QUESTION 1 - EDULIS



[pic]

[pic]

[pic]

[pic]

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Instruksies:

1. Al die vrae is VERPLIGTEND.

2. LEES die vrae deeglik.

3. Nommer jou vrae soos op die vraestel.

4. Antwoord Afdeling A op die antwoordblad en afdeling B op die folio

papier.

5. Toon alle berekeninge. Sakrekenaartjies mag gebruik word.

AFDELING A

VRAAG 1:

| |Verskeie moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Trek ‘n kruisie oor die letter (A - D) langs die | | |

| |vraagnommer (1.1 - 1.20) op die aangehegte antwoordblad. | | |

1.1 Identifiseer die geldeenheid wat gebruik word deur toeriste wat Oxford Universiteit in Engeland gaan besoek.

A Euro

B Frank

C Dollar (US $)

D Britse pond (1)

1.2 Indien die wisselkoers een euro vir 8,50 Suid-Afrikaanse rand is, dan sal ek _____ ontvang vir 100,00 euros.

A R11,76

B R11,77

C R11,80

D R850,00 (1)

1.3 Indien die wisselkoers een US$ vir 6,50 Suid-Afrikaanse is, dan sal ek _____ ontvang vir R150,00.

A $23,76

B $23,08

C $975,00

D $850,00 (1)

1.4 Die geldeenheid vir Spanje is die euro (EUR). Die wisselkoers vir een euro is 8,20 Suid-Afrikaanse rand (ZAR). ‘n MacDonalds ete kos R19,25 in Suid-Afrika . Wat sal jy betaal vir dieselfde ete in Madrid, Spanje? (Rond af na die tweede desimaal).

A Euro 2,34

B Euro 157,85

C Euro 2,35

D Euro 157,86 (1)

1.5 Dit is 16:00 op 24 Junie in Durban, Suid-Afrika. Bereken die tyd in Londen.

A 15:00 die volgende dag

B 14:00 dieselfde dag

C 15:00 dieselfde dag

D 14:00 die volgende dag (1)

1.6 Tyd word gebaseer op die …

A Greenwich meridiaan. (UTC)

B ekwator

C lengtelyne

D internasionale datumlyn (1)

1.7 Die Internasionale Datumlyn loop deur die volgende land:

A Australië

B New Zeeland

C Canada

D Nie een van die bogenoemde (1)

1.8 Die ___________ verdeel die wêreld in noordelike en suidelike hemisfere.

A Ekwator

B Greenwich meridiaan

C 180º meridiaan

D Internasionale Datumlyn (1)

1.9 Hoeveel ure is Suid-Afrika voor die Greenwich Middelbare Tyd?

A 0 ure

B 1 uur

C 2 ure

D 3 ure (1)

1.10 Toerisme dra ongeveer .... by tot Suid-Afrika se BBP in 2010.

A 0.8%

B 8%

C 80%

D 800% (1)

1.11 Hierdie veldtog is deel van SA Toerisme se binnelandse bemarkingstrategie.

A Toer Suid

B Toerisme-Indaba

C Sho’t Left

D Veiligheid en sekuriteit

1.12 Watter dokument gee ‘n beleidsraamwerk vir toerisme ontwikkeling?

A Omgewings Beskermings Strategie

B Witskrif

C Werkers Gelykheid Wet

D Groenskrif (1)

1.13 Buitelandse besoekers besoek die besienswaardigheid in Kwazulu Natal vir die etniese Zoeloe kultuur:

A Masorini

B Lesedi

C Shakaland

D Tlholego (1)

1.14 Die toename in toerisme het bygedra tot die groei van Suid-Afrika se ...:

A BBP

B BSEB

C SAT

D TGSA (1)

1.15 Suid-Afrika se groot reis-en toerisme skou wat deur NDT georganiseer word staan bekend as:

A Randse Paasskou

B Getaway Skou

C GSA Skou

D Indaba (1)

1.16 ‘n Bronsplaat by die ingang van ‘n hotel dui op …:

A ‘n Vyfster besigheid .

B Uitstaande diens en gasvryheid word aangebied.

C Superior standaard.

D Kwaliteit verblyf beskikbaar. (1)

1.17 Wanneer toeriste ‘n kultuuraand in Soweto bygewoon het , sal hulle deur … ry wat as die grootste plakkerskamp in Soweto bekend staan.

