Redakteursbrief - Brokkies

j

Kortpad na advertensies

Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Werksgeleenthede Geestelike Pitkos Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe

30 November 2014

1/4 1/4

Redakteursbrief

Die einde van nog 'n jaar kom nou met 'n spoed na ons toe aangejaag. Die moeilikheid is dat ons die tyd omwens om by die rus- en feestyd uit te kom en wanneer dit dan aanbreek, wonder ons later waarom dit ook so vinnig verbygegaan het. Ek wonder soms of ons met al ons gewens dat die volgende lekker ding moet aanbreek nie ook ons lewens te vinnig omwens nie. Verspeel ons nie dalk te veel kanse om die beste van die huidige te maak nie? Maar genoeg leke-filosofie!

Die hoofstorie gaan oor 'n vrou wat haar kunssinnigheid, omgewingsbewustheid en sakesin gekombineer het. Haar produk kan enige vorm aanneem, maar die huidige fokus op die Kerstema was veral vir my opvallend.

Dan nooi ek alle lesers uit om deel te neem aan Brokkies se kort meningsopname om te bepaal wat die top Afrikaanse treffer en sangers van alle tye was. Dink maar wyd aan alle Afrikaanse sangers en sangeresse wat jy al gehoor het.

Ons nader geskenkgeetyd. In 'Skoonheid' word spesiale aanbiedinge geadverteer. Jy wil seker ook begin dink om jou spens voor te berei vir die vakansietyd; onthou om deur die groeiende lys advertensies van Suid-Afrikaanse winkels te kyk. 'n Mens kry altyd iets lekkers daar, soos ek tydens my besoek aan Christchurch by hul winkel herinner is!

Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by . Gebruik die skakel 'Kontak')

________________________________________________________________________________________

Ysbreker: En dit alles oor 'n R10-noot

Ou Van kom laat by die werk aan. Sy baas vra: "Waarom is jy laat Van?"

"Nee meneer, 'n antie het 'n R100 by die bushalte verloor, en dit maak toe lat ek laat is."

Bestuurder: "O, ek sien... en jy het haar gehelp soek?"

S? ou Van: "Nee meneer, ek het op daai R100-noot gestaan tot sy loop!"

Brokkies ? Afrikaanse e-nuusbrief van Nieu-Seeland

30 November 2014

Algemene nuusbrokkies

Terug na bo...

Sy omskep afvalstowwe in unieke kuns - en leer ook mense

Jeanette Bester vertoon die Kersfiguurtjies wat deur haar studente geskep is.

In Hamilton, Nieu-Seeland woon 'n baie kunssinnige, vindingryke vrou wat unieke produkte uit herwinde materiaal skep. Jeanette Bester neem nie net haar produk na markte toe nie; sy lei ook ander op in die fyner kunsies daarvan.

"Ek weet nie wat om dit te noem nie!" lag Jeanette Bester op 'n vraag oor wat 'n mens haar kunsvorm noem. "Fibre sculpting? Upcycling? In Afrikaans dalk Lapherwinningskuns? Die naam het ek nie onder die knie nie; maar ek geniet dit om dit te maak en om mense op te lei. Dis lekker om te sien hoe mense dit aanleer en hul eie unieke werke skep."

"Dit het begin toe my man, Andries, ges? het hy sal my ondersteun indien ek besluit om op te hou werk om my eie ding te doen. Ek wou kreatief wees. Ek het gesien daar is baie handwerk te koop, maar min mense leer ander om dit te doen.

"Oor die jare het ek afgelei dat om jouself in die handwerk-mark te begewe 'n redelik gewaagde stap is. So baie mooi goeters beland op die ou end saam met 'n honderd ander 'gimmicks' in die kas - so ek was aanvanklik versigtig.

