His Will, His Way

[Pages:202]JESUS LEER MY ASSEBLIEF BID

Aanhalings uit die Bybel in Afrikaans [1983 ? vertaling] met verlof van die Bybel genootskap van Suid- Afrika.

"Scripture quotations taken from The Amplified Bible, Copyright ? 1954, 1958, 1962, 1964, 1965, 1987 by The Lockman Foundation. All rights reserved. Used by permisission. [ ]"

Nota: Enige beklemtonings binne die aangehaalde Bybel tekste is die skrywer se keuse. Geliewe kennis te neem dat dit die skrywer se styl is om sekere selfstandige naamwoorde wat in die teksgedeeltes aangehaal is met hoofletters te skryf wat moontlik kan verskil van die gepubliseerde Bybel tekste. Dit is ook belangrik om te let dat die naam satan en enige verwante name nie met hoofletters geskryf is nie aangesien die skrywer hom nie erkenning wil gee nie, al is dit nie die korrekte Afrikaanse spelre?l nie.

1

Kontak besonderhede E-mail adres: empot@mweb.co.za

Posbus 17418 Pta-Noord 0116

Telefoonnommer 0833675842 0836807761

U kan die boek "Jesus leer my asseblief bid" ook lees op die webwerf: helpmybid.co.za helpmepray.co.za

2

Inhoudsopgawe

Hoofstuk 1 Wie is God, wie is Jesus en wie is die Heilige Gees

9

Hoofstuk 2 God Almagtig

16

Hoofstuk 3 Jesus

29

Plan 1 Die ewigheidsplan

44

Plan 2 Weer toerus met die Heilige Gees

44

Hoofstuk 4 Jesus as Mens

46

Hoofstuk 4.1 Jesus se geboorte

47

Hoofstuk 4.2 Jesus se doop

54

Hoofstuk 4.3 Jesus as mens: Eienskappe

57

Die mens, die vervloekte: Ou Testament

64

Jesus die vervloekte: Nuwe Testament

65

Hoofstuk 4.4 Jesus se bediening hier op aarde

66

Hoofstuk 4.4.1 Jesus se genesingsbediening

67

Vooropgestelde id?e: Dit is nie God se wil dat ek genees nie

67

Vooropgestelde id?e: siekte en lyding kom van God af

68

Hoofstuk 4.4.2 Genesingsvoorwaardes

73

Geloof en siekte

75

Sonde en siekte

84

Nagmaal: Ons bring `n oordeel oor onsself

95

Nagmaal: Tugtiging

97

Duiwels uitjaag

106

Bevryding van binding en vloeke

108

Hy het mense genees omdat hy wou

109

Hy het almal genees wat na Hom toe gekom het

110

Hoofstuk 4.5 Jesus se kruisiging

114

Jesus as ons Verlosser: Bekering

117

Jesus as ons Verlosser: Wedergeboorte

119

Hoofstuk 4.6 Jesus se opstanding uit die dood

123

Hoofstuk 4.7 Jesus se hemelvaart

124

Hoofstuk 5 Die Heilige Gees

125

Twaalf redes waarom jy die Heilige Gees in jou moet h?

125

Bese?ling van jou siel deur die Heilige Gees

137

Hoofstuk 5.1 Ek wil met die Heilige Gees gevul word

143

Sondebelydenis in die Ou Testament

144

Sondebelydenis in die Nuwe Testament

145

Hoofstuk 5.2 Bybelse prosedures wat gevolg moet word sodat ons weer met

die Heilige Gees gevul kan word

151

Wat het Jesus gedoen om met die Heilige Gees gevul te word?

151

Prosedures wat Petrus, Paulus en die dissipels gevolg het.

154

Hoofstuk 6 Kan die bespringkelingsdoop en die doop waarvan daar in

Handelinge gepraat word dieselfde doop wees?

160

Hoofstuk 7 Eerste en Tweede verbond

165

3

Hoofstuk 8 Hoofstuk 9 Hoofstuk 10

Verbondsteken: Ou Testament: Besnydenis

165

Verbondsteken: Nuwe Testament: Doop en bese?ling

met die Heilige Gees

166

Engele

168

Voorwaardes vir die beantwoording van gebede

173

`n Woord van dank aan die personeel van Pta-Noord Kleuterakademie 188

Getuienisse

Frans Huisamen

188

Nico Noeth

189

Robert de Lange

190

Maretha van Niekerk

192

Johan Potgieter

193

A Journey towards God

194

Clinton Agnew

197

Hennie Barnard

198

Gerrit Viviers

200

Bronnelys

202

4

Voorwoord

Waarom het ek die boek geskryf?

