JERSEY SA

JERSEY SA

Nuusbrief

Oktober - 2014

Jersey SA Kontak besonderhede:

Tel: 051 430 8020 Faks: 051 430 7719 Epos: info@jerseysa.co.za

WJCB 2014 ? Gielie de Kock & Johan Jooste

Die WJCB konferensie is verby en watter wonderlike geleentheid was dit weereens om ou bekendes te ontvang. Anne Perchart se vriendelikheid en passie is beslis gemis. Die spontane vriendelikheid van telers van oorsee het die kongres se sukses verseker. Vriendskappe en kontakte wat opgebou is sal beslis tot Jersey SA se voordeel wees in die toekoms. Daar was 19 lande verteenwoordig deur 160 kongresgangers. Hierdie is een van die WJCB Kongresse met die beste bywoning van buitelanders ooit.

Die Jersey Internasionale Jerseykaaskompetisie was 'n groot sukses en ook baie interessant om al die kase te sien en te proe. Aangesien ek (Gielie) die informasie materiaal en die ettikette moes beoordeel om te bepaal wie adverteer die Jerseykoei die meeste kon ek alles meemaak. Dit is beslis iets wat by elke groot skou hoort. Die Suid-Afrikaanse kase het uitstekend presteer en Jersey SA moet die uitslae gebruik om Jersey melk as die ideale samestelling te bemark vir kaasmaak. Baie geluk aan die SA kaasmakers met hulle verskillende toekennings. Hulle het besonders goed presteer teen strawwe internasionale kompetisie.

Die lesings by die konferensie was uitstekend en relevant. Die lesings wat `n moet is om te bekom is onder andere die van dr Julie Ojango uit Oos- Afrika, Peter G Larson oor hulle benutting van genomiese inligting en James Huffard III oor melk bemarking in die VSA. Charl Hunlun se lesing was nodig om perspektief te gee aan die dalende tendens in SA Jerseys se bees getalle. Die daling in alle fassette van Jersey registrasie is kommerwekkend. Slegs 94 van die 212 kuddes doen melkaantekening wat baie teleurstellend is en moet vining omgeswaai word deur beter samewerking tussen die betrokke instansies. Jersey SA sal `n aktiewe rol moet speel om beter samewerking te verseker.Mense ons sal iets drasties moet doen. Met so min data kan ons nie vordering maak nie. Die Suid- Afrikaanse populasie word nie goed genoeg benut om sy potensi?le impak te maak tot die plaaslike KI bedryf. Jersey telers moet besef dat indien hulle nie saamwerk nie, die afwaartse spiraal ten opsigte van getalle nie omgekeer sal word nie. Die Deense Jersey telers se benadering van bespreking en besluitneming wat dan deur alle Jersey telers ten volle ondersteun word sal vining toegepas moet word in SA.

Die Nasionale Skou was uiters goed beplan en behartig deur die Overberg Jersey Klub. Albert Myburgh en sy bestuurspan was skitterend. Die skouring was pragtig opgemaak en die vlae van die verskillende lande het luister verleen aan die geleentheid. Joel Mamabola, Direkteur van Diere Produksie het die Suid- Afrikaanse vlag gedra. Wat opvallend was by hierdie Nasionale Skou is dat die ouer diere beter was as die jongeres. Dit is iets wat ook aandag moet kry. Kan u sien hoe belangrik dit is om soveel data as moontlik te bekom. Is die oorsaak hiervan die swak melkprys wat voeding be?nvloed of die bulle wat ons gebruik?

Baie dankie aan mnre Coen Steenkamp en Arno Theron wat teen groot koste die noordelike areas verteenwoordig het by die Nasionale Skou. Definitief ook aan die plaaslike vertoners wat ons naam hoog gehou het op die skou. Die koeie wat hoog geplaas was is almal goeie produseerders met uiers wat die ho? volumes gemaklik kan hanteer as gevolg van die kwaliteit van die uiers. Geluk aan die eienaars van die Kampioene.

Jersey SA se gelukwensing aan Johannes van Eeden wat soveel jare Jersey SA verteenwoordig het by WJCB aktiwiteite. As erkenning vir sy toegewyde diens aan die WJCB het hy `n toekenning vir Uitnemende Diens ontvang van Derrick Frigot, President van WJCB.

Die plaasbesoeke het baie goed afgeloop. Ons besoekers van oorsee het na hierdie kongres baie meer agting vir die kwaliteit van ons Jerseys. Die kommentaar was deurgaans baie positief. Baie dankie aan die kuddes wat besoek is vir die uitstekende manier waarop die koeie vertoon is in goeie fasiliteite. Jersey SA was reeds op die wenpad na die kuddebesoeke. Vele van die kongresgangers het waardering vir die Suid-Afrikaanse gasvryheid uitgespreek.

Dan ook baie dankie aan elkeen wat nie genoem is wat 'n bydrae gelewer het. Jannie Nel en Tessa Opperman wat op `n baie laat stadium die organisasie moes oorneem met weinig re?lings op gefinaliseer, het uitstekende werk gedoen.

Die borgskappe vir die WJCB kongres word werklik waardeer. Dankie ook aan die hoofborge wat die Jersey SA organiseerders soveel bystand verleen het.