"Ek wou graag `n gebruikers- en omgewingsvriendelike kunsvorm maak waarop 'n mens kan trots wees. Die uitdaging wat ek aan myself gestel het, was dat dit gemaak moes word uit produkte wat reeds bestaan, soos katoen t-hemde, polistireen-verpakkings produkte asook goed wat ek by die herwinningsentrum kan vind. Dit sluit in hout, tuinstokkies (wat mens vir die oplei van groente gebruik), om net 'n paar te noem.

"Ek skep allerhande soorte vorms uit lap en gebruik 'n spesiale verhardingsmateriaal om die vorm te behou. Dit is 'n produk wat die lapmateriaal ook weerbestand maak. Ons leef in 'n 'weggooi-era', so ek leer mense ook om nie te mors nie. Ek l? ook klem op die herwinning van water. Al die water wat ek in die skeppingsproses gebruik, word in `n emmer versamel en loop nie in `n drein af nie. Ek gooi dit op my plante want die afval-verhardingsproduk is omgewingsvriendelik.

"Die Nieu-Seelandse verspreider van die verhardingsproduk het my gevra om haar opleier in Hamilton te wees. Ek het die opleiding ondergaan en my akkreditasie gekry. Ek het toe begin adverteer deur na markte te gaan, mense te ontmoet en om die publiek aan my kunsvorm bloot te stel. "My eerste groot kans was toe die mense van die Ngaruawahiakunssentrum my gevra het om klasse aan te bied. Daar was baie belangstelling. Ek het reeds vier lesse aangebied en die dames was baie gelukkig met die eindresultaat.

"Ons nader die Kerstyd, wat my laat rondkyk het na wat mense doen in terme van Kerstemas. Ek het gedink 'n behoefte bestaan vir Kerstonele wat Christus se geboorte uitbeeld, het begin eksperimenteer en my eerste stel figuurtjies by markte uitgestal. Ek leer mense om enige vorm uit die afvalstowwe te maak. Die Kerstema hierbo uitgebeeld is items wat my studente gemaak het nadat ek hulle geleer het hoe om dit te doen. Dis 'n voorbeeld van wat geskep kan word.

"Ek wil ook op mense met spesiale behoeftes (bv verminderde gebruik van hande) konsentreer. Ek wil dan individueel met hulle werk en leer om iets te maak wat stimulerend is vir hulle. Net so hou ek daarvan om ouer mense wat 'n bietjie ge?soleerd voel, 'n kans te gee om ten spyte van artritis in die hande weer kreatief te wees."

Vir meer inligting oor Jeanette Bester se kunsvorm en opleidingsgeleenthede, skryf vir haar by totallyupcycle@

Brokkies ? Afrikaanse e-nuusbrief van Nieu-Seeland

30 November 2014

Afrikaanse sangers oor die jare...wie's die beste?

Soveel dekades, soveel Afrikaanse musiek, soveel sangers, en soveel treffers.

Dit is boeremusiek, liefdesliedjies, opskopgerasies, luisterliedjies, protesliedjies, volksliedjies, komedie; noem maar op. Van die Briels tot Karen Zoid, een ding is seker; ons Afrikaanse musiek weerspie?l die diversiteit van die Afrikaanssprekende en sy musieksmaak.

Sangers het ou volksliedjies bekendgestel of geskep (a la Pieter van der Westhuizen en Randall Wicomb), ander het die stormw?reld van die liefde besing, terwyl party sosiale kommentaar gelewer (bv. Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis).

Sommiges het internasionale treffers heraangebied met 'n nuwe Afrikaanse storie - dikwels om grappies te maak soos wat Leon Schuster gedoen het - terwyl ander met nuutskeppings 'n ernstige stuk geskiedenis opnuut in mense se herinnering geplaas het, soos wat Bok van Blerk met 'De la Rey' gedoen het.

Die luisterliedjiegenre is goed bedien deur sangers soos Laurika Rauch, Jannie du Toit, Koos du Plessis, Coenie de Villiers en Lucas Maree, maar skynbaar is groter gehore getrek deur sangers soos Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis en Theuns Jordaan wat 'n algemeen gewilde styl aanbied.

