WordPress.com



TUISKATEGESE

GRAAD EEN

KOM ONS LEES DIE BYBEL

(37 WEKE)

My naam: ______________________________________________________________

My woonadres: _________________________________________________________

My ouers/voogde se name: _______________________________________________

My ouers/voogde se tel nr: _______________________________________________

RIGLYNE VIR OUERS/VOOGDE:

1. Doen asseblief NET EEN les per week met u kind. U HOEF NIE ELKE WEEK ‘N NUWE LES TE DOEN NIE. Doen die les op ‘n gemaklike manier sonder om te jaag, sodat u kind dit kan geniet.

2. U kan die hele week gebruik om die waarhede van die les met u kind te bespreek en in te skerp.

3. Dit is goed om die Bybel tydens die les byderhand te hou sodat u kind op ‘n natuurlike wyse gewoond raak aan Bybellees.

4. Lees die aangeduide verse vir u kind op ‘n manier sodat hy/sy sal verstaan. ‘n Goeie “kinderbybel” vir laerskoolkinders om te gebruik, is DIE BYBEL VIR KINDERS, deur Stephan Joubert.

5. U taak sal vergemaklik word as u self vooraf die les deurwerk en sal bid vir die leiding van die Heilige Gees.

Kopiereg op die Tuiskategese Reeks: Jan Vermeulen.

WEEK EEN

JESUS SE OUERS MOES NA BETLEHEM REIS. JESUS IS TOE IN BETLEHEM GEBORE. LEES DIE VERHAAL IN LUKAS 2:1-6 EN KLEUR DIE PRENT MOOI IN.

[pic]

WEEK TWEE

JESUS SE EERSTE BEDJIE WAS ‘N KRIP. LEES IN LUKAS 2:7 EN KLEUR DIE PRENT MOOI IN.

[pic]

WEEK DRIE

Van jongs af het Jesus gereeld kerk toe gegaan. By die kerk het hy selfs vir die grootmense van God geleer vertel. Lees Lukas 2:42-52 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK VIER

Jesus was al ‘n groot man toe sy vriend, Johannes die Doper, Hom in die Jordaan rivier gedoop het. Lees daarvan in Matteus 3:13-17 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK VYF

Jesus het mense geroep om sy vriende te word. Die vriende word Jesus se dissipels genoem. Lees Matteus 4:18-22 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK SES

Jesus het die mense elke dag van God se liefde vertel. Duisende mense het na Hom kom luister. Lees Matteus 5:1-12 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK SEWE

‘n Belangrike les wat Jesus vir ons geleer het, is dat ons alle mense moet liefhê omdat God vir ons liefhet, en dat ons mense wat swaarkry moet help. Lees Lukas 10:25-37 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK AGT

Jesus het by ‘n troue water in wyn verander. Dit was die eerste wonderwerk wat Hy gedoen het. Lees Johannes 2:1-12 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK NEGE

Op ‘n dag het Jesus ‘n verlamde man gesond gemaak. Vir die eerste keer in sy lewe kon die man loop. Lees Lukas 5:17-22 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK TIEN

Jesus het klei aangemaak met sy eie spoeg. Toe Hy dit aan ‘n blinde man se oë smeer, kon die man sien. Lees Johannes 9:1-7 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK ELF

Jesus het ‘n dogtertjie wat dood was weer lewendig gemaak. Dink net wat kan Hy alles vir jou doen. Lees in Lukas 8:49-56 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK TWAALF

Jesus se dissipels was op hulle bootjie in die stormsee. Toe loop Jesus op die see nader om hulle te red. Jesus kan jou ook enige tyd help. Lees Matteus 14:22-33 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK DERTIEN

Die mense van die kerk was jaloers op Jesus. Hulle besluit toe om Hom te laat doodmaak. Lees Matteus 27:1-2 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK VEERTIEN

Jesus is saam met twee rowers aan ‘n houtkruis met spykers vasgekap, al het Hy niks verkeerd gedoen nie. Lees in Matteus 27 wat gebeur het en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK VYFTIEN

Jesus het aan die houtkruis gesterf. Sy dissipels het Hom begrawe. Maar na drie dae het hy weer lewendig geword. Jesus het uit die graf opgestaan en al sy vriende was baie bly daaroor. Lees in Matteus 28 wat gebeur het en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK SESTIEN

Jesus het na veertig dae op ‘n wolk opgevaar hemel toe. Maar Hy het belowe eendag kom Hy weer terug om ons almal te kom haal. Intussen stuur Hy die Heilige Gees om by ons te kom bly. Lees in Handelinge 1:1-11 en kleur die prent mooi in.