A Mshengville

B Dobsonville

C Diepkloof

D Meadowlands (1)

1.18 Toeriste wat reis deur …, … en noordelike KZN moet ekstra voorsorg tref teen malaria.

A Oos-Kaap, Wes-Kaap

B Vrystaat, Noordkaap

C Noordkaap, KZN

D Limpopo Provinsie, Mpumalanga Laeveld (1)

1.19 Die ‘gevaarlike’ ses is die Groot Vyf en die …

A walvis

B seekoei

C cheetah

D krokodil (1)

1.20 ‘Drie Rondavels’, ‘God’s Window’ en ‘Mac-Mac Waterval’ is drie van die groot aantrekkingskragte in …

A Limpopo Provinsie

B Noordwes Provinsie

C Mpumalanga Provinsie

D Gauteng Provinsie (1)

[20]

VRAAG 2

Gee die korrekte term vir elkeen van die volgende stellings. Skryf slegs die term neer langs die vraagnommer neer.

2.1 Die afname in die pryse van goedere en dienste, gewoonlik veroorsaak deur minder geld. (1)

2.2 Plek waar die bagasie en goedere deursoek word wanneer ‘n land binnegekom word, die regerings afdeling verantwoordelik om invoerbelasting in te samel. (1)

2.3 ‘n Plan van jou aktiwiteite tydens die toer en waarheen jy elke dag gaan reis. (1)

2.4 Die groep waarvoor die toerisme bedryf in Suid-Afrika, Suid-Afrika sal bekendstel as internasionale bestemming. (1)

2.5 Die veiligste manier hoe ‘n toeris sy/haar geld kan dra in haar/sy beursie in ‘n ander land. (1)

2.6 Die betroubaarste organisasie wat die beste koers gee vir die omruiling van buitelandse geldeenhede. (1)

2.7 Die lughawe gebou waar passasiers aankom en vertrek. (1)

2.8 ‘n Persoon wat ‘n konferensie bywoon. (1)

2.9 ‘n Badkamer wat deel is van die slaapkamer. (1)

2.10 Moegheid wat ervaar word nadat ‘n toeris gereis het oor baie tydsones heen. (1)

[10]

VRAAG 3

Besluit of die volgende stellings WAAR of VALS. Skryf slegs WAAR of VALS langs die ooreenstemmende vraagnommer neer.

3.1 Sedert 1994 is minder mense in Suid-Afrika in die Toerisme bedryf in diens geneem. (1)

3.2 Verkoue simptome is die eerste teken van malaria. (1)

3.3 ‘n Visa is ‘n verpligte internasionale reisdokument (1)

3.4 ‘n Kenmerkende simptoom van Vlugvoosheid is verlies aan aptyt. (1)

3.5 Somer in die suidelike hemisfeer is vanaf 1 April tot 30 Augustus. (1)

3.6 Volhoubare toerisme wil toerisme bevorder deur die omgewing te ontwikkel. (1)

3.7 Diversiteit is die studie van een kultuur. (1)

3.8 ‘n Curriculum vitae is ‘n dokument wat persoonlike inligting, werkservaring en getuigskrifte van verkeie werkgewers bevat (1)

3.9 Die BSEB (BBEEE) strategie is een van die ongelykhede van die apartheid era. (1)

3.10 Verhoogde toerisme in ‘n land lei tot werkskepping in formele besighede in die bedryf, soos groot hotelgroepe en vervoerdienste. (1)

[10]

Afdeling A – [40]

ADELING B TOERISME AS ‘N INEENGESKAKELDE STELSEL

VRAAG 4

Lees die volgende sorgvuldig deur en beantwoord die vrae wat volg.

|Maak ‘n verskil in Suid-Afrika |

| |

|Suid-Afrika is ‘n land van kontraste. Mense sê ons land se rykdom lê in ons kulturele diversiteit, ons minerale hulpbronne en |

|ons natuur skoonheid. Maar in ‘n land wat s “ryk” is, kom armoede steeds wydverspreid voor. Dit is ‘n direkte gevolg van die |

|politieke en ekonomiese wetgewing van die vorige regering. |

| |

|Om dit te kan herstel, is ons land in ‘n fase van nasiebou en elkeen, van plakkerskamp tot ryk areas, het ‘n rol om te speel. |

|Vuya Africa Adventures en Safaris is deel van die nasiebou projek. Ons voel dat dit belangrik is om iets terug te gee aan die |

|gemeenskappe waar ons vandaan kom en wat ons ondersteun. |

Volgens die artikel lê Suid-Afrika se rykdom in ons kulturele diversiteit.