Klas gewen

NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2014

Beoordelaars ? Dr Johan Jooste & Danie Giliomee

Aangebied deur die Overberg Jersey Klub

Koei naam

1. Groot Kampioen Koei Kampioen Ho? Produseerder Reserwe Kampioen Jongkoei Uier Kampioen Jongkoei

Kluitjieskraal XF1 1031

2. Reserwe Groot Kampioen Koei Senior Kampioen Koei Senior Kampioen Uier

Rosafield Badger Nina

3. Kampioen Jersey Jug

Doornvlei Tbone Blackie

4. Reserwe Kampioen Jersey Jug

Rosafield Eclipse Lobellia

5. Kampioen Goue Koei

Rosafield Lobellia Jane

6. Reserwe Kampioen Goue Koei Eervolle Vermelding in Groot Kampioenskap Kampioen Oukoei

Avondrood Ace Manda

7. Reserwe Kampioen Oukoei

Rosafield Lobellia Jane

8. Reserwe Senior Kampioen Koei 9. Reserwe Kampioen Senior Uier

Jumari Sultan's Theresa Rubicon Country Wilamena

eienaar

AJ Schoonwinkel

Rosafield Jerseys Doornvlei Jerseys Rosafield Jerseys Rosafield Jerseys

Avondgloed Trust Rosafield Jerseys Jumari Jerseys Rubicon Jerseys

10. Reserwe Kampioen Ho? Produseerder Fairlight 05058

Mr C.S. Puttergill

11. Reserwe Kampioen Jongkoei Kampioen Jongkoei Uier

Katlou Malcolm's Sterretjie

Katlou Boerdery

12. Junior Kampioen Koei Junior Kampioen Uier

Tierwil Celebrity's Berth

Tierkloof Boerdery BK

13. Reserwe Junior Kampioen Koei Reserwe Junior Kampioen Uier

Doornvlei Tbone Blackie

Doornvlei Jerseys

14. Kampioen Vers

Katlou Carl 3008

Katlou Boerdery

15. Reserwe Kampioen Vers

Katlou BWJ 09107's 2098

Katlou Boerdery

Groot Kampioen Koei

Kluitjieskraal XF1 1031

GELUK WENSINGS

Ons wil graag ons gelukwensings oordra aan die onderstaande persone met hulle prestasies tydens die onlangse W?reld Kongres en Nasionale Skou:

Danie Giliomee ? Jersey SA Ere-Lidmaatskap

Arno Theron ? Vise President Afrika WJCB & Afrika JETA wenner

Johannes v Eeden - WJCB Meriete toekenning

Belangrike Datums

Oktober ? Natal Klassifikasies 31 Oktober ? Joernaal

advertensies afsny datum

UNDERBERG SHOW 2014

WJCB KZN POST TOER

Meer as 60 afgevaardiges het die KZN Post Toer meegemaak. Hoewel `n groot deel van die toer gefokus het op toeriste besienswaardighede in die KZN gebied en hulle opgee?ndig het in die Kruger Nasionale Park, was daar darem tyd vir Jersey kuddes besoek ook. Baie dankie aan Eternal Flame, Orange Grove Dairy and Glynton Jerseys vir julle gasvryheid teenoor ons gaste. Ons wil veral ook vir Peter Durham baie dankie s? vir sy hulp met re?lings rakende die deel van die toer.

NATAL KLUB NUUS

JETA (JERSEY EDUCATIONAL TRAVEL AWARD) ? Congratulations to Arno Theron for being the winner of this award for the Africa region, his prize being sponsorship to attend the 20th International Conference of the WJCB in South Africa earlier this month.

WJCB post conference tour to KZN - The KZN component of the post conference tour comprising seventy-four overseas delegates, included two farms, namely Eternal Flame Investments (Botha family) and Glynton Jerseys (Durham family), as well as Orange Grove Dairy factory. Several Jersey Club members attended these farm visits. The time and effort put into the preparation for these very interesting visits is greatly appreciated ? you did the KZN Jersey fraternity proud.

ON FARM CHALLENGE - The De Heus KZN Jersey On Farm Challenge was held from 18 ? 22 August 2014. This is the 4th year the competition has been held in KZN and it was, once again, a very successful week showcasing the best Jersey Cattle KwaZulu ? Natal has to offer.

The De Heus KZN Jersey On Farm Challenge is the highlight of the Natal Jersey Cattle Clubs annual calendar and continues to grow in popularity, with this year again seeing the inclusion of some first time entries.

2014 saw a few changes to the On Farm Challenge, with the introduction of individual classes rather group classes. Classes were divided up according to age group rather than lactation number, and the progeny group of 3 animals remained a popular class.

The judging of this year's competition fell into the very capable hands of Tony Schwikkard and Pieter van Deventer, who embarked on the enormous task of visiting 17 Jersey herds across KZN in 4 days and picking out the champions.

Here are the results;

2 ? 3 years - Glendy Jerseys (12460) 3 ? 4 years - Rubicon Jerseys (Sh'ma T-Bone Goldy) 4 ? 6 Years - Baldinnie Jerseys (Baldinnie Raphael) 6 ? 8 Years - Glen Gowrie Jerseys (Glen Gowrie Rocket Gazelle) 8 Years + - Glendy Jerseys (04424) High Production - Glen Gowrie Jerseys (Glen Gowrie Bonfire's 0306) Progeny - Glendy Jerseys (Riley) Best Udder - Eternal Flame Jerseys (D96) Junior Champion - Rubicon Jerseys (Sh'ma T-Bone Goldy) Senior Champion - Glendy Jerseys (04424) Grand Champion - Rubicon Jerseys (Sh'ma T-Bone Goldy) Total Points - Rubicon Jerseys

Oktober Verjaarsdae

Baie geluk aan die volgende persone met hulle verjaarsdae:

Ben Coetzee; Cobus Burger; Joha Cillie; Charl Cillie; Andre Pauw; Jaco Pieters; Org Swart; Willie v Niekerk; Cobus Behrens; Jure Wessels; Johann Rademeyer; Alan Webster

Ons vra dat u ons asb kontak indien ons u oorgeslaan het sodat ons u ID besonderhede kan bevestig.

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download