[pic]

WEEK SEWENTIEN

KOM ONS LEER NOU ‘N PAAR BELANGRIKE WOORDE IN DIE BYBEL

DIE EERSTE BELANGRIKE WOORD IN DIE BYBEL IS:

[pic]

Kleur elke letter van die woord ‘n ander kleur in.

Probeer die woord self oor skryf: ………………………………………………..

Vir die ouer(s): Lees vir u kind Johannes 3:16. Lê klem op die gedagte dat God die Wêreld liefhet, dit beteken al die mense in die wêreld. Help hulle dan om die regte antwoorde te kies (onthou, al drie antwoorde is ja).

Kies die regte antwoord. Trek ‘n kringetjie om die regte antwoord:

God is lief vir alle mense JA NEE

God is lief vir soet kinders JA NEE

God is lief vir stout kinders JA NEE

Dit beteken God is Lief vir ……………………………... (skryf jou eie naam hier in).

Knip ‘n hartjie uit enige mooi gekleurde papier en plak dit in die blokkie. Skryf jou naam en God se naam in die hartjie.

WEEK AGTTIEN

OMDAT GOD ONS ALMAL LIEFHET, WIL HY Hê DAT ONS OOK ALLE MENSE MOET LIEFHê

Vir die ouer(s): Lees vir u kind Johannes 15:12. Help hulle dan met die antwoorde op die vrae.

Skryf die name van ‘n paar mense neer vir wie jy reeds lief is: …………………………………………………………………………………………………………….

………………………………………………………………………………………………………………...

Vir die ouer(s): Verduidelik vir jou kind: Dit is partykeer moeilik om lief te wees vir mense wat jou seermaak of lelik is met jou. God wil hê ons moet probeer om vir hulle ook lief te wees, al hoef ons nie maatjies met hulle te wees nie. Liefde beteken dat ons omgee vir mense wat honger of bang of hartseer is. Liefde beteken ook dat ons niks sal doen om ander mense ongelukkig te maak nie.

Soek ‘n prentjie wat wys hoe mense vir mekaar omgee, knip dit uit en plak dit hier in. Of teken sommer jou eie prentjie:

As jy wil, kan jy nou of vanaand bid: “Liewe Jesus, help my asseblief om die mense wat lelik is met my ook lief te hê.”

WEEK NEGENTIEN

DIE TWEEDE BELANGRIKE WOORD IN DIE BYBEL IS:

[pic]

Kleur elke letter van die woord ‘n ander kleur in.

Probeer die woord self oor skryf: ………………………………………………..

Wat beteken die woord: Vir die ouer(s): Lees vir u kind die samestelling van Klaagl 3:31-33 en Ef 2: 3-5 “God het ons baie lief. Daarom wil Hy ons nie straf nie, al was ons baie stout. So wys Hy vir ons hoe goed is Hy vir ons, al verdien ons dit nie. Hy belowe ook dat Hy ons altyd sal help, al gaan dit partykeer baie sleg met ons. Dit is wat genade is.”

Skryf self Ja of Nee by elkeen van die vrae: (Die antwoorde is: nee, nee, ja, ja).

Bly God vir altyd kwaad as ons stout was? ___________

Is God net vir soet kinders goed? ___________

Help God ons altyd as ons hulp vra? ___________

Gee God altyd vir ons wat ons nodig het? ___________

Vir die ouer(s): Vertel vir u kind dat genade nie beteken dat God altyd vir ons alles gee wat ons wil hê nie, maar Hy gee vir ons alles wat ons nodig het, al was ons nie altyd soet nie.