4.1 Beskryf wat is kulturele diversiteit. (2)

4.2 Verduidelik wat bedoel die skrywer met “ons land se rykdom lê in ons kulturele diversiteit “. (2)

4.3 Hoekom dink jy is dit vir Vuya Africa Adventures en Safaris belangrik om iets terug te gee aan die gemeenskappe waar hulle vandaan kom en wat hulle ondersteun? (2)

4.4 Volgens die artikel, is armoede ‘n direkte resultaat van die politieke en ekonomiese wetgewing van die vorige regering. Noem VIER strategieë wat die huidige regering gebruik om die ongelykhede van die verlede reg te stel en toerisme deelname te bevorder. (4)

[10]

QUESTION 5

5.1 Daar is verskillende werksomgewings en werksomstandighede. Beskryf die verskillende werksomgewings en werksomstandighede in die toerisme bedryf deur voorbeelde te gebruik. (3)

5.2 Noem DRIE maniere hoe mense hulle loopbane kan ontwikkel in die toerismebedryf. (3)

5.3 Beskryf kortliks wat is ‘n gedragskode. (2)

5.4 Gee jou opinie oor die belangrikheid van ‘n gedragskode by die werkplek. (2)

[10]

VRAAG 6

Lees die volgende advertensie sorgvuldig en benatwoord die volgende vrae:

|GROEPSBESPREKINGS BESTUURDER |

|vir 5-ster Hotel en Oord |

|Verantwoordelik vir: |

|( Die bestuur en kontrolering van die Besprekings Departement en die werknemers |

|( Om te verseker dat die werk korrek en betyds uit gevoer word. |

|( Om te verseker dat die inventaris akkuraat aangeteken word in die CRS & PMS sisteme |

| |

|Opleiding, ondervinding en bevoegdhede vereis: |

|( Matriek |

|( Diploma / sertifikaat in Hotelstudies |

|( 3 jaar ondervinding in dieselfde posisie |

|( 2 jaar ondervinding by ontvangs in ‘n 5-ster omgewing |

|( Sentrale Besprekings ondervinding is ‘n aanbeveling |

|( Gaste verhoudingsvaardighede |

|( Rekenaargeletterdheid – MS Office, Fidelio & CRS |

|( ‘n Toegewyde werker met uitstekende kommunikasie vaardighede |

|( Goeie organisasie en leierskap vaardighede |

|( Vermoë om onder druk te werk |

| |

|Posbeskrywing: |

|( Om die daaglikse beplanning en vloei van die Departement aan te help |

|( Om gaste se klagtes te hanteer volgens die Besigheid se standaard en die nodige mense in kennis te stel |

|( Om te verseker dat die meeste moontlike besprekings gedoen word. |

|( Om besprekings te monitor en enige oor-besprekings te voorkom |

|( Om te verseker dat die rekenaar - rekeninge op datum en gebalanseerd is |

|( Om weeklikse / maandelikse vergaderings te hou met verskillende departemente |

6.1 Noem die subsektor waarin die advertensie ‘n werksgeleentheid adverteer. (1)

6.2 Verduidelik kortliks die werksomgewing van ‘n persoon wa in die subsektor werk. (3)

6.3 Bespreek die geleenthede wat daar is vir verdere ontwikkeling in hierdie subsektor. (3)

6.4 Stel ‘n VIER-punt gedragskode op vir die posisie wat geadverteer is. (4)

[11]

VRAAG 7

7.1 Lees die doelwitte van die 1996 Toerisme Witskrif en verduidelik enige TWEE veldtogte/ stappe wat die regering onderneem het om die doelwitte te bereik. (4)

• Om toerisme te gebruik om verafgeleë gemeenskappe te ontwikkel.

