Afrikaans L2 JS Syllabus 2016

Republic of Namibia

MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE

JUNIOR SECONDARY PHASE

AFRIKAANS SECOND LANGUAGE SYLLABUS

GRADES 8 AND 9

For implementation: Grade 8 in 2017 and Grade 9 in 2018

Ministry of Education, Arts and Culture National Institute for Educational Development (NIED) Private Bag 2034 Okahandja Namibia

? Copyright NIED, Ministry of Education, Arts and Culture 2015

Afrikaans Second Language Syllabus Grades 8 and 9

ISBN: 99916-52-52-3

Printed by NIED Website:

Publication date: 2015

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 8 and 9, NIED 2015

INHOUDSOPGAWE

1

Inleiding ..............................................................................................................................

1

2

Rasionaal .............................................................................................................................

1

3

Doelstellings ........................................................................................................................

1

4

Inklusiewe onderrig ............................................................................................................

1

5

Skakeling met ander vakke en interkurrikul?re kwessies .................................................... 2

6

Onderrig-leer-benadering ....................................................................................................

3

7

Vaardighede aan die einde van die fase...............................................................................

4

8

Samevatting van die leerinhoud .........................................................................................

5

9

Leerinhoud .........................................................................................................................

6

10 Assessering.......................................................................................................................... 13

10.1 Deurlopende assessering...................................................................................................... 13

10.2 Formatiewe en summatiewe assessering ............................................................................. 13

10.3 Informele en formele metodes.............................................................................................. 13

10.4 Evaluering............................................................................................................................ 14

10.5 Kriteria-gerigte assessering ................................................................................................. 14

10.6 Graadomskrywings............................................................................................................... 14

10.7 Uitvoer en byhou van assessering........................................................................................ 14

10.8 Assesseringsdoelstellings..................................................................................................... 14

10.9 Deurlopende assessering: Verdere riglyne ......................................................................... 15

10.10 Jaareindeksamen................................................................................................................... 17

10.11 Promosiepunt........................................................................................................................ 19

11 Woordelys............................................................................................................................. 20

Bylaes:

Bylae A: Merkskema: Praatvaardigheid

Bylae B, C & D: Merkskema: Deurlopende Skryfwerk

Bylae E: Deurlopende Assesseringspuntelys

1

Inleiding

Hierdie sillabus beskryf die leeruitkomste en assessering van Afrikaans Tweede Taal in die Junior Sekond?re fase (graad 8 en 9). As vak hoort Tweede Taal tot die linguistiese en geletterdheidsleerarea in die kurrikulum, maar het tematiese skakels met ander vakke in die kurrikulum.

2

Rasionaal

Taal is die belangrikste sleutel tot suksesvolle leer. Geletterdheid en kommunikasie word beskou as inherent deel van menslike ontwikkeling en l? die basis vir lewenslange leer.

Tweedetaalonderrig verskil van eerstetaalonderrig in die opsig dat dit onderrig word aan leerders vir wie die taal nie 'n moedertaal is nie. Terwyl die moedertaal as basis dien vir emosionele ontwikkeling en 'n sterk band verskaf met die spreker se herkoms en kultuur, kan die studie van 'n tweede taal help om persoonlike groei te stimuleer en help met die ontwikkeling van 'n wye algemene kennis, gesindhede, kritiese vaardighede, morele waardes en estetiese aanvoeling. Die leerder moet in staat gestel word om gedagtes, idees, ervaringe en waardes met vertroue uit te druk in die tweede taal en om die mas op te kom met die eise van 'n taal wat nie sy/haar moedertaal is nie. Eerstetaalsprekers daarenteen kan meer komplekse taalstrukture gebruik en het 'n fyner aanvoeling vir die taaleie idioom asook die intrinsieke waarde van liter?re werke.

3

Doelstellings

Die oorkoepelende doelstelling met die onderrig van Afrikaans Tweede Taal is die ontwikkeling van die kommunikatiewe vaardighede van die leerders, ter wille van betekenisvolle interaksie in 'n multi-kulturele en meertalige gemeenskap.

Die doelstellings met die onderrig van Afrikaans Tweede Taal in hierdie fase is om:

positiewe gesindhede en waardering vir Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde te ontwikkel vaardigheid in die gebruik van die taal te ontwikkel sodat leerders skriftelik en mondelings suksesvol

kan kommunikeer kreatiwiteit te ontwikkel sodat leerders dit wat hulle waarneem, weet, dink en voel duidelik, korrek en

samehangend kan formuleer leerders te help om selfvertroue te ontwikkel, asook 'n beter begrip van die w?reld waarin hulle leef kritiese denke te ontwikkel

4

Inklusiewe onderrig

Inklusiewe onderwys is die reg van elke leerder en bevorder toegang tot en deelname aan alle opvoedkundige programme en dienste wat in die onderwyssisteem beskikbaar is. Dit is gebaseer op die beginsel van ondersteuning van die diversiteit onder leerders en het ten doel om soveel as moontlik leerhindernisse te verwyder. Die tweedetaalonderwyser in die Junior Sekond?re fase moet daarom alle leerders met spesiale leerbehoeftes probeer akkommodeer deur hierdie sillabus aan te pas by die behoeftes van die leerders. Dit kan gedoen word onderrigmetodes en -materiaal aan te pas soos aangedui in die Curriculum Framework for Inclusive Education: A supplement to the National Curriculum for Basic Education (2014). Die aanpassing van assessering van leerders met spesiale leerbehoeftes moet gedoen word volgens die riglyne wat vervat is in die handbook for Centres (2012) wat beskikbaar is by die Directorate of national Examinations and Assessment (DNEA). Die voorskrifte in hierdie handboek is nie net bedoel vir eksterne eksamens nie, maar is van toepassing op alle leerders van graad 1 tot 12.

Leerders met gestremdhede wat van so 'n aard is dat hulle glad nie kan baat by hoofstroomonderwys nie, sal volgens hulle behoeftes geakkommodeer word in eenhede wat leer ondersteun of spesiale skole totdat hulle by 'n hoofstroomskool kan inskakel, indien dit moontlik is.

1

Afrikaans Second Language Syllabus Gr 8 and 9, NIED 2015

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download