Bles Bridges het sy getroue ondersteuners uit die hand laat eet met sy eiesoortige liefdesgenre, terwyl boeremusiek allerlei vorms aangeneem het: van die tradisionele Klipwerf Boere-orkes tot Nico Carstens wat altyd ges? het hy speel nie boeremusiek nie, al het mense gedink sy styl neig soontoe.

Ek het op my Facebook-groep 'Afrikaans in Nieu-Seeland' die groeplede gevra om te skryf wie hul top Afrikaanse sanger van alle tye was. Mense het interessante antwoorde gehad, maar nou wil ek graag die meningsopname uitbrei en vir Brokkies-lesers vra wat hulle oor die saak dink.

Wat was die beste Afrikaanse liedjie ooit, en wie was die top sangers?

Neem deel aan Brokkies se 'Top Afrikaanse Treffers en Sangers'-meningsopname

Brokkieslesers word uitgenooi om deel te neem aan ons 'Top Afrikaanse Treffers en Sangers' meningsopname. Besoek die Brokkies-webwerf by en voltooi die kort vraelys. Dit verskyn net bo die Facebook-embleem.

Daar is slegs vier vrae, met 'n addisionele versoek vir jou oorweging:

1.

Wat is volgens jou die top Afrikaanse liedjietreffer van alle tye?

2

Wat is volgens jou die top Afrikaanse MANLIKE sanger of groep van alle tye?

3.

Wat is volgens jou die top Afrikaanse VROULIKE sanger of groep van alle tye?

4.

Het jy enige interessante kommentaar oor Afrikaanse musiek oor die jare heen?

Kom speel saam en help ons om te bepaal wat ons top Afrikaanse liedjie en kunstenaars en/of groepe is.

Brokkies ? Afrikaanse e-nuusbrief van Nieu-Seeland

30 November 2014

Nuwe identiteitsvereistes vir bestuurslisensies geld gou

Die NZ Transport Agency herinner mense wat om nuwe bestuurderslisensies aansoek doen aan veranderings wat volgende week in werking tree rondom die manier hoe 'n mens sy/haar identiteit moet bewys. Hierdie veranderings val saam met 'n ander verandering; die nuwe 5-jaar limiet vir nuwe leerling- en beperkte motor- en motorfiets bestuurderslisensies, as deel van wysigings aan die 'Land Transport (Driver Licensing) Rule'. Vanaf Maandag 1 Desember moet mense wat aansoek doen om 'n nuwe bestuurderslisensie 'n identiteitsdokument aanbied wat 'n foto van die aansoeker insluit, of 'n onlangse foto wat deur 'n 'identity referee' (soortgelyk as die proses vir nuwe paspoort-aansoeke) geverifieer is. Die huidige stelsel laat mense toe om twee dokumente sonder foto's vir identiteitsdoeleindes aan te bied wanneer hulle vir 'n nuwe bestuurderslisensie aansoek doen. Dit sal egter nie meer moontlik wees in die nuwe bedeling nie. Terwyl die prim?re doel van die foto-bestuurderslisensie is om die identiteit van 'n bestuurder langs die pad te bepaal, word bestuurderslisensies ook wyd algemeen aanvaar vir ander doeleindes. Die nuwe vereistes is ook daarop gemik om die risiko te verlaag dat bestuurderslisensies op onregmatige maniere bekom word. Meer besonderhede is beskikbaar by

Advertensie vir 'eenhoring' trek groot belangstelling

Netwerk 24 berig dat groot belangstelling heers om 'n Skiereilandse eenhoring by sy teler te koop. Di? pragtige hings, genaamd Electra, "vereis baie aandag", maar 'n mens kan tot nege maande wag om R999900 te betaal vir een van sy afstammelinge. D?t was ook nuus vir sy "eienaar", Nick Armstrong van Houtbaai toe hy oorval is met oproepe. Mense wou meer weet oor die eenhoring wat hy op Gumtree geadverteer het.

