PREEK: Herman Coetzee TEKS: Jos 5:13 6:5 Jos 5:13 6:5

[Pages:5]PREEK: Herman Coetzee

TEKS: Jos 5:13 ? 6:5

Lees: Jos 5:13 ? 6:5 Teks: Jos 5:13 ? 6:5 Tema: Jesus, aanvoerder van die hemelse le?r vra: Volg my, in stilte!

? Hoe meer dae hoe meer dinge... ? Geliefdes, jy en ek is nie in dieselfde situasie as 7 dae gelede nie ? Die volgende paar dae is totaal onbekend ? `n Mens raak dalk bekommerd, want waarheen gaan alles? Wat gaan gebeur? Watter Jerigo's staan daar voor my?

? Die Here kom vandag, en Hy kom praat indringend met jou en my. ? Ons ken die geskiedenis van Israel, hulle trek deur die woestyn. ? Ons weet hoedat hulle deur die Jordaan getrek het, en hier staan hulle voor die vestingstad, Jerigo. ? Maar ons vergeet dat hulle al voorheen hierdie stad moes inneem, maar hulle het nie geglo dat die Here God se plan sou werk nie. Hulle het met hulle eie planne en krag probeer, en hulle is weggejaag. Daarna, 40 jaar in die woestyn, al in die rondte.

? Nou staan Israel weer daar, weer voor Jerigo: `n stad wat verskans is, onmoontlik om in te neem. Jerigo was die vestingstad aan die begin van die land Kana?n. ? Hulle moes die stad inneem om die beloofde land te kry. Maar ons lees dat hierdie stad 2 mure gehad het: ? Die eerste muur, 3,5 meter hoog; ? Die tweede muur 6,5 meter hoog; ? Tussen die mure `n helling van 45-grade As jy dus oor die eerste muur kon kom moes jy teen die steil helling op kruip, ? sonder dat jy kon opkyk om jousellf te verdedig. Sou jy dit tot by die muur maak, moes jy geboue van tot 6 verdiepings trotseer om oor in te kom. Hierdie stad was nie `n stad om ingeneem te word nie. Daar was net 2 ingange, gesluit, ? met genoeg kos en voorraad binne om jare te hou.

? Jerigo is gebou om vyande moedeloos te maak, en Israel staan hier. Joshua kry `n opdrag: Jerigo is die eerste stad wat jy moet inneem, en hy doen wat die Here s?.

? Broeder en Suster, miskien staan ons huidige situasie soos `n Jerigo voor jou Omstandighede wat nie baie maklik gaan wees nie.

1

PREEK: Herman Coetzee

TEKS: Jos 5:13 ? 6:5

Probleme wat uittroon bo jou, ? waar jy dalk gaan voel jy wens jy kon net opkom om asem te skep.

Situasies wat lyk soos onoorkombare mure. Tye wat niemand ooit wil deurgaan nie. Ons ken nie die toekoms nie.

? Maar kyk hoe besonders is hierdie gedeelte: ? Die Here God los Israel nooit nie! ? Hy los nie sy kinders, vir jou en my, om alleen die Jerigos van die lewe aan te vat nie. ? Joshua is oppad na hierdie oninneembare stad, hierdie vesting, dan `n besonderse ontmoeting. ? Joshua ontmoet `n Man met `n swaard in sy hand: Hierdie man staan in sy pad. Geliefdes, Joshua weet dat hierdie `n besonderse geleentheid is Hierdie is nie net `n mens nie, nie `n engel nie. Hierdie gedeelte is profeties: ? Deur die Bybel, wanneer mense voor engele wil buig, s? die engele "nee". ? Selfs in Openbaring kom Johannes wat God in al sy glorie sien, wat alles van die Here beleef, ? selfs hy wil 2 keer voor `n engel buig, dan s? die engel "nee".

In die 1953-vertaling staan daar: "Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer." ? Neergeval en aanbid!

Geliefdes, dit was nie `n engel nie! Joshua kry `n opdrag: Trek jou skoene uit, hierdie is heilige grond. Net soos Moses: Joshua, jy ontmoet die Here God!

? Ons het dit in hfs 6:2 gelees: "Die Here het vir Josua ges?" Die Apostel Johannes leer ons in Joh 1:18 dat die mens God alleen

deur die persoon van Jesus kan sien. Dit is wie voor Joshua staan. Die Here Jesus Christus kom in die Ou Testaent in die vorm van `n

mens, ? Op besonderse geleenthede praat Hy, ? Hy gee hemelse opdragte.

Dit is net wat Joshua nodig gehad het om Jerigo in te neem. ? Die Seun van God, die Here Jesus Christus, staan voor Hom met `n swaard in sy hand. ? Hy s?: Ek is die aanvoerder van die hemelse le?r.

? So besonders Broeder en Suster: Jesus ontmoet vir Joshua Presies dieselfde naam: ? Een in Hebreeus en een in Grieks;

2

PREEK: Herman Coetzee

TEKS: Jos 5:13 ? 6:5

? Joshua ? Redder ? Jesus ? Verlosser Die aardse verlosser ontmoet die hemelse Verlosser voor Jerigo. Joshua kan Jerigo nie inneem voordat hy by die Here uitkom nie.

