Verken daai vers! By die Huis

Verken daai vers!

By die Huis

Episode 10: Verken ware lewe deur die lewe van Jesus

Jodel-h?-hie-hoeee! En `n hartlike hallo aan julle-julletjies! Man, maar ons het darem soveel pret vandag gehad hier in die berge. Ek en Bl?rtus het besluit dat die pret net eenvoudig nie hier kan eindig nie. Ons het daarom vir julle `n vasvra kompetisie opgestel wat julle as gesin saam kan aanpak. In hierdie episode het ons verken hoe ons ware lewe kan vind deur die manier waarop Jesus geleef het. Dit waaroor ons gesels het is maar net die eerste vars sneeu lagie op die yslike berg. Daar wag `n skatkis vol waardevolle verse en verhale in die Bybel vir julle om te ontdek. So, waarvoor wag julle? Gesinne- loop kry julle Bybels, kies vir julle `n gemaklike plekkie om die tafel en maak gereed vir nog `n spesiale rondte van Verken Daai Vers!

Lekker speel en lekker verken! Groetnis Mossie Flinkvink

Rondte 1: Verken die Vers

Re?ls vir die rondte: Jy moet soos Bl?rtus bl?r as jy die antwoord ken Almal moet gelyk begin om te soek vir die vers.

Hoe speel ons?

1. Besluit of julle elkeen self gaan deelneem en of julle in kleiner spanne gaan opdeel.

2. Elkeen wat gaan saamspeel moet `n Bybel h? om die vers op te soek.

3. Deelnemers gaan nou kyk wie eerste die Bybelverse vir die dag in hul Bybels kan opspoor. Die een wat eerste die Bybelvers(e) vind moet dan Bokspring en bl?r soos Bl?rtus om aan te dui dat hul dit gevind het.

4. Die persoon of span wat eerste die vers vind in die "vind die verse" blok, wen `n punt. Indien twee persone die vers gelyk vind, kry elkeen `n punt.

5. Lees saam as gesin Johannes 12:46 voor jul na die volgende rondte beweeg.

Vind die volgende verse:

En die wenners van Rondte 1 is:

Johannes 12:46 Johannes 14:6-7

**Bonus vers: Judas 1:24**

............................ ............................ .............................

Rondte 2: Verdwaal tussen verhale

Re?ls vir die rondte: Jy mag eers antwoord as al die opsies gegee is. Jy mag eers antwoord as jy eerste `n wattebol met jou elmboog kon optel

Wat het ons nodig?

Petroleum jellie (Vaseline) Bolle watte

Sjoe, die mense hier in die Alpe kan amper net so goed koeksisters bak soos

ons mense daar in Suid Afrika!

Hoe speel ons?

1. Kies 1 persoon om die vrae en moontlike antwoorde te lees.

2. Deel vir elke deelnemer 4 wattebolle uit

3. Wanneer die persoon klaar al die vrae en opsies gelees het, moet deelnemers sou gou as moontlik hul elmboog in die petroleum jellie druk en `n wattebol met hul elmboog probeer optel. Die een wat eerste daarin slaag om `n wattebol met sy elmboog op te tel mag antwoord.

4. Lees saam as gesin Johannes 14:6-7 voor jul na die volgende rondte

beweeg.

Rondte 2: Vrae

1. Jesus was tussen `n groot klomp mense toe iemand aan Hom geraak het. Dit was `n vrou wat vir 12 jaar lank siek was. Sy het gedink dat as sy net aan Jesus kan raak, dat sy gesond sou word. Jesus het dadelik gevoel dat die vrou aan Hom geraak het, want sy het dadelik gesond geword. Wat het Jesus vir haar ges? toe hy met haar gepraat het? (Markus 5:21-42)

a) Waarom stamp jy aan My? b) Omdat jy in my glo, is jy gered en gesond gemaak van die

siekte c) Jy sal oor twee weke weer begin sleg voel

2. Jesus het vir Sy vriende geleer hoe om soos Hy te leef. Hy het hulle selfs geleer hoe om te bid. Wat noem ons die gebed wat Jesus vir Sy dissipels geleer het? (Lukas 11:1-13)

