Gaan wees die kerk elke dag oral

[Pages:3]Sondag 20 Oktober 2019 DANKDAG VIR DIE OES/ BIDDAG VIR GESAAIDES

Gaan wees die kerk elke dag oral

Verwelkoming en afkondigings Voorafsang: Stilgebed

TOETREDE

Staande:

Toetredelied:

Majesteit LvdK 175 (Herhaal)

Votum en se?ngroet:

Lukas 22: 29 -30

Net soos my Vader `n koninkryk aan My bemaak het, so bemaak Ek `n koninkryk

aan julle sodat julle in my koninkryk aan my tafel kan eet en drink en op trone kan

sit om oor die twaalf stamme van Israel te regeer.

Lofsang:

O Heer my God LdK 464: 1 ? 4

VERKONDIGING Sittend: Skriflesing: Gebed:

Boodskap:

Lukas 13: 18 ? 21 Die gelykenisse van die mosterdsaadjie en die suurdeeg

Kop en hart en hande

`n Jongman vertel eendag dat hy baie graag wou leer om die viol te bespeel. Hy gaan toe na `n musiekonderwyser toe om te leer. Die musiekonderwyser begin deur vir hom al die musiekteorie en musiekgeskiedenis te leer. En dan aan die einde van die les sal hy die jongman so bietjie touwys maaak oor hoe hy die viool moes vashou en waar sy vingers moet druk maar nooit was daar `n praktiese musiekles nie. Die jongman het sy musieklesse begin haat hy leer nie die viool speel nie.

Toe hy skuif na `n ander musiekonderwyser verander alles skielik. Daar word hy geleer om die viool te speel saam met al die teorie. Aanvanklik was dit die vreeslikste gekraak en geween uit die viool. Hoe meer hy dit bemeester het, hoe mooier was die klanke wat uit sy viool gekom het.

Dis nie net waar van musiek leer maak nie, dis waar van bykans elke aspek van `n mens se lewe, ook jou geloofslewe.Daar is drie aspekte van jou lewe wat voluit betrokke moet wees in jou geloofslewe: Kop: dis onmoontlik om gelowige te wees sonder om kennis van die Bybel en kennis van die geloof te h? nie. Jy moet die God van die Bybel leer ken, jy moet sy hart en sy optrede leer verstaan voordat jy die werking van God in jou lewe sal kan herken en verstaan. `n Eenvoudige voorbeeld om dit te illustreer:

As `n mens daarbuite in die natuur kyk sonder dat jy weet dat daar `n Skeppergod is, sal jy dalk kan insien dat daar `n Iets is way geskep het. Maar dit is alleen deur God se openbaring van Homself aan ons in sy Woord dat ons kan verstaan dat

God geskep het om `n skepping teenoor Homself te stel om lief te h? en om te versorg. Skepsels soos ons wat uit vrye wil teenoor hom staan en Hom dien uit liefde.

Hart: geloof gebeur nie net omdat jy God ken nie. Geloof gebeur waar ons hierdie God van liefde leer vertrou. Geloof gebeur waar `n mens ontdek jy het met die grote God te doen wat in sy Seun en in sy Gees kies om in ons w?reld teenwoordig te wees; wat kies om in `n verhouding met elke mens te staan en ons lief te h?. Om te glo beteken jy ken die God van Bybel en jy leer elke dag al hoe meer op Hom vertrou al kan jy nie altyd sy werking sien of verstaan nie. Jy verlaat jou op Hom wat getrou bly en liefhet sonder grense.

Hande: geloof moet grondvat in jou lewe en gebeur daar waar jy elke dag leef, werk en ontspan. Jou geloof kan nooit net teorie bly nie; dit kan nooit net `n geloofbelydenis wees wat jy uit jou kop ken en sondag vir sondag bevestig nie. Dit is `n lewenswyse wat jy elke dag gaan toepas, wat jy vir jou kinders leer en voorleef; dis hoe jy leef in jou vriendekring, by jou werksplek by die skool en waar jy alleen is.

Om Christen te wees moet jou identiteit bepaal en eintlik in jou psigiese DNA ingeskryf wees.

Jesus vertel die gelykenis van die mosterdsaad en die suurdeeg om vir sy volgelinge te vertel dat sy koninkryk so klein begin soos `n mosterdsaadjie wat die potensiaal het om te groei en `n groot bos te word; dat sy koninkryk klein begin soos `n klein bietjie suurdeeg wat in meel ingaan en die deeg laat uitrys tot `n groot hoeveelheid.

Die Jode het `n groot politieke aanslag en oorwinning van hulle Messias verwag. Jesus was nie daardie Messias nie. Hy was die Messias wat die hele w?reld kom red het en vir elkeen plek gemaak het aan sy tafel. Sy bediening wat so klein begin het, het die groeikrag om die hele w?reld te bereik en te verander. Omdat die volgelinge van Jesus sy opdrag om sy gestuurdes te wees ernstig opgeneem het, het sy boodskap uitgekring oral waar hulle gegaan het.

Ons dink baie dat as gelowiges geen invloed in ons w?reld het nie. Die krag van die mosterdsaas en die bietjie suurdeeg weerspreek dit. Die krag en die werking van die Gees moet nooit onderskat word nie. Ons moet net bereid wees om die draers van die boodskap en die liefde van God te wees.

Dit vra van jou dat jy erns maak met die Woord van God as bron van jou kennis oor God en as bron van inspirasie as jy in jou leefw?reld inbeweeg en daar goeie suurdeeg moet gaan wees.

Dit vra van jou om jou hart te vertrou en vas te hou aan God se genade en liefde vir jou. Jy moet volhard in geloof en vasberade loop in die voetspore van Christus. Daar mag nie iets wees wat met jou of langsjou gebeur wat jou laat twyfel of God werklik langs jou is nie.

Jy moet vaste kennis en vasberade geloof in jou leefw?reld inbeweeg en gaan leef wat jy weet en gaan word wat God wil h? jy moet wees. Ken, glo en gaan wees kerk ? die plek waar God elke dag is ? in die w?reld elke dag.

Geloofbelydenis: Toewyding:

Dankgebed:

Apostolicum afgewissel met Vonkk 69 en 70 Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in u toorn.

WANT:

Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos di? van 'n ribbok, op ho? plekke laat Hy my veilig loop.

Uit Habakuk 3 (Die Bybel, Nuwe Vertaling, 1983)

Ons sluit die gebed af met Die ons Vader LvdK 266

WEGSENDING Staande: Slotsang:

Daarom Flam 34 Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie LvdK 516

Se?n: Wegsending:

Vrede van God Vonkk 144: 1 - 3

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download