Verken daai vers! By die Huis

Verken daai vers!

By die Huis

Episode 8: Verken hoe om `n familiebouer vir die here te wees

Jodel-h?-hie-hoeee! En `n hartlike hallo aan julle-julletjies! Man, maar ons het darem soveel pret vandag gehad hier in die berge. Ek en Bl?rtus het besluit dat die pret net eenvoudig nie hier kan eindig nie. Ons het daarom vir julle `n vasvra kompetisie opgestel wat julle as gesin saam kan aanpak. In hierdie episode het ons die groot skat verken wat daarin l? om God se familie te bou. Dit waaroor ons gesels het is maar net die eerste vars sneeu lagie op die yslike berg. Daar wag `n skatkis vol waardevolle verse en verhale in die Bybel vir julle om te ontdek. So, waarvoor wag julle? Gesinne- loop kry julle Bybels, kies vir julle `n gemaklike plekkie om die tafel en maak gereed vir nog `n spesiale rondte van Verken Daai Vers!

Lekker speel en lekker verken! Groetnis Mossie Flinkvink

Rondte 1: Verken die Vers

Re?ls vir die rondte: Jy moet soos Bl?rtus bl?r as jy die antwoord ken Almal moet gelyk begin om te soek vir die vers.

Hoe speel ons?

1. Besluit of julle elkeen self gaan deelneem en of julle in kleiner spanne gaan opdeel.

2. Elkeen wat gaan saamspeel moet `n Bybel h? om die vers op te soek.

3. Deelnemers gaan nou kyk wie eerste die Bybelverse vir die dag in hul Bybels kan opspoor. Die een wat eerste die Bybelvers(e) vind moet dan Bokspring en bl?r soos Bl?rtus om aan te dui dat hul dit gevind het.

4. Die persoon of span wat eerste die vers vind in die "vind die verse" blok, wen `n punt. Indien twee persone die vers gelyk vind, kry elkeen `n punt.

5. Lees saam as gesin Romeine 12:10 voor jul na die volgende rondte beweeg.

Vind die volgende verse:

En die wenners van Rondte 1 is:

Romeine 12:10 Hebre?rs 10:24-25

**Bonus vers: 1 Korinti?rs 12:12-27**

............................ ............................ .............................

Rondte 2: Verdwaal tussen verhale

Wat het ons nodig?

Kry vir julle iets lekker om te eet (Bv. Toffies of druiwe of selfs `n stukkie brood)

Gee my `n J-E-S-U-S Jesus, Jesus U is ons Heer Jesus U kies ek weer en weer!

Re?ls vir die rondte: Jy mag eers antwoord as al die opsies gegee is. Jy mag eers antwoord as jy eerste klaar gekou het aan die stukkie kos/lekker.

Hoe speel ons?

1. Kies 1 persoon om die vrae en moontlike antwoorde te lees.

2. Gee vir elke deelenmer 4 van dieselfde stukkies kos, vrugte of lekkertjies.

3. Elke vraag het 3 moontlike antwoorde.

4. Wanneer die persoon die vraag klaar gelees het, moet deelnemers probeer om so gou as moontlik die stukkie kos, vrug of lekker op te eet. (Julle kan belsuit of deelnemers hul hande mag gebruik of nie)

5. Die een wat eerste klaar ge?et het mag dan antwoord. 6. Lees saam as gesin Hebre?rs 10:24-25 voor jul na die volgende rondte

beweeg.

Rondte 2: Vrae

1. Jethro was Moses se skoonpa. Hy hy is vir ons `n goeie voorbeeld van iemand wat gekies het om `n familiebouer vir God te wees deur ander aan te moedig om goeie goed te doen al het dit sleg gegaan. Wat het hy gedoen? (Exodus 18:21-23)

a) Hy het elke dag vir die mense uit die Wetboek gelees b) Hy het vir Moses ondersteun en raad gegee in moeilike tye c) Hy het mense weggejaag wat nie vir Moses geluister het nie

2. In Lukas 5 lees ons van vier vriende wat so lief vir hulle verlamde vriend was, dat hulle enige iets sou doen om hom te help. Wat het hulle gedoen om hulle vriend te kan help? (Lukas 5:17-25)

a) Hulle het vir hom kos en klere gegee b) Hy het by hulle gebly c) Hulle het hom na Jesus toe gedra

3. Jesus was een maal in Jerigo en het plek nodig gehad om te bly. Hy het toe vir `n man met die naam Saggeus geroep en ges? dat Hy by hom moet bly. Waarom was die mense so kwaad omdat Jesus by Saggeus wou bly? (Lukas 19:1-9)

a) Die mense het gedink dat Saggeus te kort was b) Die mense het gedink dat Saggeus te ongeskik was c) Die mense het gedink dat Saggeus nie `n goeie man was nie

4. Toe Samuel nog `n jong seun was, het sy ma hom na die tempel toe geneem om daar te gaan bly. Klein Samuel het toe grootgeword in die tempel by `n man wat vir hom alles geleer het van die Here. Wie was hierdie man wat vir Samuel so met oop arms verwelkom het? (1 Samuel 1:11)

a)Eli b)Elisa c)Elia

En die wenners van Rondte 2 is:

............................ ............................ .............................

Rondte 3: Verkondig die hoogtepunte

Na al die lekker speel en verken is dit tyd om dit wat ons geleer het in ons harte te b?re. Is dit nie wonderlik hoe die Here vir ons meer as een voorbeeld in die Bybel gee om vir ons `n spesiale boodskap te gee nie?

Gaan dink bietjie oor die verskillende verhale in die Bybel wat julle as gesin gaan verken het in rondte 2. Elkeen van hierdie verhale pas by `n boodskap wat ons oor gesels het vroe?r daar in die berge. Julle gaan nou besluit watter boodskap vir ons geleer word in elkeen van hierdie verhale. Wanneer julle besluit het, kan julle sommer `n kort beskrywing van die verhaal langs die boodskap gaan neerskryf.

Hier volg `n beskrywing van die verhale waaroor julle vandag geleer het: Jetro staan by Moses in die moeilike tye (Eksodus 18:21-23)

Vier vriende se liefde vir hulle verlamde vriend (Lukas 5:17-25) Jesus sien vir Saggeus raak (Lukas 19:1-9)

Eli neem vir klein Samuel onder sy sorg (1 Samuel 1:11)

Hoe speel ons?

1. Elke span kry `n kans om enige boek van die Bybel met `n tekenprentjie aan die ander te verduidelik.

2. Indien die ander kan raai watter boek jy oor geteken het, kry jy `n beurt om te s? wat jy geleer het

3. Skryf `n kort beskrywing en/of teken `n prentjie van die verhaal langs die boodskap wat ons daaruit kan leer. Hier volg `n voorbeeld:

Strek na ander uit met Jesus hande

Ons lees meer daarvan in die verhaal van Dawid sorg vir Mefiboset nadat jonatan dood is

4. Bid saam as gesin oor elkeen van hierdie spesiale boodskappe wat ons vandag geleer het.

Ek kan nie wag om vir Pippie Patrys alles te vertel wat ek

geleer het nie!

Bybelverhaal Hoogtepunte

Ek kan help bou aan die Here se familie deur soos Jesus te leef:

Strek na ander uit met Jesus Hande

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

Wees lief vir ander met `n Jesus hart

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

Stap `n pad saam met mense met Jesus voete

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

Kyk met Jesus o? na alle mense (10 uit 10)

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.

(Romeine 12:10)

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download