Haal diep asem dit is rapport-tyd!

Haal diep asem ? dit is rapport-tyd!

Die eerste eksamen van die jaar is agter die rug en dit beteken dit is tyd vir die gevreesde skoolrapport. Spanning oor di? gewraakte dokument is algemeen hierdie tyd van die jaar en ouers, sowel as kinders, sit op hete kole en wag vir die koms van die rapport.

Dit is normaal om gespanne te wees. Die ontvangs van rapporte is immers een van die mees stresvolle tye in menige gesinne. Kinders is nie net bekommerd oor hul punte nie, maar ook oor hul ouers se reaksie. Ouers is ewe bekommerd oor hul kinders se akademiese sukses en kanse op `n goeie toekoms. Dan is daar boonop die vrees van wat ander volwassenes, soos ouers en onderwysers, van hul bevoegdheid as ouers sal dink.

Die doel van die rapport is nie om jou paniekerig te maak of massa-histerie te veroorsaak nie, maar eerder om jou `n blik op jou kind se vordering te gee. Oorleef rapport-tyd-spanning s?:

Die rapport is nie net bloot persentasies op `n stuk papier nie. Dit is `n venster na jou kind se leerw?reld ? word jou kind genoeg gestimuleer ?f ervaar jou kind uitdagings? Dit is jou geleentheid om verantwoordelikheid vir jou kind se leer te neem.

Om verder by te dra tot die spanning van rapporte is die verwarring rakende die terme wat gebruik word. Die voortdurend veranderende kurrikulum en slaagvereistes het tot gevolg dat skoolrapporte soms gevul is met jargon en terme wat min vir ons as ouers beteken.

Hoe werk assessering in skole? Promosie, progressie, kondonering ... wat beteken al hierdie terme en wat hou dit vir jou kind in?

Alle vorme van assessering word deur die Departement van Basiese Onderwys in die Nasionale Protokol vir Assessering-dokument sowel as die Kurrikulum-en-assesserings-beleidsverklaring (KABV) voorgeskryf. In elke vak moet daar kwartaalliks bepaalde assesseringstake, wat `n puntetoekenning ontvang, voltooi word. `n Bepaalde gewig word aan elke assesseringstaak toegeken en die kumulatiewe punt vir die termyn word dan volgens die voorgeskrewe gewigte bereken. Die eerste termyn se rapportpunt word grotendeels op `n aantal take gebaseer, terwyl die volgende termyn se punt (vanaf Graad 4) ook `n eksamenpunt sal insluit.

Indien `n leerder aan die minimum slaagvereistes van die vak en graad voldoen het en na die volgende graad bevorder word, word die term promosie gebruik.

Konsessies (verslapping in die slaagvereiste) in die geval van immigrante leerders en leerders wat leerhindernisse ervaar, kan in lyn met die Nasionale Beleid en in samewerking met die departement toegestaan word.

`n Ander woord wat ook gebruik word wanneer dit by assessering kom, is progressie. Die term progressie verwys na wanneer `n leerder nie aan die bevorderingsvereistes voldoen nie, maar na die volgende graad bevorder word om te verhoed dat `n leerder vir langer as vier jaar in `n fase teruggehou word. In die geval van progessie word geen punte op die leerder se rapport aangepas nie, maar die werklike punte moet op die rapport verskyn. Die rapport moet dan aandui dat alhoewel daar nie aan die promosievereistes voldoen is nie, die leerder na die volgende graad oorgeplaas word.

Laerskole met Gr R-klasse moet in ag neem dat die progressievereiste in die Grondslagfase, Gr R uitsluit. Die aanbeveling in die beleidsdokument is dat leerders nie in Gr R teruggehou behoort te word nie, maar saam met hulle ouderdomsgroep moet beweeg aangesien Graad R nog nie deel is van verpligte onderwys nie. Graad R leerders moet dus nie sonder rede teruggehou word nie. Ouers moet die nodige dokumentasie om hul kind terug te hou, by die Departement van Onderwys inhandig aangesien leerders skoolpligtig is in die jaar waarin hul 7 word. Met die moontlike omwenteling van Graad R as deel van verpligte onderwys in 2019 kan bogenoemde verander, maar tot tyd en wyl daar verdere kennisgewing is, is dit beleid.

Kondonering beteken die verslapping van die slaagvereistes soos uiteengesit in die relevante beleidsdokumente. Dit kan slegs in een vak toegepas word wanneer `n kandidaat punte benodig om `n slaagsyfer van ?f 30% ?f 40% te behaal en die kondonering gevolglik die kandidaat in staat stel om `n Nasionale Senior Sertifikaat te verwerf.

