IN HIERDIE UITGAWE

Elektroniese Nuusbrief aan al die lede van Die Dameskring PBO

MEI 2022

IN HIERDIE UITGAWE

Die DK-kantoor sal gesluit wees op Hemelvaartdag.

Uit die pen van die President

Biddag vir gesinne

Gebiedskonferensies

Ontmoet ons Vrystaat- en Nataltakke

Takaktiwiteite

Nuwe lede

Nasionale Projekte - Granaat - Waardeprojek

DK-toere

Kantoorsake - Ledegeld vir 2022

Uit die pen van die

PRESIDENT Liewe DK-Vriendin

dit TEEDAG. Kom ons lig 'n fyn porseleinkoppie op ons Ma's!

Gedurende Meimaand vier ons tradisioneel twee baie spesiale dae: Moedersdag (wat blomverkope landswyd die hoogte laat inskiet het) en Internasionale Gesinsdag op 15 Mei. Dit is ook die dag wat Die Dameskring opsy gesit het as Biddag vir Gesinne.

Ons gesinne staan integraal tot DK. Ons glo ook vas dat 'n biddende gesin 'n gesonde gesin is. In 2018 het Coreen King, toe president van Die Dameskring, voorgestel dat Die Dameskring 'n Biddag vir die Gesin uitroep. Hierna het dit een van die Nasionale projekte van DK geword. Luister gerus na die stemboodskap wat Coreen spesiaal vir ons gestuur het:



In hierdie jaar is 'n hele paar inisiatiewe geloods om hierdie spesiale dag onder die aandag te bring. Ilze Lammers en Riana Conradie (UB-lede van die Wes-Kaap) het in die radio-ateljee van RSG se Binnekamer gekuier en Tygerbergradio gaan ook 'n insetsel uitsaai oor die Biddag. Die Pretoria-takke het 'n spesiale Biddagdiens gere?l in die Kapel by die Voortrekkermonument. Indien jy binne trefafstand woon, ondersteun asb hierdie geleentheid. Ek hoop dat j?? tak ook iets spesiaals gere?l het vir jou en jou gesin om saam te bid en saam te kuier.

Hierdie Klits Klets is propvol lekkerlees- en moet-

weetdinge. Ons neem afskeid van twee geliefde

DK-vriendinne wat kosbare herinneringe agterlaat

en diep spore in hul gemeenskappe en takke getrap

het. Ons lees van eg Suid-Afrikaanse Rooibostee

om Teedag te herdenk,

Pinkster- en

Hemelvaartdae, leer natuurlik n?g 'n gebied se

voorloopvriendinne ken ? hierdie keer is dit die

Vrystaat en Natal se takke wat aan die beurt kom.

En die lekkerste vir laaste ..... die NAAM van DK se nuwe Aanlyn Winkel word bekendgemaak! Jy sal maar die Klits Klets tot aan die einde moet lees om jou nuuskierigheid te bevredig.

Ligvoets mooi loop hierdie Mei!

Elphi

NS: Die eerste gebiedskonferensie vir 2022 het die afgelope naweek plaasgevind. Mpumalanga het die ys gebreek op eg Laeveldse gasvrye manier! Dankie aan Eerstelingtak op Nelspruit en Witrivier se Koraaltak wat onder leiding van Suzette Viljoen so 'n pragtige en Ruimhartige Gebiedskonferensie aangebied het vir die dames in jul omgewing.

Dit is heel gepas dat Moedersdag en die Biddag vir Gesinne so na aan mekaar gevier word. 'n Ma is en bly maar net die anker van haar gesin. 'n Ma se gebede vir haar gesin is kosbaar en uniek, want niemand ken 'n kind soos 'n Ma, en natuurlik 'n Pa nie. Ek sien nou nog my ouers op hul knie? ? selfs toe hul al goed bejaard en kranklik was ? waar hul vir elke kind en kleinkind by die naam bid. Die wete dat ouers vir en saam met hul kinders bid, moet sekerlik groot gemoedsrus bring vir 'n gesin.

Om saam 'n koppie tee te drink was vir my en my Ma 'n hoogtepunt. 'n Mooi gedekte skinkbord, met 'n teelappie, teepot en hopelik ietsie soets daarby... Daar word geglo dat 'n land se moeilikhede opgelos kan word oor 'n koppie tee! (Ek lees dat die Amerikaanse presidentsvrou, dr. Jill Biden, besoek afgel? het by haar Oekra?nse eweknie ? ek wonder of hulle saam tee gedrink het?) Die tee is natuurlik bysaak ? dis die atmosfeer, die gemoedelikheid, die saamwees wat eintlik die ding doen. Op 21 Mei is

Indien jy die diens gaan bywoon voltooi asb. die vorm:

Die Voortrekkermonument het twee restaurante, Skool op Wiele en Uitspan waar middagete na die diens genuttig kan word.

Klits Klets: Mei 2022 - Elektroniese Nuusbrief aan al die lede van Die Dameskring PBO (NGO) 930025127 2

Gebiedsake GEBIEDSKONFERENSIES MPUMALANGA GEBIED 8 Met 57 gaste teenwoordig geniet DK-Mpumalanga 'n gese?nde gebiedskonferensie by Paradors Lodge te Nelspruit. Elize Kruger spreek die groep dames toe, terwyl Berno Venter, 'n graad 11-leerling die gaste vermaak met sy musiektalent.

