DIE INVLOED VAN ’N PENDELHUWELIK OP DIE JONG KIND IN DIE GESIN

DIE INVLOED VAN 'N PENDELHUWELIK OP DIE JONG KIND IN DIE GESIN

deur Heilletje Maria Margaretha de Villiers

voorgel? ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad

MAGISTER EDUCATIONIS MET SPESIALISERING IN VOORLIGTING aan die

Universiteit van Suid-Afrika Studieleier: Professor Deirdr? Kr?ger

Oktober 2014

Vir Quentin, Isabel en Mieke ii

VERKLARING VAN EIE WERK

Studentenommer: 3399 5036 Hiermee verklaar ek dat Die invloed van pendelhuwelik op die jong kind in die gesin my eie werk is en dat al die bronne wat gebruik is volledig aangehaal en erken is.

_____________________________ HANDTEKENING

(Mev. HMM de Villiers)

_______________ DATUM

iii

OPSOMMING

Pendelhuwelike is aan die toeneem en het verskeie invloede op die jong kind in die gesin. Die prim?re doel van die studie was om emosionele en sosiale intelligensie as basis te gebruik om die invloed van pendelhuwelik op jong kind tussen 7 en 11 jaar te bepaal. Gemengde navorsingsontwerp is as empiriese ondersoek gedoen. Vyf deelnemers het deelgeneem in drie sessies elk. Die data-insamelingsinstrumente was: waarneming en veldnotas; projeksiemedia; vraelys, en semi-gestruktureerde onderhoud met elk van die betrokke moeders. Die meting van emosionele en sosiale ontwikkeling met behulp van die vraelys toon dat, ongeag van die afwesigheid van die deelnemers se vaders, en die konflikte, vrese en behoeftes wat hulle ervaar volgens die projeksiemedia, die deelnemers se emosionele en sosiale ontwikkeling oorwegend gemiddeld tot hoog is. Die uitkomste bied hopelik insiggewende bydrae hoe pendelhuwelike vyf jong kinders se emosionele en sosiale ontwikkeling be?nvloed het. Die titel van die verhandeling: Die invloed van pendelhuwelik op die jong kind in die gesin Sleutelwoorde: pendelhuwelik, emosionele en sosiale ontwikkeling, veilige binding met ouers, emosionele intelligensie, sosiale intelligensie, kinders in die pendelhuwelik, interpersoonlike verhoudings, selfaktualisering, betekenisvolle ander, verdedigingsmeganismes

iv

ABSTRACT

Commuter marriages are increasing and have various influences on the young child in the family. The primary aim of this study was to determine the influences of a commuter marriage on a young child between 7 and 11 years, using emotional and social intelligence as a basis. A mixed method empirical research design was used. Three sessions were conducted with five participants individually to obtain data through: observations and field notes, projection media, a questionnaire, and a semi-structured interview with each mother. The measurement of emotional and social development through the use of the questionnaire shows that, despite the absence of the participants' fathers, and the conflicts, fears and needs they experienced according to the projection media, the participants' emotional and social development are predominantly average to high. The study hopefully provides a significant contribution to the understanding of how commuter marriages influenced five young children's emotional and social development. Title of thesis: The influence of a commuter marriage on the young child in the family Key terms: commuter marriage, emotional and social development, secure atachment with parents, emotional intelligence, social intelligence, children in commuter marriages, interpersonal relationships, self-actualisation, significant other, defence mechanisms

v

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download