• Om aktiewe deelname van alle Suid-Afrikaners in ontwikkeling van toerisme , veral op plaaslike gebied aan te moedig

• Om plaaslike toerisme onder Suid-Afrikaners te bemark

7.2 Die Sokker Wêreld Beker het miljoene rande vir die Suid-Afrika inbring. Watter rol moet die regering speel in die aanbieding van sulke geleenthede? (5)

[9]

AFDELINGB – [40]

AFDELING C VERANTWOORDELIKE EN VOLHOUBARE TOERISME

VRAAG 8

8.1 Definieer die volgende konsepte:

a) Erfenis (3)

b) Diversiteit (3)

8.2 Daar is 788 Wêreld Erfenisgebiede, ses daarvan is in Suid-Afrika geleë. In watter provinsie in Suid-Afrika is elkeen van die volgende Wêreld Erfenisgebiede geleë

a) Kaapse Blommeryk

b) Robben Eiland

c) Groter St. Lucia Vleilandpark

d) uKhahlamba-Drakensbergpark

e) Wieg van die Mensdom (5)

8.3 Onderskei tussen “inkomende toeriste” en “binnelandse toeriste ”. (4)

8.4 Lys VYF strategieë wat ʼn provinsie kan gebruik om sy unieke kenmerke te bemark om toerisme groei te bevorder. (5)

8.5 Verduidelik waarom Suid-Afrika se kulture ‘n belangrike rol kan speel om toeriste aan te trek na ons land. (6)

8.6 Kies enige Suid-Afrikaanse kultuur wat jy ken en gee kortliks die kenmerke van die kultuur. (4)

[30]

AFDELING C – [30]

AFDELING D TOERISMEGEOGRAFIE, BESIENSWAARDIGHEDE EN REISNEIGINGS

VRAAG 9

9.1 Wat is die geldeenheid van die volgende lande:

a) Namibië

b) Japan

c) Frankryk (3)

9.2 Gee raad aan ‘n toeris oor waar en hoe hulle geld kan omruil. (3)

9.3 Verduidelik aan ‘n toeris met US dollars wat Suid-Afrika besoek hoe om die elektroniese bord te gebruik as hulle rande wil koop en verkoop. (4)

Die volgende tabel is ‘n voorbeeld van ‘n elektroniese bord in Suid-Afrika wat die wisselkoerse aandui:

|Geldeenheid |Koers |

|GBP |11,51 |

|USD |5,71 |

9.4 Kyk na die wisselkoerse in die tabel en beantwoord die vrae:

a) Wanneer Tommy in Johannesburg aankom, wil hy £850 omskakel na rande. Hoeveel rand sal hy kry? (2)

b) Wanneer Tommy Johannesburg verlaat , wil hy R400 omskakel na Pond sterling. Hoeveel ponde sal hy kry? (2)

[14]

VRAAG 10

Lees die volgende gedeelte sorgvuldig deur en beantwoord die vrae wat volg deur die tydsone kaart wat volg te gebruik.

|Reisbeplanning – voorbeelde om vlugvoosheid te vermy |

| |

|Dis was 07h00 in Rusland toe ons kliente ons op die lughawe by Moskou ontmoet het. Ons het pas gearriveer vanaf New York op ‘n slapelose sewe-uur |

|vlug, en daar was ‘n hele dag van vergaderings wat voorlê. Die vergaderings is gevolg deur ‘n lang aandete. Teen die tyd wat ek by my hotelkamer |

|aan gekom het was ek 26 ure wakker en baie moeg. Ek was so vlugvoos dat ek skaars my naam kon onthou. |

| |

|Om by te dra tot my deurmekaar toestand, kon die ligte in my kamer net aanskakel as my kamersleutel in die kragslot ingedruk was. Ek het nie omgegee|

|nie. Ek het net op my bed gaan sit, uit getrek en in die proses omgeval en aan die slaap geraak. |

| |

|Iets het my wakker gemaak in die middel van die nag. Ek het wakker geword in ‘n donker vertrek. Ek het nie geweet waar is ek nie of wat ek daar doen|

|nie. Nie een van die ligte het gewerk nie, die enigste lig wat ek kon sien was die stook lig onder die deur. Ek het gedink en is in die “Twilight |

|Zone”. Ek het beangs van die bed afgesukkel! Waarheen lei die deur? |

| |

|Ek het na die deur toe gehardloop en dit oop geruk met die hoop om iets bekend te sien. Toe ek by die deur uitloer in die effens verligte gang het |

|alles skielik terug gekom na my toe. Ek was in Moskou op ‘n besigheidsbesoek, ek staan in die gang van my hotel ... en ek was feitlik heeltemal |