Teken in sirkel 1 ‘n gesig wat hartseer is en in sirkel 2 ‘n gesig wat bly is.

1. 2.

Al is ek stout of hartseer …………………………… God is altyd goed vir my

WEEK TWINTIG

GOD IS GOED IS VIR ONS ALMAL. ONS MOET OOK VIR ANDER MENSE GOED WEES

Vir die ouer(s): Lees vir u kind 2 Kor 1:3-4 “God gee sommer baie om vir ons. Elke keer wanneer ons swaar kry, help Hy ons. Daarom kan ons ook ander mense help as hulle swaar kry. Ons kan hulle op dieselfde manier help as wat God ons help.”

Verduidelik vir jou kind: Ons moet goed wees vir alle mense, want God is goed vir ons. Dit is partykeer moeilik om goed te wees vir vreemde mense of mense wat jou seermaak of lelik is met jou. God wil hê ons moet probeer om vir hulle ook goed te wees. Ons kan hulle help, ons kan vriendelik met hulle wees, ons kan bid vir hulle. Dit is mos wat genade beteken.

Plak of teken ‘n prentjie in elkeen van die blokke. En onthou, ons moet vir hulle almal goed wees. Dit is wat genade beteken.

Iemand van wie jy baie hou Iemand wat jy nie ken nie

Iemand wat arm is Iemand wat wreed lyk

WEEK EEN EN TWINTIG

DIE DERDE BELANGRIKE WOORD IN DIE BYBEL IS:

[pic]

Kleur elke letter van die woord ‘n ander kleur in.

Probeer die woord self skryf: ………………………………………………..

Vir die ouer(s): Lees vir u kind die saamgestelde verse van 1 Joh 1:5-9 en help hulle dan om die vrae te beantwoord: “Ons almal is partykeer stout en doen lelike dinge. Wil God ons daarvoor straf? Moet ons nou bang wees vir God? Nee. Ons is mos baie jammer wanneer ons sulke dinge doen. En God het ons mos baie lief. Hy vergewe ons enige iets wat ons gedoen het. Dan dink Hy nie eens meer aan die lelike dinge wat ons gedoen het nie.”

Skryf self Ja of Nee by elkeen van die vrae: (Die antw is ja,ja,ja).

Vergewe God my as ek gejok het? ___________

Vergewe God my as ek gesteel het? ___________

Vergewe God my as ek lelik gepraat het? ___________

Onthou, God vergewe my, want iemand is klaar in my plek gestraf. En sy naam is Jesus. Skryf Jesus se naam in op die dwarsbalk van die kruis sodat jy vir altyd kan onthou dat Hy klaar in jou plek gestraf is.

WEEK TWEE EN TWINTIG

GOD VERGEWE MY. DAAROM WIL HY Hê DAT EK MOET OPHOU OM DIE LELIKE DINGE TE DOEN

Vir die ouer(s): Vertel vir u kind van die vrou in Joh 8 wat baie lelike dinge gedoen het. Toe wil die mense haar straf, maar Jesus het hulle gekeer. Hy het gesê: “Mevrou, ek vergewe jou. Maar nou moet jy asseblief nie weer die lelike dinge doen wat God se hart ongelukkig sal maak nie.”

Help jou kind dan om die regte woorde in die spasies te skryf:

God het my baie ________. Hy vergewe my vir alles.

Dit maak my baie ________.

Nou wil ek niks doen wat God _______________ maak nie.

Wat kan ek doen om God te maak? Vir die ouer(s): Lees vir jou kind Kol 3:12-15

Ek moet mense wat lelik is met my v______________ . Dit beteken ek moenie kwaad bly vir iemand wat lelik was met my nie. En ek moenie iemand terug seermaak nie. Ek moet eerder probeer vrede maak.

WEEK DRIE EN TWINTIG

DIE VIERDE BELANGRIKE WOORD IN DIE BYBEL IS:

[pic]

Kleur elke letter van die woord ‘n ander kleur in.