Ongeag ho? senutergend die oopmaak van daardie koevert is, jy moet altyd onthou dat jou reaksie van kardinale belang is. Deur die regte dinge te s? en te doen, kan jy jou kind help om op sy suksesse te bou en hindernisse te oorkom vir die res van sy lewe.Spanning rakende rapporte kan baie druk op gesinne plaas. Woedende ouers en onstelde kinders los egter nie probleme op nie. Inteendeel, dit veroorsaak net meer.

1. Praat met jou kind, moenie raas nie!

Gesels vooraf met jou kind oor sy vakke, eksamen en rapport. Leer meer oor hoe jou kind oor sy vordering die afgelope twee termyne voel. Vra uit oor vakke of vordering waarop hy trots is of vakke waaroor hy senuagtig is of selfs mee teleurgesteld is. Ongeag hoe die rapport gaan lyk, is dit belangrik vir ouer en kind om saam te sit om vakke, punte en moontlike struikelblokke te bespreek. Hierdie gesprek is `n baie belangrike deel van `n ouer se aktiewe deelname in hul kind se opvoeding. Luister eers en verken later die gapings of verskil tussen wat jou kind s? en wat die punte s?!

Onthou egter altyd om hierdie gesprek op `n positiewe noot te begin. Wens hom geluk met die vordering wat gemaak is in vakke wat hy voorheen uitdagend gevind het. Indien daar geen vordering in die punte is nie, prys jou kind oor hoe goed hy met maats oor die weg kom of sy deelname aan buitemuurse-aktiwiteite. Vra uit oor watter vakke se punte hy die mees opgewonde is. Maak hom deel van die gesprek rondom sy sukses en daag hom uit om te verduidelik waarom hy soveel beter in di? vakke presteer het. Dit is baie meer produktief om te vra, "Wat het goed gegaan?", as om dadelik op die negatiewe te fokus.

Die kans dat jou kind nog meer senuagtig oor die rapport is as jy, is goed, veral wanneer dit vir jou kind voel of sy regtig haar beste gegee het en steeds nie na wense presteer het nie. Indien jou kind reeds ontmoedig is omdat haar punte nie verbeter het nie ongeag harde werk, kan jou kommentaar die spreekwoordelike laaste strooitjie wees.

Probeer dieper delf wanneer die probleemareas bespreek word en fokus ook op die klassituasie.

Vra of die werk te uitdagend was, te veel was of dalk het die klas net te vinnig beweeg. Wanneer `n leerder sukkel met `n fundamentele konsep kan dit die res van die werk ook onverstaanbaar maak en raak jou kind net al verder agter. Vra uit oor die huiswerk. Kry jou kind genoeg tyd om dit te voltooi of is buitemuurseaktiwiteite net te tydrowend?

Indien jy bekommerd is oor spesifieke kommentaar gelewer deur die onderwyser, vra jou kind waarom hy dink die opvoeder het di? kommentaar gelewer. Vra hom of hy aan maniere kan dink om die gedrag te verander of verbeter. Praat sagkens oor die onderwyser se opmerking.

Moet egter nie vergeet om seker te maak dat jou kind wel `n realistiese opsomming van die situasie het nie. Dalk dink jou kind dat hy net soms vergeet om huiswerk te doen of opdragte in te handig, terwyl die onderwyser `n konstante patroon van swak werksetiek kan identifiseer.

Hou altyd kommunikasielyne oop en verbeter sodoende ook jul verhouding. Ongeag hoe goed of hoe sleg jou kind se rapport is, moet nooit nalaat om haar te laat weet hoe trots jy op haar is nie. Fokus op die goeie goed wat die onderwyser raakgesien het gedurende die termyn. Laat haar toe om `n afskrif of foto daarvan vir ouma, oupa of peetouers te stuur om te spog met haar akademie.

2. Reflekteer op jou eie verwagtinge

Ons almal wil h? ons kinders moet goed presteer en vir baie ouers beteken dit goeie punte. Goeie punte kan `n indikasie wees van sukses vorentoe, maar terselfdertyd kan t? veel druk teen `n ho? prys kom. Deur te veel druk op jou kind te plaas kan lei tot sosiale-, emosionele- en fisiesespanning. Behou perspektief en wees versigtig vir onrealistiese verwagtinge.

Alvorens jy die resultate begin oor-analiseer, oorweeg wel of dit jou kind se sterkpunte werklik reflekteer. Gestel jou kind kry 80% of 70% in die meeste vakke en 60% in een, mag dit moontlik nie die moeite werd wees om slaap daaroor te verloor nie. Die belangrikste vraag is of daar vordering gemaak word.

