36 |Dans |Een woord waarmee gedig ssamgevat kan word / Personifikasie / menslike eienskap |

Die dans van die reën

(Eugene Marais)

| |Spreker is in gelukkig oor die reën | |Spreker gee die naam van die reën |

|1 |O die dans van ons Suster! |

| | | |Ondeund / geheimsinnig / stout | |

|2 |Eers oor die bergtop loer sy skelm, |

| | |

| | |Sagte dreuning (Donderweer) |

|4 |En sy lag saggies. |

| | |Teken om die woestyndiere voor te berei op haar koms |

|5 |En van ver af wink sy met die een hand; |

| | |Weerlig blits | |

|6 |Haar armbande blink en haar krale skitter; |

| | |Sagte dreuning (Donderweer is nog ver) |

|7 |Saggies roep sy. |

| | |Vertel hulle van die dans, |

|8 |Sy vertel die winde van die dans |

| | |Sy nooi hulle uit na die geleentheid (reën) |

|9 |En sy nooi hulle uit want, die werf is wyd en die bruilof groot. |

| | |

| | |Die groot diere van die woestyn | |

|10 |Die grootwild jaag uit die vlakte, |

| | |

|11 |hulle dam op die bulttop |

| | |Waar hulle bymekaar kom |Om die reën te ruik |

|12 |wyd rek hulle die neusgate |

| | |Proe / Bekke is oop | |Die wind waai nou sterker |

|13 |en hulle sluk die wind; |

| | |Hulle is byna onderdanig | |Dit begin drup |

|14 |en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien. |

| | |

| | |

| | |Die klein woestyndiertjies | |So klink die druppels vir die kleinvolk |

|15 |Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete, |

| | |Kruip on die grond weg is dalk ‘n bietjie bang | |

| | | | |

| | |Kleinvolk byna onderdanig | |So verwelkom die kleinvolk die reën |

|16 |en hulle kruip nader en sing saggies: |

| | |

|17 |“Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!” |

| | |

| | |

| | | | | |Donderweer |

|18 | |En haar krale skud, | |

| | |armbande | |Die son verdwyn / die wolke gaan voor die son |

|19 |en haar koperringe blink in die wegraak van die son. |

| | |Die spreker vergelyk die kleur van die son voor dit reën |

|20 |Op haar voorkop is die vuurpluim van ‘n Berggier; |

| | |Die reën beweeg nader | |Berghaan - voël |

|21 |sy trap van die hoogte; |

| | |Dit begin orals reën | |Vergelyking - hoe die reën uitsak |

|22 |sy sprei haar vaal karos met altwee arms uit; |

| | |Kledingstuk van die Boesmans, kombers | | |

|23 |Die asem van die wind raak weg. |

| | |Vreugde | |Die wind hou op waai voordat dit begin reën |

|24 |O, die dans van ons suster! |

Algemene Punte

3. Die reën (dans) en die wind (se asem raak weg) word as ‘n mens voorgestel.

4. Alles wat die suster (reën) in die gedig doen kan met een woord saamgevat word – “dans”

Vrae

1. Wat is die Suster volgens die gedig? (1)

2. Die herhaling van die “s” klank in reël 1 staan bekend as (assonansie/alliterasie). (1)

3. Watter woord in strofe 1 sê dat die woestyninwoners donderweer gehoor net? (1)

4. Kies die korrekte antwoord en skryf net die nommer en die korrekte nommer neer:

Die woorde wat omgeruil word in reël 2 staan bekend as…

a. enjambement

b. personifikasie

c. asimilasie

d. inversie. (1)

5. “van ver af wink sy met die een hand” beteken dat die inwoners die …. sien

a. grootwild

b. weerlig

c. kleinvolk

d. donderweer. (1)

6. Waarvan vertel die Suster die winde? (1)

7. Noem twee redes hoekom die Suster die winde uitgenooi het? (2)

8. Wie jaag uit die vlaktes om die Suster te verwelkom?

9. Waar het die grootwild bymekaar gekom om die Suster mooi te sien?

10. Watter stelling is korrek?

Die grootwild buk om…

a. die suster te ontmoet.

b. haar die reën op die sand te sien.

c. hulle neusgate wyd te rek.

d. Water te drink (1)

11. Pas die woorde uit Kolom B by die woorde in Kolom A. Skryf slegs die nommer en die letter neer.

|KOLOM A |KOLOM B |

|11.1 |kleinvolk |A |skud |

|11.2 |krale |B |vaal karos |

|11.3 |son |C |trap af van die hoogte |

|11.4 |berggier |D |kruip nader |

|11.5 |suster |E |raak weg |

| | |F |vuurpluim |

12. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

’n Mens vier bruilof (reël 9) as iemand…

a. ’n baba doop.