Probeer die woord self oor skryf: ………………………………………………..

Vir die ouer(s): Lees vir jou kind hierdie saamgestelde verse in Kol 3:14-17 “Onthou om vir God dankie te sê vir alles wat Hy vir julle gee. Sê ook vir God dankie dat Jesus in jou plek gestraf is. Sê vir God dankie dat Hy jou vergewe het.”

Hoe kan mens vir God wys dat jy dankbaar is vir al die goeie dinge wat Hy vir jou doen: (Help jou kind om die antwoorde wat by die prentjies pas self in te skryf)

Ek kan gereeld __________ [pic]

Ek kan gereeld my Bybel ____________ [pic]

Ek kan mense van God se liefde ____________ [pic]

Ek kan geniet om ___________ toe te gaan [pic]

Ek kan mense wat swaarkry, ___________ [pic]

WEEK VIER EN TWINTIG

DIE VYFDE BELANGRIKE WOORD IN DIE BYBEL IS:

[pic]

Kleur elke letter van die woord ‘n ander kleur in.

Probeer die woord self oor skryf: Vir …………………………………………..

Dit is mos nie mooi om beloftes te maak en dit nie na te kom nie, nê. Wel, as God vir jou iets belowe, sal Hy altyd doen wat Hy belowe. God jok mos nooit en God doen nooit halwe werk nie. Kom ons lees van God se groot beloftes wat vir altyd en altyd waar sal wees.

Vir die ouer(s): Lees vir jou kind Ps 136:1, Jes 49:14-16, Mat 28:20, Joh 10:28, Joh 14:2-3 en help dan jou kind om die regte woorde in te vul. Lees dit vir jou kind en gesels met hom/haar daaroor.

“God sal jou vir altyd en altyd _____hê. God sal jou naam vir altyd en altyd ont_____. God sal vir altyd en altyd by jou w_____s. God sal jou vir altyd en altyd styf _____hou. Jy sal eendag vir altyd en altyd by God gaan ______.”

Jy kan elke aand die week bid: “Dankie Jesus, dat U vir altyd en altyd by my is.”

WEEK VYF EN TWINTIG

Kom ons kyk wat het jy alles al geleer:

Skryf die 5 belangrike woorde in die Bybel weer neer:

1. ______________ 2. ______________

3. ______________ 4. ______________

5. ______________

Is God lief vir soet en stout kinders? __________

Wil God ons straf as ons stout is? __________

Wie is in ons plek gestraf?

As iemand lelik was met my, moet ek hom of haar V___________ God sal my n___t vergeet nie.

God sal my _________ liefhê.

Om dankie te sê, kan ek mense V________l van [pic]

God se liefde.

WEEK SES EN TWINTIG

Voltooi die prentjie soos jy dink dit moet lyk:

Dink aan wat Jesus vir jou gedoen het omdat God jou liefhet. Dink aan enige iets wat jy by die prentjie kan byteken of byskryf. En dan kleur jy alles in [pic] [pic]

WEEK SEWE EN TWINTIG

KOM ONS BID

Wat gebeur wanneer ons bid?

Psalm 116:1 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.

Skommel die letters om die regte woord te vorm. Skryf dan die woord in die spasie.

Teken ‘n prentjie of plak ‘n prentjie van iemand wat bid in die spasie:

WEEK AGT EN TWINTIG

KOM ONS BID

Wanneer mag ons bid?

Skommel die letters om die regte woord te vorm. Skryf dan die woord in die spasie.

1 Tes 5:17 Wees altyd bly. Bid gedurig.

Ons mag regtig enige tyd bid. Maar watter tyd is vir jou die lekkerste tyd om te bid? Teken in elke sirkel ‘n horlosie. Laat die wysers in elkeen wys hoe laat jy die graagste bid:

12 12

9 3 9 3

6 6

WEEK NEGE EN TWINTIG

KOM ONS BID

Wat mag ons bid?

Skommel die letters om die regte woord te vorm. Skryf dan die woord in die spasie.

