Matla A Bana - A voice against child abuse



STRAAT SLIM VIR KINDERS1Daar is 4 tipes mishandeling. Verwaarlosing – dit is wanneer iemand nie vir jou ‘n veilige huis en kos gee nie. Onthou partykeer het mammas en pappas nie genoeg geld om vir jou alles te gee wat jy wil he nie – maar as hulle jou alleen los en self vir hulle gaan kos koop en vir jou niks gee nie, dan is daar iets verkeerd. Emosionele mishandeling – wanneer iemand jou dreig en baie lelike dinge vir jou se. Onthou mammas en pappas raak kwaad as kinders stout is en sal dalk iets se wat jou ontstel. Maar as hulle heeltyd vir jou se dat jy sleg is or lelik is, dan is daar nie iets reg nie. Fisiese mishandeling – wanner iemand jou slaan, stamp of jou seermaak. Pappa mag nie die sigaret op jou arm dooddruk nie of jou slaan dat jy stukkend is nie. Seksuele mishandeling – wanneer iemand aan jou privaatdele vat of jou dwing om aan hulle privaat dele te vat. As hulle jou dwing om dinge te doen wat jy nie wil nie wat met jou of hulle privaatdele te doen het. Of as iemand vir jou fotos van kaal mense wys of fotos van jou wil neem as jy kaal is. 2Ons het nou al vir jou vertel watter tipe mishandeling daar is – verwaarloosing, emosionele, fisiese en seksuele mishandeling. Onthou as iemand iets slegs met jou gedoen het gaan ‘n paar dinge gebeur – jy gaan geskok wees, jy gaan bang wees vir die een wat die gedoen het en dat niemand jou gaan glo nie en jy gaan ook baie kwaad wees oor wat gebeur het. Omdat niemand anders daarvan weet nie, sal jy eerste iets moet doen om die mishandeling te stop. Begin deur jou jou eie noodplan uit te werk. Doen dit sommer op ‘n stukkie papier. In jou noodplan skryf wat jou naam is. ‘n Veilige plek waarna toe jy sal gaan as dit weer gebeur en jou noodmaatjie vir wie jy gaan vertel. Maak ook vir jou ‘n skreebuis van deur ‘n tydskrif op te rol in ‘n buis en dan ‘n diep asem te vat en dan daardeur te skree so hard soos jy kan. En onthou om met God te praat sal jou ook beter laat voel.3Ons het nou al vir jou vertel van watter tipes mishandeling daar is en jou noodplan. Toe – het jy al jou noodplan geskryf? Kom ons gaan praat vandag oor een van die stappe – vertel vir jou nood maatjie. Baie keer se daardie persoon wat dit doen, jy mag vir niemand vertel nie en dat dit julle geheim is. Of as jy gaan vertel gaan hy jou ouers doodmaak. Onthou die mense wat kinders seermaak is lafaards en hulle maak jou bang omdat hulle bang is hulle word uitgevang. En jy gaan ook bang wees. Onthou God is vir jou lief so jy kan vir Hom bid om die vrees weg te vat. Maar God het ook ander mense om jou gesit en hulle is daar om jou te help. So as enige van die dinge met jou gebeur dan moet jy vir iemand vertel en vra om jou te help. Praat met jou beste maatjie of jou juffrou. Vertel hulle wat gebeur het en vra dat hulle jou moet help. Onthou jy ka nook 10111 bel en vir hulle mooi duidelik vertel wat gebeur het. Onthou daar is mense wat lief is vir jou en jou wil help – jy moet net vra.4Gister het ons gepraat oor praat – oor dat jy vir iemand wat jy vertrou vertel wat met jou gebeur het. Onthou partykeer is daardie persoon iemand in jou huis, soos jou pappa of mamma se kerel en ons weet jy wil nie he hulle moet iets oorkom nie, jy wil net he wat hulle doen moet hulle mee stop. Maar jy moet ook onthou dat dit hulle is wat jou seermaak en dat dit nie jou skuld is dat hulle dit doen nie. Dalk het iemand hulle ook seergemaak, maar hulle het net vir niemand vertel nie en niemand kon hulle help nie. Om julle almal te help – moet jy so vinnig as moontlik vir iemand vertel. Onthou ook daar is baie slegte mense wat kinders wil seermaak daar buite en hulle gebruik sal byvoorbeeld vir jou baie mooi dinge koop om jou aan hulle kant te kry. Of hulle gebruik dinge soos Facebook en Mixit om by kinders uit te kom. Onthou vertel vir mamma daarvan as jy ‘n boodskap kry wat jou ongemaklik laat voel of as iemand wat jy glad nie ken nie, jou skielik wil ontmoet. En onthou God het vir ons die talent van onderskeiding gegee – bid vir Hom dat Hy jou sal bewus maak van as daar gevaar is.5Het jy geweet dat daar kinders internasionale regte het. Jy het ‘n reg om liefde te ontvang en beskerm te word. Jy het ‘n reg op goeie mediese sorg en om kos te kry. Jy het ‘n reg op privaatheid. Daar is ‘n lang lys van regte wat jy gerus kan gaan leer ken. Maar die regte staan nie alleen nie, saam met dit kom verantwoordelikheid. Jy is verantwoordelik op te leer as jy goeie opvoeding kry. Jy het ‘n verantwoordelikheid om by die reels van die huis te hou as jy in ‘n goeie huis bly. Dit is ook belangrik dat jy weet wat jou verantwoordelikhede is en daarby hou. Nou ja ons is aan die einde van ons straatslim wenke – wat moet jy onthou – as iemand jou seer maak