b. begrawe word.

c. verjaar.

d. trou. (1)

13. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Die berggier (reël 20) is ‘n tipe

a. roofvoël.

b. blom.

c. insek.

d. soogdier (1)

14. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

15. Ons kan uit die woord vuur (reël 20) aflei dat die pluim

a. blou-groen is.

b. rooi-geel is.

c. grys-swart is.

d. pers-pienk is. (1)

16. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Jan Konterdans, wat in die subtitel genoem word, woon…

a. in die stad.

b. in die berge.

c. in die woestyn.

d. by die see. (1)

17. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Die karos wat in reël 22 genoem word, verwys na…

a. golwe.

b. weerlig.

c. reën.

d. wind. (1)

18. Walter tipe musiekinstrument bespeel Jan Konterdans’? (1)

19. Wat doen die kleinvolk om die reën te verwelkom? (1)

20. Waarom rek die grootwild hulle neusgate in reël 12? (1)

21. Wat is die fyn spore wat in reël 14 genoem word? (1)

22. In die eerste strofe kan donderweer gehoor word. Watter twee aparte woorde sal na donderweer verwys in strofe 1? (2)

23. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

In reël 18 waar haar “krale skud” wat ook die donderweer is wat gehoor kan word, is ‘n voorbeeld van …

a. inversie.

b. personifikasie.

c. klanknabootsing.

d. enjambement. (1)

24. Daar is ook sprake van weerlig in die eerste strofe. Haal drie aparte woorde aan wat na die weerlig verwys. (3)

25. Watter woord in strofe 2 dui daarop dat die groot diere naby mekaar op die hoogste duin staan? (1)

26. Waarom het die groot diere gebuk? (1)

27. Die Suster se fyn spore is die eerste druppels reën.

1. Sê of die bogenoemde stelling waar of onwaar is. (1)

2. Gee ‘n rede vir jou antwoord in 27.1. (1)

28. Wat het die kleinvolk onder die grond gehoor wat vir hulle laat weet het dat die Suster gekom het?

29. Hoe het die kleinvolk reageer om te wys dat hulle hulle Suster verwelkom het? (1)

30. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Toe die reën begin val het, het die son

a. verdwyn

b. baie warm geraak

c. geblink

d. ondergegaan (1)

31. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Sy trap af van die hoogte, beteken die reën het

a. ophou val.

b. verbygetrek.

c. begin val.

d. opgehou. (1)

32. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Die vaal karos wat die Suster sprei is die …

a. wind wat waai.

b. son wat sak.

c. reën wat orals val.

d. hael wat val. (1)

33. Wat het van die wind geword?

34. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Die hele gedig is ‘n baie goeie voorbeeld van … omdat die suster / reën die menslike eienskap van dans kry. (1)

a. inversie.

b. personifikasie.

c. metonimia.

d. ‘n vergelyking.

Memorandum

1. Reën. (1)

2. Alliterasie.

3. lag, roep. (1)

4. D. (1)

5. B. (1)

6. van die dans. (1)

7. die werf is wyd en die bruilof groot. (2)

8. die grootwild / groot diere. (1)

9. Op die bultttop. (1)

10. B. (1)

11. …

1. D

2. A

3. E

4. F

5. C (5)

12.

13. 2.9.1.D.

1. A.

2. E.

3. B.

4. C. (5)

14. A (1)

15. B (1)

16. C (1)

17. C (1)

18. Viool (1)

19. Hulle sing saggies(1)

20. Om die reën te ruik / die wind waai sterk.(1)

21. Reën (1)

22. lag, roep. (2)

23. C. (1)

24. wink, blink, skitter. (3)

25. dam. (1)

26. om die haar fyn spore in die sand te sien / om die reëndruppels in die sand te sien. (1)

1. Waar. (1)

2. Dit begin te reën / haar fyn spore is op die sand. (1)

27. die sleep van haar voete. (1)

28. hulle sing saggies. (1)

29. A (1)

30. C (1)

31. C (1)

32. Die wind het ophou waai. (1)

33. B (1)

-----------------------

( is die 6 dinge wat die suster doen in die eerste strofe as deel van die dans

Groot diere doen 2 dinge om die reën te verwelkom

In die strofe wys die groot diere hoe bly hulle is dat dit gaan reën

Die 3 Sintuie – Ruik, Proe en Sien

4KQx‚› îóý $ ) / 3 å

ç

õ

÷

ª

¢£ÅÔã &7]l”»àó0ZhvƒïÛμββββββββ¤Î¼Î Ž}pŽpŽpŽpŽpŽpŽpŽpŽph#MhlçOJ[?]QJ[?]^J[?]!h#MhlçB*OJ[?]QJ[?]Sintuig

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download