|kaal. Ek was gelukkig dat niemand my gesien het nie. Aai tog, net nog een skandalige reisverhaal! |

| |

|Met die aanvang van ons vakansie in Griekeland en Turkye, het ons deurnag gevlieg vanaf Chicago na Frankfurt en arriveer in Frankfurt Lughawe vroeg |

|in die oggend. Ons aansluitingsvlug sal eers oor drie ure vertrek en dan nog twee ure wees voor ons Athene bereik. Ons het nie op die vlug van |

|Amerika af geslaap nie, daar was nie plek op Frankfurt lughawe nie so ons het rondgeloop en besluit om aktief te wees terwyl ons wag. |

| |

|Ons was baie moeg en vlugvoos toe ons die vliegtuig betree oppad Athene toe. In ons gejaag om te sit het een van ons geduik vir die stoel, aan die |

|sitplek gehak en die gewrig in haar knie ontwrig. Dit was baie seer en het die aktiwiteite van die toer beperk. "Onnodige Beserings " kan gebeur as |

|jy te moeg en vlugvoos is. So, beweeg teen jou eie tempo, wees versigtig en fokus op die situasie waarin jy nou is. . |

10.1 Dit was 7h00 in die oggend toe die toeris in Moskou aangekom het , was die presiese tyd in New York? (4)

10.2 As dit ‘n sewe ure vlug vanaf New York na Moskou is, wat was die vertrektyd van die vlug vanaf New York na Moscow? (3)

10.3 As die scenario in die winter gebeur het, dink jy dagligbesparing het ‘n rol gespeel? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (3)

10.4 Verduidelik die konsep vlugvoosheid en gee VIER kenmerkende simptome van vlugvoosheid. (6)

[16]

VRAAG 11

Lees die volgende inligting, agtergrond en instruksies deur en beantwoord die vrae.

|Agtergrond |

|‘n Jong getroude paartjie van Engeland besoek Durban vir ‘n vakansie. Hulle arriveer op Dinsdag aand en vertrek op Maandag oggend. Vir jou|

|berekening : hulle sal in Durban wees vir ses dae. |

| |

|Gedurende hulle besoek aan Durban sal hulle ‘n kulturele ‘stad’ besoek. ‘n Wildsplaas toer is definitief deel van hulle toerplan en ook ‘n|

|bergklim toer. Hulle wil ook graag op ‘n stadstoer gaan. Hulle beplan om een middag soeweniers te koop. Vir Saterdag aand het hulle |

|kaartjies gekoop vir ‘n konsert en Sondag aand gaan hulle tyd saam met vriende spandeer. ‘Ushaka Marine World’ is ‘n moet! |

| |

|Die paartjie wil die Holiday Inn se “Rack Rates” spesiale tariewe gebruik en hulle wil in die Elangeni Holiday Inn bly. Hulle gaan ‘n kar |

|huur by Hertz. Hulle sal die kar Dinsdag kry en Maandag oggend terug bring. Die kar huur kos R 2 330,00. |

| |

|Hulle begroot vir R200,00 elke dag vir etes, R200,00 elke dag vir ekstra vermaak en R500,00 elke dag vir inkopies. |

[pic]

Note: Pryse per persoon per nag – hang af van beskikbaarheid. 1% heffings uitgesluit.

[pic]

Beplan ‘n toer en begroting vir die paartjie deur die volgende vrae te beantwoord deur die bogenoemde inligting te gebruik. Wys al jou berekening waar moontlik.

11.1 Gedurende die ses dae gaan hulle 750 km in en om Durban ry. Wat sal hulle brandstof kos as hulle 10 km/liter kry en die petrol kos R3,90 per liter? (2)

11.2 Wat sal die hotel kos per persoon per nag? (1)

11.3 Verduidelik die term “Minimum 2 pax”. (1)

11.4 Wat sal die levy wees vir een nag verblyf by die Elangeni Holiday Inn? (2)

11.5 Vul die ontbrekende woorde (a) tot (j) in om te wys waarheen gaan die paartjie gedurende die week. Skryf die korrekte antwoord langs die ooreenstemmende nommer neer.