a) Die tien gebooie b) Die Bergrede c) Die Onse Vader

3. Jesus het al geweet dat Hy gekruisig sou word. Hy neem toe `n skottel en begin die dissipels se voete te was. Wat was die belangrike boodskap wat Jesus vir Sy dissipels gegee het nadat Hy hulle voete gewas het? (Johannes 13:1-30)

a) Ek het gedoen wat nodig is. Gaan leef nou my voorbeeld en was mekaar se voete

b) Gebruik warm water as jy voete was c) Gebruik seep as jy voete was

BONUS PUNT: Wat het Jesus bedoel met hierdie woorde?

Hy het alles kom doen wat nodig is sodat ons gered kan word. Ons moet uitgaan en vir ander vertel van hierdie Goeie Nuus en hulle ook met Jesus se liefde kom bedien.

4. Ja?rus het na Jesus toe gegaan, omdat sy dogtertjie baie siek was. Jesus het gegaan om die dogtertjie gesond te maak, maar daar het mense na hulle toe gekom om te s? dat die dogtertjie alreeds oorlede is. Wat het Jesus gedoen toe Ja?rus hierdie slegte nuus hoor? (Markus 5:21-42) a) Jesus het vir Ja?rus rustig gemaak en ges? hy moenie bekommerd wees nie b) Jesus het saam Ja?rus gehuil c) Jesus het al die mense getroos wat hartseer geword het

En die wenners van Rondte 2 is:

............................ ............................ .............................

Rondte 3: Verkondig die hoogtepunte

Na al die lekker speel en verken is dit tyd om dit wat ons geleer het in ons harte te b?re. Is dit nie wonderlik hoe die Here vir ons meer as een voorbeeld in die Bybel gee om vir ons `n spesiale boodskap te gee nie?

Gaan dink bietjie oor die verskillende verhale in die Bybel wat julle as gesin gaan verken het in rondte 2. Elkeen van hierdie verhale pas by `n boodskap wat ons oor gesels het vroe?r daar in die berge. Julle gaan nou besluit watter boodskap vir ons geleer word in elkeen van hierdie verhale. Wanneer julle besluit het, kan julle sommer `n kort beskrywing van die verhaal langs die boodskap gaan neerskryf.

Hier volg `n beskrywing van die verhale waaroor julle vandag geleer het: Jesus red `n siek vrou en maak haar gesond (Markus 5:21-42) Jesus leer Sy vriende hoe om te bid (Lukas 11:1-13) Jesus was Sy dissipels se voete (Johannes 13:1-30) Jesus maak vir Ja?rus rustig (Markus 5:21-42)

Hoe speel ons?

1. Elke span kry `n kans om enige boek van die Bybel met `n tekenprentjie aan die ander te verduidelik.

2. Indien die ander kan raai watter boek jy oor geteken het, kry jy `n beurt om te s? wat jy geleer het

3. Skryf `n kort beskrywing en/of teken `n prentjie van die verhaal langs die boodskap wat ons daaruit kan leer. Hier volg `n voorbeeld:

Verkondig Sy voorbeeld

Ons lees meer daarvan in die verhaal van Jesus wys vir ons hoe om gedoop te word

4. Bid saam as gesin oor elkeen van hierdie spesiale boodskappe wat ons vandag geleer het.

Ek wonder wat het Mossie gedink maak `n mens by `n Hoptiste Kerk?

Bybelverhaal hoogtepunte:

Ek het as die lig na die w?reld toe gekom, sodat di? wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie Johannes 12:46

Verken en verkondig ware lewe in Jesus:

Verkondig Sy voorbeeld

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

Verkondig Sy vrede

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

Verkondig sy verlossing

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

Verkondig sy uitnodiging

Ons lees meer daarvan in die verhaal van

..............................................................................

Ek het as die lig na die w?reld toe gekom, sodat di? wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie Johannes 12:46

................
................

In order to avoid copyright disputes, this page is only a partial summary.

Google Online Preview   Download