Hiermee word daar nie bedoel dat leerhindernisse nie aangespreek behoort te word nie. Ouers moet egter besef dat nie alle leerders toppresteerders is nie en baie kinders het ander talente wat nie noodwendig altyd akademies van aard is nie

Verder is dit belangrik om te onthou dat swak punte nie noodwendig beteken dat jou kinders nie hard werk nie. Heg meer waarde aan die poging as die punt.

Dit is egter so belangrik dat ouers verstaan dat leerders se punte nie altyd konstant gedurende hul skoolloopbaan gaan bly nie. `n Swakker punt as die vorige jaar beteken ook nie dat jou kind nou altyd daardie punt gaan verwerf nie. Sommige grade is meer uitdagend as ander en boonop is daar verskeie faktore wat `n impak op jou kind se prestasie kan h?, bv. oorgangsfases, eksamens ens.

Moenie jou kinders (en hul punte) met mekaar vergelyk nie. Onthou, elke kind is uniek, presteer op verskillende tye en het ook verskillende sterk- en swakpunte.

3. Praat met jou kind se onderwyser(s)

Dit is glad nie lekker om te hoor dat jou kind nie na wense presteer nie, veral nie wanneer jy weet jou kind het geen lui haar op sy kop nie. Indien dit glad nie vir jou sin maak hoekom jou kind `n bepaalde punt verwerf het nie, praat met die betrokke onderwyser. Is daar basiese konsepte wat jou kind nie verstaan nie? Dalk word huiswerk of opdragte nie ingehandig nie? Moontlik het hy die slaagsyfer ook net-net gemis.

Raak betrokke by jou kind se opvoeding deur in kontak met onderwysers te bly. Moenie aan die einde van die jaar onkant gevang word nie. Maak seker dat jy deurlopend op hoogte bly van jou kind se vordering.

`n Goeie onderwyser sal jou help om te verstaan waarom die bepaalde punte verwerf is en ook raad gee oor hoe om die punte te verbeter.

Indien `n opvoeder egter voel dat `n kind se resultate negatief be?nvloed word deur `n tekort aan fokus, aandag of begrip, moet daar in oorleg met die onderwyser oorweeg word of dit raadsaam sou wees om professionele hulp in te roep om die oorsaak van die probleem op te spoor en aan te spreek.

4. Werk saam aan `n plan

Werk saam met jou kind aan `n plan en fokus op die stappe wat gevolg moet word om die leerder weer op koers te kry. Daar is altyd hoop en `n geleentheid om dinge om te keer. Dis veral belangrik dat jou kind verantwoordelikheid vir sy eie leer neem. Vra dus: "Wat is jou plan?"

Wanneer punte bespreek word is dit belangrik dat jou (veral ouer) kinders verantwoordelikheid neem vir die rapport. `n Goeie of slegte punt word nie net gegee nie, dit word verwerf! Alhoewel ouers die las moet help dra en ekstra onderrig kan re?l, help met huiswerk of selfs `n skedule toepas om seker te maak werk word gedoen, moet kinders besef dat net hulle iets daaraan kan doen. Ondersteun, sonder om te oordeel en besluit saam op realistiese doelwitte.

Dit help soms om met jou kinders oor hul skoolwerk en vakke te praat en dit so relevant as moontlik vir hulle te maak sodat hulle verstaan waarom hulle dit moet leer. Gebruik jou werk of jou kind se droomprofessies om die nut van die vak of inligting te verduidelik.

In plaas daarvan om op punte alleen te fokus, fokus eerder daarop dat jou kind weet ho? om te leer. Kyk ook na jou kind se studiegewoontes. Ons berei ons kinders voor vir beroepe wat vandag nog nie eers bestaan nie. Inhoud word irrelevant, maar organisasievaardighede en die vaardigheid om te leer hou `n leeftyd.

Indien jou kind se punte so laag is dat jy voel intervensie moet plaasvind, werk saam met jou kind `n plan van aksie uit vir die volgende kwartaal. Jy kan jou kind inskryf vir addisionele klasse by die skool of buite

skoolverband. Daar is ook fantastiese gratis aanlyn webwerwe en hulpmiddels waarvan jul gebruik kan maak. Moet egter nie uitstel tot die einde van die jaar nie. Tree so gou as moontlik op. Jou kind is egter meer as `n rapport. Akademiese prestasie is nie die geheelbeeld van jou kind nie. Jou kind is soveel meer. Wees dus ge?nteresseerd, ondersteunend en betrokke en moet nie vergeet om vir die "hele" kind lief te wees nie.

Adel Jacobs POD: Professionele Adviseur

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download