Weekverslag - COMDI

Agricultural Markets

24 April 2019

Weekverslag

In hierdie week se verslag gee ek vir jou die nuwe grondvog en NDVI kaarte. Ons kyk ook na die

Euro/Dollar wisselkoers se grafiek en kyk ook na ons mielie grafieke.

Grondvog kaarte

Wat is NDVI?

Die ¡°Normalized difference vegetation index¡± of kort, NDVI, is ¡®n eenvoudige grafiese indikator wat

lewendige groen plantegroei aandui.

Dis is een van die mees suksesvolste pogings om vinnig en maklik die plantegroei areas en ook die kondisie

of gesondheid van hierdie plantegroei aan te dui. Dit bly die bekendste en bes gebruikte indeks vir die

bepaling van die plantegroei gesondheid vir groot areas.

Dus kyk ons hierna om te bepaal hoe goed die plantegroei is daar buite. Alle plante, gesaaides, weiveld en

woud reageer dieselfde op die indeks en dus kan ons met jare bepaal hoe goed of sleg ¡®n betrokke jaar se

oes en ook weiveld moontlik kan wees.

Comdi Agricultural Markets (Pty) Ltd

Reg. No: 2009/017449/07

Tel: +27(0)12 111 0600 | Fax: +27(0)86 624 4290 | Email: info@comdi.co.za | di.co.za

Offices 5101, Block 5, 71 ¨C 79 Steenbok Anenue, Monument Park, 0181 | P.O Box 27055, Monument Park, 0105, Pretoria, South Africa

Directors: MW von Wielligh, RS Cramer, JC van der Merwe, LF Moolman

BVG ¨C Normalized difference vegetation index



Hierdie week word die nuutste NOK se oesskattingsverslag gepubliseer. In die vorige verslag wat 26 Maart

2018 gepubliseer was, het hulle die totale mielie oes op 10 560 710 ton geskat. Dit kom neer op ¡®n

witmielie oes van 5 220 540 ton en 5 340 170 ton vir geelmielies. Ons verwag ¡®n verhoogde skatting vir

hierdie rondte. Comdi skat die oes tussen 10.8 miljoen ton en 11 miljoen ton.

Sien onder die NDVI opdatering. Dit sal jou help sodat jy self ¡®n oesskatting kan maak.

Vrystaat: 4-jr gem opbrengs 4.4 ton/ha WM en 4.41 ton/ha YM

Bo is die NDVI vir die Vrystaat soos op 15 April 2019 links en 23 April 2019 regs.

Die totale produksie vir witmielies in die Vrystaat word in die vorige skatting op 2 535 000 geskat met ¡®n

opbrengs van 3.9 ton/Ha. Die geelmielies word op 1 596 000 ton geskat teen 4.2 ton/ha. Verlede jaar se

opbrengste was 5.2 ton/ha witmielies en 4.7 ton/ha geelmielies. In die opskrif kan die gemiddelde

opbrengste gesien word.

Noordwes: 4-jr gem. opbrengs 3.5 ton/ha WM en 3.56 ton/ha YM

Bo is die NDVI vir Noordwes soos op 15 April 2019 links en 23 April 2019 regs.

Die Noordwes se NOK syfers lyk soos volg. Witmielies 1 248 000 ton teen 3.2 ton/ha en geelmielies 380 000

ton teen 4 ton/ha. Hierdie is seker die moeilikste provinsie om op grond van hierdie data se oes te skat. Die

mielies kan moontlik nog goed reageer op die re?n wat geval het die afgelope twee weke, omdat die oes so

laat daar geplant is.

Mpumalanga: 4-jr gem opbrengs 5.6 ton/ha WM en 5.71 ton/ha YM

Bo is die NDVI vir Mpumalanga soos op 14 April 2019 links en 23 April 2019 regs.

Die NOK skat die witmielies in die vorige skatting op 783 000 ton teen 5.4 ton/ha en die geelmielies op

1 825 200 ton wat ook teen 5.4 ton/ha is.

Tegniese analise

VSA Dollar wisselkoers

Bo is die Euro/Dollar wisselkoers links en die Dollar teenoor 10 vernaamste geldeenhede indeks regs.

Die Dollar verhandel baie sterk, en indien dit die pienk lyne kan breek, gaan daar hernude krag na die VSA

se geldeenheid skuif. Die grootste rede vir die versterking in die Dollar is omdat die VSA se ekonomie van

die min groot stabiele ekonomi? is wat nog groei toon. Die Euro zone se groei syfers het vroeg hierdie week

teleurgestel en BREXIT hang soos ¡®n swaard oor die VK se kop.

Hierdie versterking in die Dollar beteken natuurlik ¡®n swakker Rand. Die swakker Rand gaan ons ingevoerde

produkte duurder maak, waarvan die vernaamste van dit brandstof is. So verwag maar nog ¡®n toename in

brandstof pryse indien die Rand aanhou verswak op die rug van die sterker VSA Dollar.

Safex : Jul 2019 mielie

Bo is die Julie 2019 witmielie grafiek links en die Julie 2019 geelmielie grafiek regs bo.

Sien die geel gekleurde area op die grafiek.

Net voor die geel area het die mark sterk afgekom, en toe begin ondersteuning kry teen die geel gekleurde

areas. Die twee kontrakte gaan toets toe die 9-dag MA lyn, maar kon dit nie regkry om bo die lyn te bly

verhandel nie. Dus het enige ondersteuning wat daar kon gewees het, misluk. Hierdie swakheid hou nou

aan en sien die twee swak verhandelings van die afgelope twee dae.

Ek verwag nog ¡®n laer laag op beide hierdie kontrakte aangesien die stogastiese indikator nou eers weer

terug neig na die oorverkoop vlakke. Dus verwag ek nog swakheid.

Opsomming

Die mark is tans onder druk en die rede vir dit kan die goeie re?nval van die afgelope twee weke wees wat

die oes groter kan maak. Die nuutste oesskatting kom hierdie week uit. Saam met die produksie is die

verbruik van die beskikbare graan ook baie belangrik en ons hou die verskil in pryse tussen die wit-engeelmielie pryse dop om te sien of daar ¡®n kans is dat witmielies in die veevoer mark in kan vloei. Ons

verwag ¡®n oorskakeling wanneer witmielies minder as R100 duurder is as geelmielies. Comdi se eie

oesskatting raak ook groter en staan tans tussen 10.8 miljoen ton en 11 miljoen ton. Tegnies lyk die mielie

grafieke ook nie baie gesond nie, en ¡®n laer laag kan nog verwag word. Hopelik is die dalings van korte duur,

en kan die mark ondersteuning vind, maar ek sien nog nie tekens van dit tans nie.

Sagis uitvoer vordering

UITVOERE

WEEK

TOTAAL

GEELMIELIES

5 028

1 509 342

WITMIELIES

9 805

527 856

Kontak my gerus indien ons kan help met termyn kontrak en opsie verhandeling.

(012) 111 0557 of by info@4ietrading.co.za

Francois Fourie

Geskryf deur Francois Fourie van 4IE Trading, in samewerking met COMDI Agricultural Markets

(Pty) Ltd

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download