Almarie van Rooyen ontvang die omgeeruiker van die president, Elphi Taljaard.

Almarie van Rooyen Almarie is in 1943 in die Mooketsie area, Limpopo, gebore. In 1964 trou sy met Dirk en teen 1976 was hulle vier kinders ryker.

Almarie moes op 'n baie jong ouderdom koshuis toe gaan, leer om op haar eie voete te staan en het ook as jong tienermeisie al, goeie leiereienskappe gehad as hoofmeisie van haar skool en met daardie natuurlike leiereienskappe skroom sy nie om te help re?l of organiseer aan of dit nou 'n basaar, konsert, vergadering of fondsinsameling is nie.

Op die foto bo regs, bedank Suzette Viljoen, UB-lid, die twee takvoorsitters, Carien Wessels (Witrivier Koraaltak) en Hetta Nel (Nelspruit Eerstelingtak) vir hulle en hul taklede se bydraes.

Haar passie en liefde, vir die mense om haar, mooi blomme en die natuur, om te onthaal sonder moeite, om iets moois en kreatief uit baie min uit te maak, mooi musiek, haar familie, gesin, haar man en bo alles haar God, dis wat haar laat uitstaan.

Dit is die grootste voorreg en se?n om so 'n voorbeeld van 'n vrou en ma te kan h?. Lees meer oor hierdie merkwaardige vrou op ons webblad.

Klits Klets: Mei 2022 - Elektroniese Nuusbrief aan al die lede van Die Dameskring PBO (NGO) 930025127 3

Ontmoet ons DK-vriendinne van

VRYSTAAT GEBIED 5

BLOEMFONTEIN HEUWELSIG

Ons is 'n 'tak-met-'n-hartklop'! Elkeen van ons besef die voorreg daarvan om 'n lid van so 'n spesiale organisasie te wees. Ons is kosbaar vir mekaar en ons koester die saamkuiers. Elke lid in ons tak is toegerus met baie spesiale vermo?ns en soos in ons Erekode vervat, erken ons dit en wend ons dit aan om mekaar te verryk.

In ons klein kringetjie het ons die opleiding van ons Waardeprojek voltooi. Elke lid gaan nou na 'n Kleuterskool van haar keuse uitreik en ons pragboek daar skenk en bekendstel. Ons is so bevoorreg om toegang tot ons Nasionale Letterkundemuseum te kan h?. Ons het ons onlangse vergadering daar gehou en Annelien Diederichs het 'n pragtige praatjie aangebied oor Mabel Malherbe, 'n vrou wie se lewe vir almal 'n inspirasie was.

Ons lede is betrokke by die 'LOVE BOXES'-projek. Ons pak 'n boks vir kinders in verskeie kinderhuise in die stad.

Ons maandelikse vergaderings is altyd 'n hoogtepunt op die kalender. Ons maak soms gebruik van kundiges in die stad om vergaderings interessant aan te bied. Ons hoofdoel is om bemagtig te word vir die vinnig veranderde w?reld waarin ons leef. Ons bemoedig en inspireer mekaar en elkeen van ons probeer om 'n verskil in ons leefw?reld te maak. Ons waak en werk!

Die foto's aangeheg is van ons onlangse vergadering gehou in die historiese NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundemuseum)

FOTO 1: Ons luister aandagtig na die spreker, Annalien Diederichs, in die historiese NALN.

FOTO 2: Ons taklede agter v.l.n.r.: Magdaleen Schoch (wenner van die Presidentstoekenning in Bloemfontein - Beraad 2016), Suzanne Myburgh,

Magda Frey (Tesourier), Marda Oosthuysen (Voorsitter); Annelize Neethling.

Voor v.l.n.r.: Annatjie Neser, Annalien Diederichs (Spreker), Anne-Mari? van den Berg (Sekretaris).

FOTO 3: Ons taklede en twee besoekers Rika Oosthuizen (links agter) en Ansie de Bruin (middel regs).

Klits Klets: Mei 2022 - Elektroniese Nuusbrief aan al die lede van Die Dameskring PBO (NGO) 930025127 4

Ontmoet ons DK-vriendinne van VRYSTAAT GEBIED 5 LADYBRAND LELIE Die Ladybrandtak is 'n groep van 13 vroue, waarvan twee nuwe lede hierdie jaar by ons aangesluit het. Ons vergaderings is altyd leersaam, opbouend en ons almal voel verryk na so 'n byeenkoms. Ons geniet die studiestukke uit die Granaat en word elke keer verras met interessante pitkos-idees waarmee lede te voorskyn kom. Ons eerste projek van die jaar was in April en ons het ons gate uit geniet! Elke dame kon haar eie fotoraampie maak waarop 'n kruidenierswarelysie of inspirerende gedagtes geskryf kan word. Die dames het hul kreatiewe natuur uitgeleef terwyl die vrolike gekwetter van vrouestemme en klinkende teekoppies die agtergrond gevul het.

Helene Crous, Marie Bosch, Yvonne Erasmus.

Engela van den Berg, Ronel Fourie, Marietjie van Zyl.

Juanita du Toit en Hannetjie Steyn.

Lou-Ancy Cronj? en Carlien Oberholzer.

Klits Klets: Mei 2022 - Elektroniese Nuusbrief aan al die lede van Die Dameskring PBO (NGO) 930025127 5

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download