|DAY |AM |PM |PPM |

|Dinsdag |- |- |Arriveer in Durban |

|Woensdag |(a) |Vrye tyd |Romantiese ete |

|Donderdag |(b) |(c) |Vrye tyd |

|Vrydag |(d) |(e) |Vrye tyd |

|Saterdag |(f) |(g) |(h) |

|Sondag |Vrye tyd |(i) |(j) |

|Maandag |Vertrek van Durban |- |- |

(8)

11.6 Teken die tabel oor in jou antwoordboek en stel ‘n begroting op vir die paartjie (Wys al jou berekeninge)

|Akkommodasie |? |

|Reisuitgawes |? |

| Toere |? |

|Vermaak |? |

|Inkopies en geskenke |? |

|Etes |? |

|Totaal |R26163,46 |

(12)

11.7 Wat sal die paartjie vir die weeklange toer betaal in Britse pond as een Britse pond gelyk is aan R10,38? (2)

11.8 Watter TWEE reisdokumente sal nodig wees vir ‘n besoek aan Suid-Afrika ? (2)

[30]

AFDELING D – [60]

AFDELING E KLIËNTEDIENS EN KOMMUNIKASIE

VRAAG 12

Shosholoza Meyl se bestuur het besluit om hulle dien te verbeter. Hulle wil seker maak hulle voldoen aan die gaste se behoeftes. Hulle het besluit om ‘n vraelys op te stel op die Internet. Hier volg ‘n uittreksel uit hulle vraelys. Gebruik die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg

|Kliënte tevredenheid |[pic] |

|vraelys | |

|1 |Is jy bewus van ons diens om kinders op te pas? |Ja |Nee |

|2 |Voldoen ons aan jou reis behoeftes? |Ja |Nee |

|3 |Is jy tevrede met die beddegoed op ons treine? |Ja |Nee |

|4 |Gebruik jy ander tipe vervoer gereeld? |Ja |Nee |

|5 |Is jy bewus van die Shosholoza Meyl Treine? |Ja |Nee |

|6 |Reis jy gereeld op langafstand treine? |Ja |Nee |

|7 |Is jy tevrede met ons toilet fasiliteite op die treine? |Ja |Nee |

|8 |Ry gereeld in die ‘sitter’ klas? |Ja |Nee |

|9 |Is jy tevrede met die bystand van ons personeel? |Ja |Nee |

|10 |Woon jy buite Suid-Afrika? |Ja |Nee |

|11 |Reis jy lang afstande in Suid-Afrika vir besigheids-geleenthede? |Ja |Nee |

|12 |Het jy dit geniet om met Shosholoza Meyl te reis? |Ja |Nee |

|13 |Voel jy veilig op ons lang afstand treine? |Ja |Nee |

12.1 Waarom is dit belangrik vir ‘n besigheid wat ‘n diens aan kleinte verskaf om gereelde terugvoer te kry vanaf toeriste ? (3)

12.2 As ‘n toeris NEE geantwoord het by vrae 7; 9; 13 van die vraelys van die Shosholoza Meyl, watter dienste moet verbeter word? (3)

12.3 Sal ‘n besigheidtoeris gebruik maak van langafstand treinvervoer in Suid-Afrika vir besigheid reise? Gee ‘redes vir jou antwoord. (3)

12.4 As Klientesorg bestuurder moet jy ‘n gedragskode opstel vir die werknemers van Shosholoza Meyl om beter diens te lewer. Stel ‘n VIER-punt gedragskode op. (12)

12.5 Hoe verseker ‘n besigheid uitnemende dienslewering? (4)

12.6 Noem die voordele van die bereiking en handhawing van uitnemende diens in die toerismebedryf. (5)

[30]

AFDELING E – [30]

TOTAAL: [200]

TOERISME GRAAD 12 ANTWOORDBLAD JUNIE 2011

NAAM: _______________________________

|Vraag 1: Trek ‘n kruisie oor die ooreenstemmende vraagnommer | |Vraag 2: Skryf die term langs die vraagnommer neer |

|1.1 |A |B |C |D |[1] | |2.1 |

|1.13 |A |B |C |D |[1] |

|1.14 |A |B |C |D |[1] | | |

|1.15 |A |B |C |D |[1] | |Vraag 3: Skryf slegs WAAR of VALS |

|1.16 |

|[40] |

-----------------------

TOERISME

JUNIE 2011

GRAAD 12

VOORBEELDVRAESTEL

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download