In Augustus 2005 het ek vir vyf weke lank, elke sewende dag, [op `n Sondagaand] drome gehad. Die drome het kronologies op mekaar gevolg. Al hierdie drome het betrekking gehad op die wegraping, of anders gestel, die eindtyd. Hier volg `n baie verkorte weergawe van droom vier.

Gedurende die vierde droom, het ek `n geweldige harde en snaakse geluid gehoor. Die volgende oomblik is ek, Francois en ons twee kinders die lug "ingeneem". Dit was in `n sekonde, blitsig! Dit was `n wonderlike sensasie en baie moeilik om te beskryf. Ons het Jesus in die lug ontmoet. Van waar ons aanvanklik gestaan het, ongeveer noord ? oos. Dit was `n oorweldigende wonderlike ervaring. Ek kon die mense sien wat besig was om op te vaar. Ek het baie engele gesien en dit het gelyk of die engele die proses orkestreer ter wille van orde. Die volgende oomblik het ek teruggekyk aarde toe, en tot my onsteltenis het ek baie mense gesien wat nie saam op gevaar het nie. Wat my egter die meeste ontstel het was die klomp kerkgeboue waarna ek gekyk het. Die kerke was vol mense maar behalwe vir `n paar mense in die verskillende kerke, het byna niemand wat in die kerke gesit het, opgevaar nie. Ek was verskriklik onsteld, en het na Jesus gedraai, en Hom gevra: "Jesus, wat dan van daardie mense?" Hy het my sag geantwoord: "Hulle is nie gereed om te gaan nie." Ek het weer na Hom gedraai en ges?: "Jesus, ek k?n baie van hulle, hulle is Christene, en aanbid U!" Die volgende oomblik het Matteus 7:21?23 by my opgekom, en Jesus het my teer aangekyk, wetend dat daar niks is wat H? daaraan kan doen nie. Jesus is nie tevrede, indien ons net "in Hom glo nie." Nee, die hele skrif is vol daarvan dat ons Heilig, bekeerd en Heilige Gees vervuld moet lewe. Hy het ons gewaarsku in Sy Woord! Ek het baie ontsteld wakker geword. Lees asseblief Matteus 7:21-23.

Ek en Francois, asook ons kinders, het daarna na God ons Vader gegaan en Hom verseker dat ons gesin alles in ons vermo? sal doen om seker te maak dat Sy koninkryk uitgebrei en verkondig word. ALLES! Hy moes net die woord spreek, ons sal dit doen. Vader het ons gebed beslis verhoor.

`n Paar weke later het Vader my gestuur na `n tannie wat ek glad nie op daardie stadium geken het nie. Haar naam is tannie Bertie Vos. Sy het my gesalf en tydens die salwing het ek `n wonderlike ervaring gehad. Sy het later van tyd my man Francois ook gesalf. Nie een van ons het op daardie stadium presies geweet wat gebeur het nie, maar vandag, meer as drie jaar later weet ons - dat ons Vader nie "klein en beperk" dink as Hy jou bereidwilligheid aanvaar het om Hom te dien en om Sy Woord te verkondig nie. Die mense wat intussen in ons huis tot bekering gekom het, gedoop is, en hulle lewens onvoorwaardelik vir Jesus gegee het, is baie. Die bekeringsverhale, `n storie op sy eie. Prys ons Almagtig Vader.

In Maart 2008 het Vader dit op my en Francois se harte gel? om 21 dae lank te vas. Hy het geen rede aangevoer nie, ons moes net vas. Daar was egter `n voorwaarde, naamlik dat ons

5

die vas moes afsluit met die pasga maaltyd. [Ons het nogal gewonder oor die ou Testamentiese gebruik, maar ons was gehoorsaam en het nie vrae gevra nie.] Dit was ook interressant dat die vas, ge?indig het op die Donderdagaand voor die Paas Vrydag.