Joh 15:7 As julle in My bly en My woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

Mat 6: 34 Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Teken in die blok ‘n paar goeie dinge wat jy graag van die Here wil vra. Jy kan ook prente inplak van goeie ding wat jy graag van die Here wil vra:

WEEK DERTIG

KOM ONS BID

Moet ons lank of kort bid?

Mat 6:7-8 Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.

Skommel die letters om die regte woord te vorm. Skryf dan die woord in die spasie.

Probeer nou om jou eie KORT gebed in die kring hier onder te skryf:

WEEK 14

WEEK EEN EN DERTIG

KOM ONS BID

Kom ons bid nou ons eie woorde:

Nou kan begin om te bid. Jy kan bid net wanneer jy reg voel. Jy kan soveel keer bid as wat jy graag wil. Jy kan bid wanneer jy alleen is, of as pappa of mamma by jou is. Jy kan ook bid as ouma of oupa of ‘n maatjie by jou is.

Hier is dinge waarvoor jy kan bid. As jy wil, kan jy in die blokke skryf wat jy gebid het.

Bid om dankie te sê vir die Here. Waarvoor wil jy graag dankie sê?

Bid vir iemand wat siek is. Vir wie wil jy bid?

Bid vir iemand wat hartseer is.

Bid vir jouself. Vra vir die Here om jou met iets te help.

WEEK TWEE EN DERTIG

KOM ONS LEES VERDER IN DIE BYBEL

Die Bybel sê dat ons soos ’n nuwe mens moet word. Dit is mos lekker om nuwe skoene of nuwe klere of nuwe speelgoed te kry. Net so is dit vir ander mense lekker as ons soos ’n nuwe mens word. Hoe word ek ’n nuwe mens? Lees in die Bybel en skryf die woorde in wat uitgelaat is:

2Kor 5:17 Iemand wat aan ________ behoort, is 'n _______ mens. Dit alles is die werk van ___ _.

TEKEN ’N MOOI HARTJIE EN SKRYF JESUS SE NAAM DAAR IN.

WANNEER JESUS IN MY HART KOM BLY, HELP HY MY OM ALTYD ’N NUWE MENS TE WEES.

Trek ’n kring om elke woord wat sê hoe ’n nuwe mens lyk. krap elke woord uit hoe ’n nuwe mens nie is nie:

Vriendelik Altyd Nors Bid graag

Help mense Haat ander mense Skelm

Eerlik Lief vir Jesus Glo in Jesus

WEEK DRIE EN DERTIG

KOM ONS LEES VERDER IN DIE BYBEL

Die Bybel leer ons dat God ons altyd sal troos wanneer ons baie hartseer is. Lees in die Bybel en skryf die woorde wat uitgelaat is in:

Matteus 5:4 __________ is die wat treur, want hulle sal ver ________ .

DINK AAN ’N KEER TOE JY BAIE HARTSEER WAS:

Het jou ouers jou getroos?

Het jou vriende jou getroos?

Wie anders het jou getroos?

Op ’n dag was Jesus ook baie hartseer. Een van sy beste vriende het doodgegaan. Toe Jesus by sy vriend se graf kom, het Jesus baie gehuil. As jy hartseer is, weet Jesus hoe dit voel, want Hy was ook hartseer. Daarom weet Jesus ook hoe om jou te troos. Voltooi nou die volgende sin:

Jesus het gekom om ons ______ af te _______.

(rtena) (dorgo)

WEEK VIER EN DERTIG

KOM ONS LEES VERDER IN DIE BYBEL

Die Bybel is ’n boek wat ons leer dat ons kan WEET ons gaan hemel toe. Lees in die Bybel en skryf die woorde in wat uitgelaat is:

1 Johannes 5:13: Hierdie brief skryf ek vir julle sodat julle kan ....... dat julle die ewige lewe het, julle wat in glo.

Watter een van die volgende sinne is die waarheid. Merk die regte een met ’n regmerkie en die een wat verkeerd is met ’n kruisie:

Die Bybel sê God se kinders gaan MISKIEN hemel toe

Die Bybel sê God se kinders gaan BESLIS hemel toe

Hoe dink jy hoe lyk dit in die hemel?

