HERE, LEER MY OM TE BID!

HERE, LEER MY OM TE BID!

Jy word hartlik uitgenooi...

Hoe om God se Woord te bid Met Rita Malan

Kuier saam met ons (gratis en aanlyn) as ons gesels met Rita Malan, Vrydagoggend, 25 Mei 2018 om 8:00-9:00vm.

Aangebied deur: Mariana Carroll & die W@W span

Mariana se droom is die strewe na `n God-eerste, gelei deur Jesus, Heilige Gees ge?nspireerde lewe van intensionaliteit, wat waarde toevoeg, God se naam verheerlik, en Sy Koninkryk uitbou! Dit is vanuit hierdie droom, wat God in haar hart geplant het, dat Women@Work for God (W@W) gebore is. Elkeen van ons het `n rol (werk) om te speel in ons Vader God se wenspan; om Sout en Lig in 'n honger, stukkende en donker w?reld te wees. Wat `n pragtige koor kan ons as vrouens wees, as ons hande vat, by mekaar leer, en mekaar begin ondersteun? W@W (Women at Work Online Ministries) bedien, ondersteun en inspireer vrouens rondom Bybelse beginsels vir Vrouwees. Ons gebruik tegnologie as die kanaal om vrouens van reg oor die w?reld, verskillende generasies, denominasies en kulture te bedien deur weeklikse aanlyn groep byeenkomste, Webinars en W@W WRAPs.

W@W

womenatwork.online

Gasspreker: Rita Malan

Rita is `n opvoedkundige sielkundige in privaat praktyk met `n meestersgraad in opvoedkunde. Sy is betrokke by Mesites Christen Akademie sedert 2008 as `n direkteur en as akademiese hoof. Rita het gedien op die raad van Counselling@ en tree op as studieleier van Mesites en Universiteit van Pretoria studente. Sy is mede-skrywer van `n traumabestuur handleiding en het al verskeie lesings / praatjies aangebied oor berading / terapie verwante temas. Rita is ook betrokke by Abba Care en Moreletapark gemeente se Ondersteuningsentrum. Rita poog om positief by te dra tot die geestelike en sielkundige welsyn van ons samelewing deur die toepassing van relevante kennis in terapie, asook deur middel van die ontwikkeling en aanbieding van opleidingsmateriaal gebaseer op akademiese navorsing en praktiese ondervinding.

rita.malan@

Registreer hier!

Geniet `n wonderlike uur van saam leer en kuier. Jy is welkom om die uitnodiging aan te stuur na jou vriendinne. Ons kan nie wag om

met jou te konnek nie!

Vir verdere inligting, kontak ons gerus by info@wow-

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download