Die voorbereidings vir die pasga maaltyd was `n ervaring. Daar was egter `n probleem, en dit was dat ons `n groente genaamd "peperwortel" benodig het. Tyd was ook `n faktor, want ek het nie besef dat ek gaan sukkel om peperwortel in die hande te kry nie en dit was reeds die Woensdag voor die Donderdag waarop ons die peperwortelstukke benodig het. Ek roep toe die hulp in van `n vriend genaamd Francois Knowles [toevallig ook `n Francois] wat as Operasionele bestuurder by die Pretoria Mark, werksaam is. Hy bel toe `n boer in George wat aan hom bevestig het, dat jy nie sommer rou peperwortel op die Suid-Afrikaanse winkelrakke sal kry nie, en buitendien was dit buite seisoen! Ons berus toe met die id?e dat ons vrede sal moet maak met die verwerkte vorm in `n bottel!

Maar Vader het groter planne gehad. Ek het na Vader gegaan en dit aan Hom gestel dat ons nie veel aan hierdie probleem kan doen nie. Ek het geweet Hy sal verstaan. Die gebeure was redelik buite my beheer, het ek aangevoer. Maar God Almagtig is `n God van presiesheid.

Nadat Francois Knowles nog `n paar oproepe gemaak het, het twee peperwortels, daardie selfde nag nog, op `n wonderbaarlike wyse langs `n onbekende bestuurder, in `n onbekende vragmotor die pad aangedurf van George na Pretoria mark toe. [Vader het `n saak met die "onmoontlike" en "buiteseisoen" bestaan nie in Vader se verwysings-raamwerk nie.]

Ek en my man Francois het dadelik geweet hier kom "iets groots." Sewe dae later, vyf uur die oggend het Vader Sy opdrag duidelik aan my uitgespel: "Elize jy gaan vir My `n boek skryf." "Waaroor, Vader?" "Oor wat ek jou en Francois al geleer het van My, en meer spesifiek, wat Ek jou geleer het oor gebed"!

Leser ek glo hierdie boek sal vir jou as leser dien as `n "handboek" by jou Bybel. Ek bid dat Ons Vader jou geesteso? sal oopmaak. Ek bid ook dat die Heilige Gees jou sal lei, sodat jy alles sal verstaan wat Vader vir jou deur hierdie boek, en meer spesifiek Sy Woord, die Bybel, wil leer. Sien jou by die wegraping!

6

Bedankings

Ek wil net `n woord van dank rig aan almal wat my die afgelope paar maande ondersteun het. Francois my man, ons kinders, Johan en Madelein baie dankie. Dit sou glad nie moontlik gewees het om die boek te geskryf het sonder julle ondersteuning nie. Francois baie dankie vir al die navorsing wat jy gedoen het. Dankie vir al die ure wat jy by my gesit het, ek was nooit alleen nie. Dankie ook vir al jou gebede. Ek spot altyd en s? Vader het my liewer as vir jou want Hy het j?? vir my gegee, jy is die wonderlikste en die beste. Baie dankie.

Johan en Madelein vir twee wonderliker kinders kan geen mamma of pappa vra nie. Dankie vir alles wat julle twee gedoen het terwyl mamma geskryf het. Julle het maande lank koffie en koeldrank aangedra, en soms kos gemaak! Jesus se?n julle.

Clinton en Krina dankie vir die ure wat julle ingesit het met die vertaling van die boek na Engels. Ons Engelse lesers sal die boek eersdaags in Engels kan lees. Ek waardeer dit. Dankie ook vir al die woorde van bemoediging.

Groot dankie aan jou Sakkie wat letterlik met die "boek" en die "Afrikaanse Woordelys en Spelre?ls" aan die Suidkus vakansie gaan hou het sodat die tweede uitgawe betyds by die drukkers kon wees. Dankie ook vir al die naweke wat jy op sy gesit het om te help met die tweede druk van die boek se proeflees. Baie dankie ook aan Marietjie en Maretha vir julle insette.

Mariane dankie dat jy te alle tye beskikbaar was om jou "tegnologies-gestremde" vriendin te help. Jy het nooit gesug nie en was altyd bereid om te help, dankie.

Emelia de Langen, dankie vir jou en jou span wat `n hele week op sy gesit het vir die taalversorging. Ek glo my "aanbiedings skryfstyl" was geen maklike taak om te assesseer nie.