Soek ’n prentjie van hoe jy dink dit in die hemel lyk en plak dit hier, of teken self ’n prentjie.

WEEK VYF EN DERTIG

KOM ONS LEES VERDER IN DIE BYBEL

Die Bybel leer ons HOE ons hemel toe kan gaan. Lees in die Bybel en skryf die woorde in wat uitgelaat is:

Efesiërs 2:6 Jesus ....... vir ons elkeen ’n plek in die hemel.

Watter een van die volgende sinne is die waarheid? Merk die regte sinne met ’n regmerkie en die verkeerdes met ’n kruisie:

Die Bybel sê God se kinders moet HARD WERK

om in die hemel te kom.

Die Bybel sê God se kinders kry ’n plek

in die hemel soos ‘n GESKENK

Die Bybel sê net God se SOET KINDERS

gaan hemel toe

Die Bybel sê God se STOUT KINDERS

mag ook hemel toe gaan

Voltooi die woorde, dan bid jy die sin elke dag van hierdie week: Da...kie Jesus dat U lief is vir soet én st....t kinders. H....lp my asseblief om elke dag vir U ook L.....f te wees.

WEEK SES EN DERTIG

KOM ONS LEES VERDER IN DIE BYBEL

Die Bybel leer ons dat God ons goed ken. Lees in die Bybel en skryf die woorde in wat uitgelaat is:

Die Here sê hy ken jou so goed, Hy weet selfs hoeveel hare daar op jou kop is! Weet jy presies hoeveel hare is daar op jou kop? Skryf JA of NEE

Dit beteken die Here ken jou beter as wat jy jouself ken.

Ken jy iemand wat BAIE hare op die kop het.

Skryf sy/haar naam:

Ken jy iemand wat MIN hare op die kop het.

Skryf sy/haar naam:

Ken jy iemand wat NIKS hare op die kop het.

Skryf sy/haar naam:

Vra vir jou pappa of mamma om ’n klein bietjie van jou hare af te sny, dan plak jy die hare in die blokkie. Kyk of jy kan tel hoeveel hare dit is:

As die Here presies weet hoeveel hare daar op jou kop is, dan weet Hy ook presies wat jy nodig het. Hy weet presies waarvoor jy bang is. Hy weet presies wat jou bly maak. En daarom kan Hy elke dag vir jou sorg.

WEEK SEWE EN DERTIG

KOM ONS LEES VERDER IN DIE BYBEL

HIERDIE LAASTE WEEK SKRYF ONS ELKE DAG SELF ’N HELE VERS UIT DIE BYBEL NEER. KIES SELF WATTER VERSE VIR JOU MOOI IS EN SKRYF DAN BY ELKE DAG DIE HELE VERS NEER:

SONDAG:

MAANDAG:

DINSDAG:

WOENSDAG:

DONDERDAG:

VRYDAG:

SATERDAG:

-----------------------

As ons bid, (rapta) ____________ ons met die Here.

As ons met die Here praat, (roho) ___________ Hy ons.

Ons mag (egine) ___________ tyd bid. Ons sal nooit die Here (lpa) _____ nie. Ons mag bid voor ons (ete) ____. Ons mag bid as ons (ngab) ______ is. Ons mag bid as ons (lby) ____ is. Ons mag bid as ons iets (ndoig) _________ het. Ons mag vir (adrne) _________ mense ook bid.

Wanneer ons bid, mag ons vir die Here (egine)___________ iets vra wat ons (ndoig) _________ het. Die Here sal vir ons net (geioe) __________ dinge gee as ons bid.

Party mense dink hulle moet (lkna) ________ bid. Hulle dink as hulle baie (werodo) ___________ gebruik, sal die Here luister. Jesus sê ons kan maar (krto) _______ bid, want God weet wat ons (ndogi) __________ het nog voor dat ons dit van Hom (var) ________.

J__s__s

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download