"Dit was net 'n lekker grap," was sy antwoord toe Die Burger hom bel. Wendy van Heerden, 'n vriendin, het vertel dat Armstrong gereeld ander mense met grappe uitvang, en "di? keer was dit sy beurt om uitgevang te word".

Sy het die advertensie geplaas en sy kontakbesonderhede bygevoeg, en nie verwag mense sou dit ernstig opneem nie.

Armstrong het ges?: "Een vrou wou tong in die kies weet of hy registrasiedokumente het, of daar foto's van die ouers is en of haar merrie met my hings kan teel. Daar was selfs 'n kind wat di? mitiese perd vir Kersfees wou h?."

Brokkies ? Afrikaanse e-nuusbrief van Nieu-Seeland

30 November 2014

Reeks: Kiwi-eerstes (Deel 29)

Afdeling: Prestasies in die w?reld van wetenskap

(Uittreksels uit `Great Kiwi Firsts', deur Astral Sligo ? Alle & Unwin 2012)

Die uittreksels uit hierdie boek se afdeling oor Kiwi's se 'Eerste treetjies' word nou opgevolg met `W?reld van wetenskap'.

Colin Murdoch (1929 - 2008)

Sir David Attenborough, die bekende televisie-aanbieder van programme oor die natuur, bring die kyker dikwels tot digby wilde diere. Een van die redes dat hy en veeartse die w?reld oor die diere 'so naby kan bring', is Colin Murdock se ontwerp van die verdowingspylgeweer in 1959. Hierdie ontwikkeling het mense in staat gestel om tot by wilde, gevaarlike diere te beweeg en fisiek met hulle te werk.

Maar, voor hierdie innovasie het Murdock iets anders onwerp wat regoor die w?reld vir miljoene mense van mediese waarde sou word: die weggooibare spuit. Daar word beraam dat daar regoor die w?reld jaarliks 16 miljard daarvan gebruik word. Iemand anders, Alexander Wood, het nou wel die glas weergawe van die spuit voor sy weggooibare weergawe ontwerp, maar ten spyte daarvan dat 'n streng gebruik rondom sterilisasie van gebruikte spuite in plek was, het gesondheidspraktisyns gereeld infeksies van pasi?nt tot pasi?nt waargeneem. Dit het Murdoch laat besluit om die weggooibare spuit te ontwikkel.

Murdoch het sy ontwerp aan die Nieu-Seelandse gesondheidsdepartement voorgehou, maar hy was verras deur hul negatiewe ontvangs daarvan. Hulle het gemeen dit sal nie deur dokters en pasi?nte aanvaar word nie omdat plastiekspuite te 'futuristies' voorkom! Hierdie onverwagse reaksie het daartoe gelei dat die ontwikkelking en verspreiding van die produk vir 'n paar jaar gekortwiek is.

Uiteindelik het hy genoeg geld bymekaargehark om die patent hierop uit te neem. (Hy sou uiteindelik 46 patente ontwerp en registreer!) Hy het onder andere ook die 'kindbestande' botteldeksel en die stil diefalarm ontwikkel.

Sy werk aan die verdowingspylgeweer was die gevolg van sy werk, saam met ander, om die gesondheid van die tahrbevolking in sommige Nieu-Seelandse berge te monitor.

Hy het oor die jare heen ervaar hoe tallose maatskappye sy uitvindings naboots, maar hy het hulle nooit vervolg nie en in die proses nooit ryk geword nie. Hy het nietemin in 1976 by die World Inventions Fair in Brussels drie goue medaljes verower, is deur die Nieu-Seelandse 'Design Council' vereer en is in 1999 in Time magazine se lys van die '100 most influencial people of the South Pacific' opgeneem.

Hierdie beskeie Nieu-Seelander, wat disleksies was, het die rype ouderdom van 79 bereik. Hy het vir die laaste 17 jaar van sy lewe sonder sig in een oog geleef, nadat kanker die oog ge?is het.

Brokkies ? Afrikaanse e-nuusbrief van Nieu-Seeland

30 November 2014

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download