Gerhard Vermaak, dankie vir jou professionele raad, bystand en beskikbaarheid. Jy het met die eerste druk van die boek, die baie "onbekende, donkerpad van die drukkers bedryf" vir my en Francois verlig en maklik gemaak.

Aan al my vriende, dankie vir julle ondersteuning en gebede, veral vir Tannie Bertie, Clinton, Krina, Frans, Theresa, Marietjie, Sakkie, Mariane Neels, Zita, Robert, Marina, Daleen, Maretha, Mari?tte, Louis, ons ouers en familie. Julle het altyd `n woord van bemoediging gehad. Baie dankie vir jul gebede!

Neille Voster jy is die geduldigste mens wat ek ken. Jy was en is altyd vriendelik, geduldig, en uiters professioneel. Ek glo Lithotech Afric Mail is besonders bevoorreg om jou in hul diens te kan h?. Aan al die personeel by Lithotech Afric Mail, baie dankie vir al julle harde werk.

My personeel by Pretoria-Noord Kleuterakademie, Vader se?n elkeen van julle, baie dankie.

7

Aan die leser

Hierdie boek het ek geskryf met die leiding van die Heilige Gees. Vader was baie presies ten opsigte van die inhoud van die boek. Hy het onder andere in die begin fase van die skrywery vir my presies voorgeskryf wie die taalversorging moet doen, wie die drukker moet wees, wie my moet help met die vertalings asook hoe die omslag van die boek moet lyk. Daar was baie meer voorskrifte, ek gaan egter nie nou in op al die besonderhede nie. Ek en Francois het probeer om aan al die vereistes te voldoen.

Vader het my op drie verskillende geleenthede gevra of ek bereid is om "myself te kruisig" met die boek. Sy verduideliking was dat daar wel mense gaan wees wat met hulle eie vooropgestelde dogmatiese idees "in beginsel" met die inhoud van die boek gaan verskil, en uit die aard van die saak gaan "ek" gekritiseer word. Die eerste keer was my antwoord: "Natuurlik Vader ek gee nie om nie, U wil was nog altyd vir my ?lles!"

Die boek was al byna klaar geskryf en die "kontroversie" ten opsigte van verskeie punte was reeds op papier, toe Vader my `n tweede keer gevra het of ek bereid is om "myself" te "kruisig" vir Hom? Hierdie keer het ek stiller en meer beskeie geantwoord: "natuurlik Vader." Vader het my nie toegelaat om enige detail wat Hy in die boek wou gehad het en wat Hy my geleer het, uit te laat nie. Soms het ek groot "kontroversi?le punte" "sag" omskryf, net om deur Hom teruggestuur te word, om dit oor te doen.

Nadat die boek klaar geskryf was, het Vader my een aand weer gevra: "Elize, is jy bereid om jouself te kruisig vir My Woord". Ek het skielik besef daar gaan kritiek wees, veral vanuit `n "teologiese" en "dogmatiese" oogpunt, maar ek weet net een ding, ek, Elize was gehoorsaam, wat jy met die inhoud van die boek doen, is iets tussen Vader en jou! Mag die Heilige Gees met jou wees en jou elke woord laat lees en verstaan wat in hierdie boek geskryf is. Indien daar nog steeds iets is waaroor jy nie duidelikheid het nie, vra Vader, Sy Heilige Gees s?l dit aan jou verduidelik, Francois en ek bid en vas vir jou.

Ek bied verskoning aan vir enige ongemak rondom taal en spelling foute in die boek, aangesien ek geen skrywers opleiding of agtergrond het nie. Nadat die boek deur die professionele taalversorgers se hande was, het daar heelwat inligting bygekom wat nie deur hulle professionele leserso? gefynkam is nie. Daar is verskeie herhalings ten opsigte van `n paar punte, maar lees dit asseblief weer, Vader het my nie toegelaat om dit uit te haal nie. Daar is dus `n rede daarvoor.

Toe ek Vader gevra het dat ons die boek moet stuur vir verdere "tegniese en taalversorging" was Sy antwoord: "My Woord was aanvanklik nie geskryf en versorg deur geleerde tegniese- en taalversorgers nie. Skryf die boek soos wat jy die inhoud daarvan sou aangebied het tydens `n lesing: Praatstyl!"

8

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download