op watter manier ook gaan vertel vir iemand – so iets mag nie ‘n geheim bly nie. En onthou as jy nog nie jou noodplan het nie, gaan skryf dit nou!STRAAT SLIM VIR OUERS1Vanoggend het ons ons kinders geleer om straatslim te wees en hulle te beskerm teen mishandeling. Kinders word geleer om nie geheime te hou nie maar te vertel as iets met hulle gebeur het. Ons as ouers leer ons kinders om nie “lekkers te vat by vreemdelinge nie” of “om nie met vreemdelinge te praat nie”. Maar ons besef nie dat die gevaar in ons eie huise, skole, kerke en omgewing skuil nie. In tot 80% van gevalle waar kinders mishandel word, word die daad gepleeg deur iemand wat die kind ken – ‘n pappa, mamma se kerel, ‘n oupa, ‘n maatjie, ‘n onderwyser. Is baie van die gevalle word die kind gedreig deur die oortreder om dit ‘n “geheim” te hou. Dit vat baie moed vir ‘n kind om iemand te vertel wat met hulle gebeur het. As ‘n kind so iets met jou deel mag jy vir geen oomblik twyfel in die reality daarvan nie. Glo die kind tot jy anders kan bewys. Moet nie woorde gebruik soos “dit kan nie wees nie” want dan gaan die kind onmiddelik dink jy glo hom nie. Dit is baie belangrik dat jy optree as ‘n beskermer as die kind jou vertrou. 2Ons het gister gehoor dat jy na kinders moet luister as hulle jou vertel wat met hulle gebeur het. Maar wat nou gedoen as jy weet. Die heel belangrikste is dat jy nou hulp kry van die regte instansies. Onthou die wet se dat as jy weet van ‘n kind wat mishandel word en jy meld dit nie aan nie, kan jy self vervolg word. Veral onderwysers, dokters of mense wat terapie verskaf moet bewus wees van die wetgewing. Met wie praat jy nou? As jy ‘n onderwyser is volg jou skool se Kinderbeskermingprotokol. Elke skool, kerk of instansie wat met kinders werk, moet so protokol in plek he. As dit nie daar is nie, moet jy seker maak dat dit wel in plek gestel word. As jy ‘n ouer is is die beste om jou sketor polisie stasie te kontak. Hulle sal op hulle beurt die Gesinsgeweld, Kinderbeskermingseenheid en seksuele oortreding Eendheid kontak. Hierdie eenheid het lede wat spesialiseer in die tipe sake en sal vir jou goeie raad kan gee. Die belangrikste is dat die saak so gou as moontlik aangemeld word – so vinninger jy dit doen – so vinniger kan die kind gehelp word. 3Dit is alom bekend dat pedofiele en seksuele jagters plekke soos skole, kerke en fliek teaters kies om slagoffers te vind. Maar seker dat die skool of kleuterskool wat jy kies ‘n kinderbeskermingprotokol in plek het. Maak seker daar is ‘n protokol as jou kind op ‘n kamp gaan. Maak seker dat jy weet wat by die kleuterskool en skool aangaan. Onthou wat jy op die oppervlak sien – is nie noodwendig wat agter toe deure gebeur nie! Maak seker dat jy altyd toegang tot jou kind het. As iets vir jou vreemd is reageer op jou instink – dit is in meeste van die gevalle reg. Leer jou kind om te jou te vertel as hulle ongemaklik oor iets of iemand is. Leer jou kind dat daar geen geheime is tussen julle nie. Maak seker dat jy jou kind in ‘n veilige omgewing laat. 4Vandag gaan ons praat oor die kinders wat NIE praat nie en hoe ‘n volwassene tekens kan gebruik om agter te kom dat daar iets fout is. Kinders wat sulke traumatise ervaringe beleef het toon dikwels dieselfde tekens. As ‘n kind by die skool aankom met lang mou klere in die somer, is daar heel moontlik wonde van mishandeling wat hulle probeer wegsteek. As ‘n kind se gedrag skielik drasties verander – soos ‘n hakkel ontwikkel of terugtrek en geen kontak wil he nie – moet jy vrae begin vra. Nagmerries en bed natmaak veral klein kindertjies kan beteken dat iets fout is. Gebruik van verbode middles of skielike aggressie is nog ‘n teken. As jou kind baie aktief is en rasend honger is na ‘n dag by die kleuterskool kan iets fout wees. En kyk vir fisiese tekens van mishandeling by jou kind. Onthou weer – jy kan jou instink vertrou – as iets nie vir jou reg lyk of voel nie, vra liewers die vrae, kontak ander ouers en self jouself eerder gerus. 5Vandag ‘n paar kort wenke om seker te maak jou kinders is veilig. Maak seker jy weet waar jou kinder is ten alle tye.Maak seker hulle laat jou weet van enige planne wat verander het of as jy laat is.Moet kinders nooit alleen laat in ‘n voertuig nie.Leer jou kinders om straatslim te wees en te praat as iets hulle pla.Kry goeie agtergrond inligting van jou kind se skool, kleuterskool, maatjies se ouers, jou oppasser ens. Wees bedag op jou kind se gedrag en luister as hulle praat.Monitor jou kind se elektroniese media en maak hulle bedag op die gevare van die tipe media en die mense wat dit misbruik.Onthou ook om die balans te hou – ons wil nie bang kinders he nie, maar ingeligte kinders. ................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download