Verken daai vers! By die Huis

Verken daai vers!

By die Huis

Episode 1: Verken God se Stem in die natuur

Jodel-h?-hie-hoeee! En `n hartlike hallo aan julle-julletjies! Man, maar ons het darem soveel pret vandag gehad hier in die berge. Ek en Bl?rtus het besluit dat die pret net eenvoudig nie hier kan eindig nie. Ons het daarom vir julle `n vasvra kompetisie opgestel wat julle as gesin saam kan aanpak. In hierdie episode het ons verken hoe ons God se Stem in die natuur kan ervaar. Dit waaroor ons gesels het is maar net die eerste vars sneeu lagie op die yslike berg. Daar wag `n skatkis vol waardevolle verse en verhale in die Bybel vir julle om te ontdek. So, waarvoor wag julle? Gesinne- loop kry julle Bybels, kies vir julle `n gemaklike plekkie om die tafel en maak gereed vir nog `n spesiale rondte van Verken Daai Vers!

Lekker speel en lekker verken! Groetnis Mossie Flinkvink

Rondte 1: Verken die Vers

Re?ls vir die rondte: Jy moet bl?r as jy die vers gevind het Almal moet gelyk begin om te soek vir die vers.

Hoe speel ons?

1. Besluit of julle elkeen self gaan deelneem en of julle in kleiner spanne gaan opdeel.

2. Elkeen wat gaan saamspeel moet `n Bybel h? om die vers op te soek.

3. Deelnemers gaan nou kyk wie eerste die Bybelverse vir die dag in hul Bybels kan opspoor. Die een wat eerste die Bybelvers(e) vind moet dan bl?r soos Bl?rtus om aan te dui dat hul dit gevind het.

4. Die persoon of span wat eerste die vers "Vind in die vind die verse" blok, wen `n punt. Indien twee persone die vers gelyk vind, kry elkeen `n punt.

5. Lees saam as gesin Psalm 33 voor jul na die volgende rondte beweeg.

Vind die volgende verse:

Job 12:7-10 Psalm 33:4-5 **Bonus vers: Romeine 1:20**

En die wenners van Rondte 1 is:

............................ ............................ .............................

Rondte 2: Verdwaal tussen verhale

Re?ls vir die rondte: Jy mag eers antwoord as al die opsies gegee is. Jy moet soos `n Koek- koek broer maak as jy die antwoord ken.

Hoe speel ons?

1. Kies 1 persoon om die vrae en moontlike antwoorde te lees. 2. Elke vraag het 3 moontlike antwoorde. 3. Deelnemers mag eers begin antwoord as die persoon klaar al die

antwoord opsies gelees het. 4. Die een wat eerste die antwoord ken moet "Koek-Koek" uitskree soos die

Koek-Koek broers. 5. Lees saam as gesin Psalm 8 voor jul na die volgende rondte beweeg.

Rondte 2: Vrae

1. Nog voor Eva daar was het Adam `n opdrag gekry by God. Wat was hierdie opdrag? (Genesis 1:19-20) a) Om vir al die diere name te gee b) Om nie te eet van die vrugte aan die boom in die middel van die tuin nie c) Om te leer om die geluide van elkeen van die diere te kan maak

2. Jesus en Sy dissipels was op `n boot toe daar `n groot storm

losbreek. Wat was Jesus besig om te doen net voor Hy die storm

beveel het om te bedaar? (Lukas 8:22-25)

a) Jesus het vis gevang b) Jesus het water uit die boot gegooi c) Jesus het geslaap

Geen plek vir muisneste, dit

is tyd vir `n behoorlike dinkskrum!

3. Die Here het `n komkommerplant oor Jona se kop laat rank. Die komkommerplant het vir hom lekker skaduwee gegee. Jona was baie trots op die plant, maar die volgende dag het hy wakker geword om te sien dat `n wurm die hele pant opge?et het! Waarom het die Here besluit om die plantjie te gee en weer weg te vat van Jona af? (Jona 4:5-11)

a) Jona moes onthou om meer komkommer te eet b) Jona kon iets geleer het wat hom sou help om die Here

se plan beter te verstaan c) Die Here was nog kwaad vir Jona omdat hy gehoorsaam

was en gevlug het

4. Toe Elia aangekondig het dat God droogte gaan stuur in die land, het God vir Elia beveel om te gaan wegkruip by Kritspruit. Op watter manier het die Here daar vir Elia gesorg: (1Konings 17:2-6)

a) Hy het water uit die spruit gekry en kraaie het vir hom vleis en brood in die oggend en aande gebring

b) Water uit `n klip en manna en kwartels om te eet in die oggend en aand

c) Hy het nooit nodig gehad om te eet of drink nie

En die wenners van Rondte 2 is:

............................ ............................ .............................

Rondte 3: Verkondig die hoogtepunte

Na al die lekker speel en verken is dit tyd om dit wat ons geleer het in ons harte te b?re. Is dit nie wonderlik hoe die Here vir ons meer as een voorbeeld in die Bybel gee om vir ons `n spesiale boodskap te gee nie?

Gaan dink bietjie oor die verskillende verhale in die Bybel wat julle as gesin gaan verken het in rondte 2. Elkeen van hierdie verhale pas by `n boodskap wat ons oor gesels het vroe?r daar in die berge. Julle gaan nou besluit watter boodskap vir ons geleer word in elkeen van hierdie verhale. Wanneer julle besluit het, kan julle sommer `n kort beskrywing van die verhaal langs die boodskap gaan neerskryf.

Hier volg `n beskrywing van die verhale waaroor julle vandag geleer het:

Adam se eerste opdrag (Genesis 1:19-20) Jesus bedaar die storm (Lukas 8:22-25)

Jona en die komkommerplant (Jona 4:5-11) Kraaie sorg vir Elia (1 Konings 17:2-6)

Hoe speel ons?

1. Vind elkeen van die verhale in die Bybel en lees dit saam.

Agra Cadabra! Ek het so baie vandag geleer!

2. Kies 1 persoon om die boodskappe een vir een te lees wat in die tabel gelys is op die Bybelverhaal hoogtepunte aktiwiteitsvel.

3. Wanneer iemand weet watter van die Bybelverhale pas by die boodskap, moet hy/sy jodel soos Mossie.

3. Deelnemers mag eers begin antwoord as die persoon klaar die boodskap gelees het.

4. Skryf `n kort beskrywing en/of teken `n prentjie van die verhaal langs die boodskap wat ons daaruit kan leer. Hier volg `n voorbeeld:

Die Here is in beheer van die natuur

Ons lees meer daarvan in die verhaal van God stuur `n reenboog na die vloed as belofte vir die mens

5. Bid saam as gesin oor elkeen van hierdie spesiale boodskappe wat ons vandag geleer het.

Bybelverhaal hoogtepunte:

Die Here is in beheer van die natuur

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

Die Here sorg vir ons deur die natuur

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

Die Here leer vir ons uit die natuur

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

Ons is verantwoordelik om te sorg vir die natuur

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download