Jy kan nie more ingaan voordat jy by die Here God uitkom nie, ? as jy nie eers vir Jesus Christus op jou pad ontmoet nie, ? as jy nie voor Hom neerval en Hom aanbid nie. ? Jy en ek moet eers op heilige grond voor God wees, ? in Sy heilige teenwoordigheid.

? Ek s? weer, hierdie gedeelte is profeties. Jesus Christus het gekom om ons te verlos. ? Die Verlosser by uitstek: ? Nie net `n klein stadjie sodat ons `n land kan inneem nie, ? maar `n w?reld vol sonde sodat ons op `n nuwe aarde kan leef!

? Joshua ontmoet die Here en `n besonderse gesprek volg. ? Joshua vra: Aan wie se kant is U? ? Dan sien ons dat Jesus hom nie antwoord nie: Hy s?: Ek is die aanvoerder van die hemelse le?r. Ek is die koning van alle tye. Ek is die Een wat regeer. Ek is die Een wat oorwin. ? Hy s? as't ware vir Joshua: Is jy aan my kant? ? Die Here draai hierdie gesprek heeltemal om.

? Hy vra ook vir jou en my: Aan wie se kant is jy as jy vandag hier uitgaan? Wie is jou aanvoerder? ? Na wie se opdragte luister jy? ? Wie se plan volg jy?

? Die Here praat vandag met ons en Hy s?: Ek gaan oorwin. Ek gaan hierdie geveg my geveg maak. 2020 is die Here se jaar, 365 dae die Here se eiendom Loop net agter die aanvoerder van die hemelse magte aan! Aan wie se kant is jy?

? Dan gee die Here miskien aan Joshua een van die belaglikste maniere om `n stad in te neem ? Joshua het geweet daar is nie `n Plan B nie ? Al plan was een wat glad nie met menslike logika strook nie. Ja geliefdes, die Here se plan is NOOIT `n mens se plan nie NIKS wat Hy doen om mense te verlos maak sin nie

? "Joshua", s? die Here, "Loop vir ses dae een maal om die stad.

3

PREEK: Herman Coetzee

TEKS: Jos 5:13 ? 6:5

Op die sewende dag moet die volk 7 keer omloop, In stilte. Nie `n woord nie. Daarna moet julle skreeu Dan gaan die muur omval.

? Staan stil, geliefdes, en kyk hoe die Here sy volk leer: Hy leer vir Israel, en vir ons, die oomblik as julle, jy, ek voor `n situasie kom waar ons s?: Dit is onmoontlik, dat elkeen sal weet: By God is alles moontlik! Hy gaan oorwinning gee. Israel sal nooit oor hierdie oorwinning kan roem nie.

? Net so, broeder en suster, het God se verlossingsplan vir hierdie w?reld ook nie sin gemaak nie: ? Hy stuur een mens, sy eie Seun, na die aarde, om die grootste Jerigo van alle tye te oorwin. ? Die Jerigo van ons sonde. ? Daar was geen mens wat voor Hom in die pad gestaan het met `n swaard in sy hand nie. ? Hy was totaal alleen: Van God verlate aan die kruis; Die Jerigo van alle tye; en Hy oorwin, een maal, volkome, vir ewig!

? Dit maak nie sin nie, maar alles maak sin as daar geloof is. Dit is genade in oorvloed. In Hebre?rs 11:30 lees ons: "Deur geloof het die mure van Jerigo geval nadat daar vir sewe dae rondom die stad getrek is." Geliefdes, daar is net `n Plan A, ? en as daar net een Plan is, glo! In Jos 6:2 staan daar letterlik: Ek het Jerigo vir jou gegee. ? Jy het hom klaar oorwin. ? Verlede tyd. ? Dit is vas en seker. ? As die Here `n plan het, is dit afgehandel.

? Hy s? vandag: Ek het jou klaar as my kind aangeneem. Ek het jou klaar lief. Ek het klaar vir jou plek in die hemel voorberei.

? Dit geliefdes is wat jy en ek vandag moet leer: ? Die gevegte teen die Jerigo van die lewe word gewen as jy besef wie in beheer is As jou aanvoerder die Here is

? Die gevegte teen die Jerigo van die lewe word gewen as jy besef die Here se metodes is glad nie menslike metodes nie

4

PREEK: Herman Coetzee

TEKS: Jos 5:13 ? 6:5

As Sy plan nie sin maak nie, is dit die regte plan.

? Die beste manier om die Here te hoor is in stilte Hy s? dit vir Joshua, in stilte om Jerigi. Rye en rye en rye mense stap om die stad in absolute stilte. Die Ark van die Here, wat sy teenwoordigheid aandui, aan die voorpunt. In stilte hoor jy en ek die Here die beste.

? Daar is nie my plan B nie, daar is net die Here se plan.

? Die Here sal oorwinning gee Oorwinning vandag oor die Jerigos van hierdie aarde, Maar ook vir ewig.

? 2020 se Jerigo l? voor jou en my. Maar geliefde, die Here s?: Ek is die aanvoerder, aan wie se kant is jy? Vat My hand, My liefde is vir jou genoeg. Vat my hand en gaan agter my in. Jy is my le?r, volg My en luister. Wees stil, Ek het reeds oorwin. Ek sal jou vashou.

AMEN

5

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download